Kerrie Perske Slaai

Elsa Burger

Bestanddele
440 g Perskes
500 ml Bruin Asyn
12,5 ml Borrie
8 Klein Uitjies
12,5 ml Kerrie Poeier
10 ml Mielieblom
250 ml Suiker

Metode
Versnipper Perskes. Kook asyn, kerriepoeier, borrie en uie saam. Voeg suiker en mielieblom by om sous te verdik. Voeg perskes by en kook goed. Bedien warm of koud op.

Wenk
Uie kan in ringe gesny word. Los slaai in yskas vir ‘n dag sodat geure behoorlik kan meng.

Advertisements