KERRIE SKULPIE NOEDELSLAAI

BENODIG

1 X PAKKIE SKULP NOEDELS
1 X ROOI PEPER (FYNGESNY)
1 X GROENPEPER(FYNGESNY)
HANDVOL  ROSYNTJIES
SOUT
BIETJIE KOOKOLIE

BENODIG VIR DIE MARINADE
125ml BRUIN DRUIWE ASYN
125ml WATER
100ml SUIKER
5ml SOUT
45ml APPELKOOSKONFYT
45ml BLATJANG
25ml KERRIEPOEIER
5ml BORRIE.
125ml MAYONAISE

 

METODE

  • KOOK DIE SKULPIE NOEDELS SOOS PER AANWYSINGS IN SOUTWATER
  • WANNEER SO HALFPAD GEKOOK HET GOOI DIE ROSYNTJIES BY EN KOOK SAAM
  • WANNEER NOEDELS GAAR IS GOOI WATER AF EN SPOEL AF ONDER KOUEWATER EN HOU EENKANT  EN LAAT HEELTEMAL AFKOEL
  • MENG ALLES SAAM IN DIKBOOM KASTROL, BEHALWE DIE MAYONAISE
  • BRING TOT KOOKPUNT EN LAAT PRUT VIR 10 MINUTE TERWYL AF EN TOE GEROER WORD.
  • BRAAI INTUSSEN DIE PEPERS TOT GAAR, SKEP UIT EN MENG MET DIE NOEDELS EN ROSYNE HOU EENKANT
  • LAAT ALLES HEELTEMAL AFKOEL.
  • MENG DIE ½ VAN DIE SOUS BY DIE NOEDEL MENGSEL EN ROER DEUR
  • PLAAS SLAAI IN YSKAS TOT BENODIG.
  • PLAAS OORBLYWENDE SOUS IN YSKAS TOT BENODIG OF PAS AAN BY SLAAI SOOS VERLANG

BEDIEN AS SLAAI SAAM MET BRAAIVLEIS

Met vergunning van Peet Mulder

Advertisements

‘n LEKKER MAALVLEISBREDIE

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
500 g maalvleis,
2 uie, gekap,
2 e botter,
1 k room,
2 knoffelhuisies, fyngedruk,
1 soetrissie,
knippie rooipeper,
1 k bevrore mielies en ertjies.

Metode
Soteer ui, knoffel en soetrissie in botter. Voeg res van bestanddele by. Plaas deksel op en laat stadig prut vir 25 minute tot gaar.

Kerrie hoender

 Ingestuur deur Rika Theron

1 groot hoender (in stukke gesny),
2 groot gekapte uie, sout & peper,
1 groot gerasperde appel met skil,
1 klein blikkie tamatiepuree,
125 ml asyn,
12,5 ml kerriepoeier,
25 ml appelkooskonfyt.

Braai uie in bietjie botter en voeg appel by.
Meng asyn, kerrie, konfyt, sout & peper, tamatiepuree saam en roer by uiemengsel.
Kook oor stadige hitte tot dit effens dik is.
Geur hoendervleis met speserye en kruie en plaas in oondskottel.
Gooi mengsel oor en bak (180*C) tot vleis sag is.
Dien op met rys en groente.

ROMERIGE KERRIEHOENDER

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
12,5 ml botter,
200 ml gekapte ui,
7,5 ml kerriepoeier,
1 ml borrie,
1 ml mosterdpoeier,
sout & peper na smaak,
340g blik hoendersop,
125 ml suurroom,
340g blik sampioensop,
1 – 1,5 kg gaar hoenderstukke, ontbeen,
25 ml gekapte pieterselie.

Metode
Soteer uie in botter. Voeg kerrie, borrie, mosterdpoeier, sop, sowel as hoender by en laat opkook. Geur met sout en peper. Voeg pieterselie en suurroom by. Verhit, maar moenie kook nie. Sit voor op rys. Sprinkel met klapper en gesnyde amandels.

