KERRIEVIS

Lynette Muller

Bestanddele Sous
275 ml asyn – meer of minder na gelang van die sterkte wat u gebruik.
30 ml appelkooskonfyt
125 ml water
10 ml sout
25 ml kerriepoeier – matig sterk
2 – 5 ml peper
50 ml suiker
100 g sultanas
25 g margarien of botter
10ml borrie
4 Lourier of suurlemoenblare.

Bestanddele Vis
6 Groot uie
2 Kg stokvis in mote gesny en met sout en peper besprinkel.

Metode Vis
Bak gaar in vlak warm olie.
6 Groot uie in ringe gesny en in bietjie olie en margarien gebraai tot gaar. (Maar nie bruin nie.)
Pak gaar vis wat in netjies porsies gebreek is en grate verwyder is, in ‘n erde of glashouer in lae om die beurt met gesmoorde uie.

KERRIESOUS:
Berei voor in dieselfde pan waarin die uie gesmoor is.
Smelt margarien oor lae hitte, braai droë bestandele effens daarin, roer appelkoskonfyt by, voeg lourierblare en sultanas by en dan die asyn en water.
Bring stadig tot kookpunt, kook ongeveer 10 minute en gooi oor voorbereide vis.

N.S. Proe gerus eers of die sous nog ‘n bietjie asy, sout of suiker benodig. Die sous mag effens verdik word met ± 12 ½ ml meelblom wat saam met die droë bestandele gemeng is, maar dit is nie aan te beveel as u die vis vir ‘n redelike lang tyd wil bewaar nie.

Hierdie vis word, nadat dit afgekoel het, bedek en in yskas geplaas. Gereed na sowat 3 dae.

Advertisements
 

KERRIEVIS

Lynette Muller

Groot stokvis, snoek, geelbek of varswatervis

Kerriesous
5 ml fyn knoffel (opsioneel)
1 lourierblaar
750 ml bruin wynasyn
30 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
15 ml gemengde speserye
3 ml elk gemaalde gemmer en kruienaeltjies
2 ml gedroogde tiemie
3 ml rooipeper
5 ml paprika
250 ml suiker
250 ml wit wyn (die goedkoper soort werk ook goed)
5 ml matige mosterdpoeier
15 ml sultanablatjang
5 ml sout
65 ml fyn appelkooskonfyt
4 groot uie, in ringe gesny

Metode Vis
Stel oond op 180°C. Maak die vis skoon, sny in kleinerige mote (nie te groot nie) en geur met sout. Plaas in ‘n oondpan met ‘n bietjie olie en bak bruin aan albei kante, sowat 30 minute.

Vir die sous: Plaas al die bestanddele vir die sous, behalwe die uie, in ‘n groot emaljekastrol en roer tot kookpunt. Laat prut 5 minute tot goed deurgekook. (Indien verkies, verdik met sowat 7 ml mielieblom opgelos in bietjie koue water.)

Rangskik ‘n enkellaag vis in ‘n plat glas-, emalje- of keramiekbak, skep ‘n laag uie bo-op, gevolg deur ‘n laag kerriesous. Herhaal tot die bestanddele opgebruik is. Laat afkoel, plaas in die yskas tot heeltemal koud en bedek. Laat sowat 3 dae staan voor gebruik. Hoe langer die vis in die yskas bly, hoe beter die geur.

Dien op as hoofmaal met lekker brood, botter en korrelkonfyt. Dit kan op sy eie ‘n heerlike ligte ete wees.

 

Kerrie vis resepte

Kerrievis  resep 1

KERRIESOUS: 2 ml fyn naeltjies..1 knoffelhuisie fyn gedruk..250 ml asyn..30 ml kerriepoeier..2 groot uie in ringe gesny..80 ml suiker..4 ml sout..dan het jy so 8 klein porsies gebakte vis (enige wit vis). Verhit alle sousbestandele saam oor lae hitte tot suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt, bedek en prut baie liggies tot uie sag is. Giet oor gaar visporsies bedek en laat oornag in ‘n nie-metaalbak in die yskas staan sodat die sous intrek. Geniet met varsbrood en groen slaai

 

Kerrievies   Resep 2

4 lb vis ( 2kg )
4 uie
3 k Asyn ( 750 ml )
2 t sout ( 10 ml )
2 en half kerrie ( 13 ml )
1 e borrie (15 ml )
Half t rooi peper ( 3 ml )

Metode

Meng suiker, kerrie, borrie, sout en peper saam
Sny uie in kastrol en kook alles saam vir 20 – 30 minute
Sit vismengsel in sodat alles bedek is. Kook vir 20 minute of tot vis gaar is
Sit in bottels in lagies en gooi warm sous oor. Bedek met sous
Laat afkoel verseel en bere op koel plek. Die vis sal binne 2-3 dae reg wees