MIKROGOLF VRUGTEKOEK

Lynette Muller
Bak nou jou Kerskoek
Dis al weer die tyd van die jaar om te begin bak vir Kersfees.

Bestanddele
500gr vrugtemengsel
1 pak dadels (fyngekap)
1 kop karamel bruinsuiker (donker suiker) 180ml botter
1 ½ kop water
(opsioneel kan 125ml rooi kersies (gesnipper) ook bygevoeg word Kook bogenoemde vir 10 minute in mikrogolf op 100% Laat afkoel.
Voeg by 1 hoog opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt en laat staan vir nog ‘n rukkie Strooi oor 10ml droe koeksoda, roer deur en laat staan ‘n verdere 20 minute *Meng saam:
500ml meel (2 kop)
5ml gemengde speserye
5ml gemmer
5ml kaneel
5ml sout

MMetode
Meng al die droe bestanddele en meng dan in by vrugte mengsel. Klits 2 eiers en meng in. Gooi nou 125ml brandewyn by en meng goed Neem plastiek bak 20cm in deursnit, spuit spray en cook, en voer bodum uit met waspapier.

Gooi mengsel in bak en mikrogolf vir 20 min by Medium (60-70%) krag Haal uit mikrogolf en los in die bak (moenie uitgooi nie) Gooi ‘n verdere 60ml brandewyn oor koek en laat HEELTEMAL AFKOEL Haal uit as koud is, maak goed toe moet foil tot jy lus voel om die hele koek op te eet!!!!!!

Advertisements

KERSFEES VRUGTESTAFIES

Rika Theron
Maak 36 stafies

Bestanddele
375 ml bruismeel,
250 ml bruinsuiker,
5 ml sout,
375 ml hawermout,
200 ml margarien,
1 x 450 g Gant’s vrugtevulsel,
1 x 410 g tertappelskywe (kleiner gesny).

Metode
Meng al die bestanddele, behalwe vrugtevulsel en appel, tot mengsel ‘n krummelrige tekstuur het. Druk helfte van mengsel in ‘n gesmeerde bakplaat vas. Smeer vrugtevulsel bo-oor. Bedek met appel. Sprinkel oorblywende meel mengsel bo-oor. Druk effens plat. Bak 45 min (180°C). Laat afkoel voor dit in stafies gesny word. Sprinkel versiersuiker bo-oor.

Varkboud Met Appels:

Lynette Muller

Bestanddele
Jy gaan twee kilogram varkboud, wat ontbeen is nodig hê.
1 knoffelhuisie, in skywe gesny
Vars gekapte saliesout.
Twee rooi appels.
30ml botter.
30ml suiker.
15ml koekmeelblom.
300ml droë appelwyn

Metode:
Voorverhit die oond tot 220 C. Bind vleis in ‘n rol en sny kepies in vel. Stop kepies met knoffel en salie en vryf sout oor die boud. Plaas in die oond en rooster vir 10 minute. Verlaag die hitte na 190C en bak 20 minute per 450 gram plus nog 10 minute. Ontkern die appels en sny in skywe. Smelt botter in braaipan en bruin appels tot bruin. Voeg die suiker by terwyl die appels nog braai. Plaas die appels in oondpan rondom die vleis, vir die laaste 30 minute baktyd. Verwyder vleis en appels uit pan en plaas in lou-oond. Giet vet van pansap af, roer meelblom by en verhit tot kookpunt. Voeg die appelwyn by. Dien appelwynsous op saam met die varkvleis.

VINNIGE CASSATA

Rika Theron

Bestanddele en Metode
Giet 500 ml aarbeiroomys (saggemaak) in ‘n broodpan wat met foelie uitgevoer is. Bevries tot effens styf.

Meng 500 ml vanieljeroomys (saggemaak), 50 g gekapte okkerneute, 80 ml kersies, 80 ml sultanas in 30 ml brandewyn geweek. Giet oor aarbeiroomys. Bevries tot effens styf.

Giet 500 ml sjokoladeroomys (saggemaak) oor vanieljelaag. Bedek en bevries tot hard. Keer op ‘n mooi bord uit en verwyder foelie.

Gebakte Mosterdtong.

Lynette Muller
Hierdie is altyd ‘n wenner. Vir somminge mense klink die idee van ‘n tong dalk grillerig, maar as jy dit op die regte manier gaarmaak sal jou gaste hulle vingers aflek. Hierdie resep is genoeg vir ses mense en vat 15 minute om voor te berei.

Bestanddele
30 ml olie,
60 ml mosterdpoeier,
125 ml suiker,
2 ml sout,
250 ml kookwater,
250 ml mayonnaise,
sap van 1 suurlemoen,
125 ml wit druiwe-asyn,
30 ml koekmeel,
Twee gaar tonge, vel afgetrek en in skywe gesny,
125 ml sagte broodkrummels. . Voorverhit die oond tot 180 °C.
Sous:
Meng die olie, mosterd, suiker en sout saam en klits die kookwater bietjie vir bietjie by. Klits die res van die bestanddele by.

Tong:
Pak die tongskywe in ‘n oondvaste bak en giet die sous oor. Sprinkel die krummels oor en bak 45 minute in die oond tot die sous effens verdik het en die krummels goudbruin is.