KERRIE-EN-PIESANG-FRIKKADELLE

Ingestuur deur Lynette Muller

Frikkadelle:
1 groot ui, fyngekap,
12,5 ml olie,
2 dik snye dagoue witbrood, korsies afgesny, geweek in 75 ml melk
1 tot 2 geelwortels, grofgerasper,
1 ekstra-groot geklitste eier,
800 g maer gemaalde beesvleis,
50 ml blatjang,
25 ml asyn,
15 tot 20 ml sout,

Na Smaak:
varsgemaalde peper,
knippie naeltjies,
neutmuskaat en Worcestersous

Kerriesous:
15 ml olie + 15 ml botter
3 uie oorlangs gehalveer, geskil en in skyfies gesny
2 knoffelhuisies, gekneus en fyngedruk saam met 5 ml sout
12,5 ml sterk kerriepoeier
12,5 ml borrie
3 ml fyn gemmer
3 ml fyn kaneel
1 ml rooipeper of na smaak,
75 ml asyn
50 ml blatjang
25 ml sagte bruinsuiker
50 ml appelkooskonfyt
varsgemaalde peper na smaak
500 ml water
6 tot 10 baie ryp, amper oorryp piesangs, in skywe gesny en met suurlemoensap bedek

Frikkadelle:
Braai die ui in olie tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie. Laat eenkant afkoel. Druk oortollige melk uit die geweekte brood en maak brood met ‘n vurk fyn. Skep brood, geelwortels en eier oor vleis. Moenie meng nie. Skep die blatjang en asyn bo-oor en geur met sout, peper, neutmuskaat, naeltjies en Worcestersous. Meng met ‘n groot tweetandvurk al die bestanddele liggies, maar deeglik deur. Moenie knie en druk aan die mengsel nie. Vorm 12 frikkadelle. Rangskik in ‘n enkellaag in ‘n gesmeerde oondskottel, bedek en plaas in koelkas.

Kerriesous:
Skep olie en botter in ‘n diep kastrol en verhit oor matige hitte tot botter gesmelt is. Voeg uie by en braai tot dit sag en deurskynend is, maar definitief nie bruin nie. Voeg knoffel en sout by en roerbraai vir ‘n minuut. Strooi speserymengsel en borrie bo-oor en roerbraai tot ‘n sterk geur die lug intrek. Roer gemmer, kaneel en rooipeper by en voeg bietjies van asyn op ‘n keer by. Stootskraap sodat deeltjies wat aan kastrol se boom kleef, kan oplos. Wees versigtig dat mengsel nie aanbrand nie. Voeg konfyt, blatjang, suiker, peper en helfte van water by. Verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en laat prut vyf minute. Voeg res van water by, verhoog hitte, verhit weer tot kookpunt en kook nog 10 tot 15 minute. Roer af en toe.

Verwyder die sous van die hitte en roer die piesang by. Haal die frikkadelle uit die yskas en skep die warm sous oor. Bak 40 – 45 minute in ‘n voorverhitte oond van 160°C totdat die vleis gaar is. Bedien met rys.

Sit voor met sambals, soos tamatie- en uie, klapper en ‘n brandsous soos warm blatjang of soetrissiesous. .

Kerrie Hoenderslaai met Lietsjies

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
4 Hoenderborsies
Sout, vars gemaalde swartpeper en hoenderspeserye na smaak
Olie, vir braai
250 g Slaaiblare, grof geskeur
Sowat 12 lietsjies, afgedop, ontpit en grof gekap
1 Ui, gehalveer en baie dun gesny
Handvol geroosterde, gesoute makadamia of brasiliaanse neute, grof gekap

Slaaisous
10 ml Kerriepoeier
60 ml Mayonnaise
60 ml Natuurlike jogurt
30 ml Vrugteblatjang
5 ml Gerasperde vars gemmer

Metode:
Kap die hoenderborsies effens platter met ’n vleishamer en geur aan albei kante met sout, peper en speserye. Verhit ’n klein bietjie olie in ’n swaarboompan en braai die borsies tot deurgaar. Laat rus vir ’n paar minute en sny in repies.

Maak die slaaisous: Klits al die bestanddele saam tot goed gemeng en hou eenkant. Rangskik die slaaiblare op ’n dienbord en skep die hoender en lietsjies bo-op. Strooi die ui en neute oor en klam aan met slaaisous.

Lewer vier porsies.

