Kerrie Noedelslaai – met ertjies

250 g Skulpnoedels
7 ml Sout
25 ml Kookolie
75 ml Perskestroop
1 Groot ui fyngekap
250 ml Mayonnaise
75 ml Vrugte blatjang
1 Blik ertjies,
15 ml Matige kerrie poeier
10 ml Borrie
1 Blik taaipit perskes gedreineer en klein gesny
Metode:
Kook noedels tot sag, dreineer en spoel onder koue water af.
Sorteer helfte van ui in olie. Voeg blatjang, kerriepoeier, sout, borrie en
perskestroop by. Meng goed en laat 2 minute prut.
Verwyder van hitte en meng res van die rou ui met mayonnaise, Voeg perskes
en ertjies by.
Vou kerriemengsel en noedels liggies by.

Advertisements

KERRIE-APPELSLAAI

Dankie vir jou resep Margaret
 
125 ml mayonnaise
15 ml suiker
10 ml kerriepoeier
2-3 middelslag appels
Meng die mayonnaise, suiker en kerriepoeier goed. 
Rasper die appels grof met skil en al.
Meng dit liggies met die mayonnaisemengsel.
Verkil die slaai voor opdiening.
Kerrie-appelslaai lyk mooi as dit op slaaiblare opgedien word.

KERRIE-UIE

Heerlike bykos by braaivleis
Maak ten minste 3 weke vooraf, bottel en plaas op rak – nie in yskas!

Bestanddele
1,5 kg uie, geskil en in ringe gesny
500 g fyn appelkooskonfyt                     
100 ml druiwe-asyn
7 ml matige kerriepoeier                       
7 ml sout
7 ml borrie                                                   
125 ml suiker

Metode
Vermeng alles deeglik en laat ongeveer 2 ure lank staan voordat dit gebottel word.  Laat minstens 3 weke lank by kamertemperatuur verouder voor dit gebruik word.

Kerriemaalvleis

Bestanddele
1 groot ui gekap                                                                                 
12.5ml kookolie
10ml kerriepoeier                                                                             
5ml borrie
25ml blatjang                                                                                      
25ml asyn
5ml suiker                                                                                            
3ml sout
500g maalvleis                                                                    
2 geelwortels (gerasper)
1 groen appel (gerasper)                                                               
125ml water
2 groot aartappels (blokkies gesny)                                        
 ½ pakkie bruinuiesoppoeier

Metode
Braai die ui 5 minute, stadig in die kookolie. Voeg die kerrie en borrie by en roer om te meng Voeg die blatjang, asyn, suiker en sout by en laat 10 min. prut. Voeg die maalvleis en fyn gerasperde wortels by. Roer totdat die vleis lekker los is. Voeg nou die appel en water by en laat 20 min. prut. Roer af en toe. Kook intussen die aartappels sag in water met 3ml borrie. Gooi die water af en voeg die aartappels by die vleis. Maak die sop met 75ml water aan en voeg dit by die vleis. Laat 10 min. kook.

Kool Atjar

Bestanddele – Kool
10 k Gesnipperde Kool
4 k gekapte uie

Bestanddele – Sous
3 k Suiker
2½ k Wit asyn
2 dessertlepels sout
2½ e Kerriepoeier
4 e Mielieblom

Metode
Kook Kool en uie sag (nie pap nie). Dreineer goed. Meng al die bestanddele vir sous en voeg by kool. Kook nou vir 10 minute. Roer gedurig. Bottel warm.

Kits aandete

Bestanddele
Een Groot Ui
2 Tamaties
1 e Margarien
1 t Kerriepoeier
1 e Asyn
6 Hardgekookte eiers

Metode
Braai die ui in die margarien tot sag en bruin. Sny die tamaties in dun skywe en braai saam met die ui. Sodra die tamaties gaar is meng kerriepoeier en asyn. Gooi die mengsel oor die tamaties en roer goed, laat so ‘n paar minute prut. Sny eiers in die helfte en sit in ‘n bak. Gooi die tamatie mengsel oor die eiers. Bedien warm. Kan saam met rys bedien word.

Kerrie Baby Marrows

Bestanddele
2 kg Baby Marrows
2 Uie
3 k Suiker
3 k Asyn
1 e Sout
3 e Kerrie
3 e Maizena

Metode
Sny Marrows in ringe. Sny ui fyn. Kook uie en marrows saam tot amper sag. Kook asyn, suiker en sout saam. Maak ‘n pasta van Maizena en Kerrie poeier en van asyn mengsel. Gooi pasta mengsel by asyn mengsel. Gooi oor marrow en uie mengsel en kook tot marrows sag is. Roer af en toe.

Wenk
Indien daar van hierdie slaai oorbly kan dit in bottels in die yskas gebêre word.

Kerrie skaapvleis

Bestanddele
1.5 kg Skaapvleis in blokkies
4 Uie fyngekap
250 ml Water gekook
37,5 ml Appelkooskonfyt
12.5 ml Kerriepoeier
12.5 ml Suiker
12.5 ml Meel
12.5 ml Asyn of Suurlemoensap
Sout en Peper na smaak

Metode
Soteer die ui in margarien tot ligbruin. Voeg vleis by die uie mengsel. Braai vleis tot lig bruin. Gooi water by en laat kook vir so 1½ tot 2 ure. Maak ‘n pasta van al die ander bestanddele. Kook tot vleis sag is. Dien op met blatjang, rys en klapper.