Landbouweekblad, 21 Januarie 2011

Ontbyt in ‘n Beker

Bestanddele
Kerriemaalvleis:
2 e olie
1 ui, fun gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
3 takkies tiemie
1 e fynkoljander
1 t fyn komyn
I lourierblaar
2 e kerriepoeier
1 e tamatiepasta
500 g maalvleis
1 blikkie (410g) heel tamaties
2 t suiker
sout en gemaalde swartpeper
handvol vars koljanderblare

Metode
Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die uie, knoffel en tiemie tot sag en goudbruin. Voeg die koljander, komyn, lourierblaar, kerriepoeier en tamatiepasta by en braai vir ‘n minuut of twee.
Roer die maalvleis by en braai vir 5-6 minute. Voeg die blikkie tamaties en die suiker by, geur met sout en gemaalde swartpeper en prut vir 10-12 minute. Roer die varskoljanderblare by. Skep‘n beker of oondvaste houer 2/3 vol met die kerriemaalvleis. Breek ‘n eier bo-op en bak vir 8-10 minute teen 180°C.
Bedien warm met roosterbroodvingers.

CURRIED PASTA SALAD

Dressing:
15 ml (1 T) oil
60 ml (4 T) white wine, vinegar or lemon juice
1 clove garlic, crushed
5 ml (1 tsp) curry powder
1,5 ml (1/4 tsp) chilli powder
5 ml (1 tsp) brown sugar

Place all ingredients in a screwtop jar and shake well.

Salad:
250g (3 cups) shell pasta
100g cauliflower florets
100g broccoli florets
100g green beans, topped, tailed and sliced
100g carrots, peeled and grated
250g baby corn, drained (try to use fresh, not canned)
15 ml (1 T) toasted sesame seeds

Cook pasta in boiling water until just tender. Drain, rinse under cold water. Blanch cauliflower, broccoli and beans, and combine in a salad bowl with the carrot and corn. Toss with sesame seeds and dressing; cover and chill. Serve with wholemeal pita bread for lunch or as an accompaniment to braais or grills.
________________________________________

Beesvleis en Groen Mango kerrie

Vir die Kerrie:
1.2 kg beesvleis, in klein stukkies gesny
15 ml Willow Creek olyfolie
1 ui, fyn gekap
10 ml knoffel, fyn gekap
2 cm gemmer, fyn gekap
Gemengde speserye: 10 ml mosterdsaadjies, 10 ml vinkelsade, 10 ml koemyn, 4 kardamompeule, 1 steranys – alles saam gepers en gemeng in ‘n stamper en vysel.
15 ml Harissa pasta
1 blikkie klappermelk
200 g kersietamaties
125 ml sampioene, fyn gekap
8 ml koekmeelblom (maizena)
200 g groen mango, fyn gekap

Vir die Gebakte Patats:
4 groot patats
15 g vars tiemie
8 ml swartpeper
8 ml sout
100 ml Willow Creek Olyfolie
Metode:

Vir die kerrie:
Braai die ui, knoffel, gemmer en speserymengsel in die olyfolie oor ‘n mediumhitte vir ongeveer 10 minute. Voeg die Harissa Pasta by gevolg deur die klappermelk, tamaties, sampieone en koekmeelblom. Voeg die helfte van die groen mangostukkies by en laat prut oor ‘n mediumhitte vir ongeveer 15 minute.

Braai die vleis in olyfolie en voeg by dit by die ander mengsel saam met die res van die groen mango stukkies. Laat prut vir nog so 5 minute voor opdiening.

Vir die Gebakte Patats:
Skil die papats en sny in stukke. Plaas dit in ‘n oondbak en strooi die ander bestanddele bo-oor. Bak teen 200 grade Celcius in die oond tot sag.

Kerrie Aartappelslaai (Jan)

Dankie vir jou resep Jan

Bestanddele:
6 tot 8 Aartappels, kook in die skil en trek dan die skille af. Moenie te sag kook nie.
15 ml Olyfolie
1 Groot ui, fyn gekerf
10 ml Mild and Spicy Radja Kerrie poeier
250 ml Mayonaize
20 ml Bruin uiesoppoeier
30 ml Vars Gekapte pietersielie
4 Eiers, hard gekook, afgedop en stukkies gesny

Metode:
Kook die aartappels in die skil met 5 ml sout in die water tot net sag en dreineer. Dompel in koue water en laat staan 15 minute. Trek die skille af en sny in blokkies..
Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die uie tot sag, maar nie pap nie. Voeg die kerrie poeier by en braai 1 minuut sodat die geur kan meng. Laat die uie afkoel en meng met die mayonaize, bruin uiesoppoeier en pietersielie. Voeg die mengsel by die afgekoelde aartappels en meng deur. Voeg die gesnipperde eiers by en meng liggies deur.