Kersfees Ham

Lynette Muller

Bestanddele
1 ontbeende Kersham (ongeveer 2 kg)
1 groot baksakkie
500 ml (2 k) appelsap
125 ml (½ k) sterk rooibostee
125 ml (½ k) witwyn of nog rooibostee
1 kaneelstokkie
6 heel naeltjies
4 heel wonderpeperkorrels
6 swartpeperkorrels
Glans-smeersel (opsioneel, as vleis warm geëet gaan word) *(Enige gekoopte glans-smeersel van jou keuse of meng)
125 ml appelkooskonfyt,
45 ml balsamiese asyn en
30 ml korrelmosterd saam

Metode
Voorverhit oond tot 140 °C. Plaas ham, steeds in die toue-net waarin die slagter of winkel dit verkoop het, in die baksakkie. Die tou help dat die vleis sy vorm behou. Skink die vloeistowwe om die vleis en voeg die speserye by. Bind baksakkie met binddraadjie toe, sodat die sakkie effens gepof staan. Plaas dit op ’n bakplaat en maak seker dat die bopunt van die sakkie nie aan die oondelement raak nie. Knip dit korter indien nodig. Bak 2-2½ ure afhangende van hoe groot die vleis is. Bereken 1 uur per kg vleis, plus nog 20 minute. Onthou, gerookte ham sal altyd pienkerig wees aan die binnekant. Steek met ’n kebabstokkie of toetspen, in die dikste deel van die vleis, as die vleissap wat uit die vleis kom, helder is, is dit gaar.

Om voor te sit:
As vleis warm voorgesit gaan word: verwyder uit sakkie en knip die toue-net versigtig met ’n skêr los. Sny die vetlagie in diamantvormige patroontjies, indien verkies en druk selfs ’n naeltjie in elke blokkie. Verf die glans-smeersel oor. Verhit oond intussen tot 180 °C. Rooster vleis vir 10-15 minute of tot goudbruin, maar wees versigtig dat die smeersel nie brand nie. Smeer dan die volgende dag die smeersel oor en rooster teen 160 °C of net tot die vleis goudbruin en deurwarm is, maar nie uitgedroog nie.

Advertisements

Vrugte en Groente Slaai

Rina
Dit lewer 6 porsies

Bestanddele
sowat 1 kg klein patats
½x 440 g blik pynappelstukke, gedreineer, maar behou 60ml van die pynappelsap
125ml okkerneute, grofgekap
½ groen soetrissie, ontpit en gekap

Slaaisous:
5 ml gerasperde suurlemoenskil
60 ml gedreineerde pynappelsap
30 ml olie
varsgemaalde swartpeper

Metode
Was en skrop die patats, maar moenie skil nie. Sny die patats in 2 cm dik skywe en kook dit in soutwater tot sag, maar effens ferm, sowat 10-15 minute. Dreineer en sny die patats in eetbare porsies. Plaas die gaar patats, pynappelstukke, okkerneute en groen soetrissie in ‘n glas slaaibak en meng liggies. Meng al die bestanddele vir die slaaisous saam en giet oor die slaai. Sit die slaai warm of koud voor.

Gemmer-Brosbroodvormpies

Lynette Muller

Bereidingstyd: 30 minute
Baktyd: 10–15 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

Bestanddele
270 ml (250 g) botter by kamertemperatuur.
220 ml (125 g) versiersuiker, gesif
375 g (780 ml) koekmeel
3 ml elk fyn gemmer, kaneel en gemengde speserye
2 stukke verglansde gemmer, fyn gekap
1 eiergeel

Metode
Room die botter en versiersuiker saam tot lig en donsig. Roer die res van die bestanddele by en vorm die deeg in ’n plat skyf. Maak dit toe in kleefplastiek en laat rus vir 20 minute in die yskas.

Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik koekiedrukkers en druk koekies daarmee uit. Pak die koekies op bakplate wat met bakpapier uitgevoer is en laat rus dit vir nog 10 minute in die yskas – onthou die gaatjie as jy die koekies aan jou Kersboom wil ophang. Bak die koekies in ’n voorverhitte oondvir sowat 10 minute of tot dit net begin verkleur. Laat afkoel op draadrakkies.

As jy die koekies wil versier
Meng 1 eierwit en sowat 250 ml gesifte versiersuiker tot ’n dik, smeerbare mengsel. Kleur dit met voedselkleursel as jy wil. Gebruik ’n spuitsak om die koekies te versier.

Vrugtekoek Broodjie

Lynette Muller

Bestanddele
100 g gepreserveerde gemmer in stroop, gekap
100 g rooi glanskersies, gekap
100 g vrugtekoekmengsel
50 g versuikerde sitrusskil, gekap
80 ml (1∕3k) brandewyn
125 g botter
125 ml (½ k) strooisuiker
2 eiers
310 ml (1 ¼ k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
45 ml (3 e) ekstra brandewyn
versiersuiker vir bo-oor sif

Metode
Voorverhit die oond tot 150 °C. Voer ’n gesmeerde broodpan (8 x 26 cm) uit met bakpapier. Meng die gemmer (met sy stroop), kersies, vrugte en sitrusskil met die brandewyn en laat staan 15 minute. Voeg die meel, bakpoeier en vrugtemengsel by. Meng goed en giet in die voorbereide pan. Bak sowat 50 minute of tot ’n toetspen skoon uit die brood kom. Verf die korsie van die brood met nog brandewyn en laat 15 minute in die pan afkoel. Sny in skywe en sif ’n bietjie versiersuiker oor.

Varkboud Met Appels

Lynette Muller

Bestanddele
Jy gaan twee kilogram varkboud, wat ontbeen is nodig hê.
1 knoffelhuisie, in skywe gesny
Vars gekapte salie
sout
Twee rooi appels
30ml botter
30ml suiker
15ml koekmeelblom
300ml droë appelwyn

Metode:
Voorverhit die oond tot 220 C. Bind vleis in ‘n rol en sny kepies in vel. Stop kepies met knoffel en salie en vryf sout oor die boud. Plaas in die oond en rooster vir 10 minute. Verlaag die hitte na 190C en bak 20 minute per 450 gram plus nog 10 minute. Ontkern die appels en sny in skywe. Smelt botter in braaipan en bruin appels tot bruin. Voeg die suiker by terwyl die appels nog braai. Plaas die appels in oondpan rondom die vleis, vir die laaste 30 minute baktyd. Verwyder vleis en appels uit pan en plaas in lou-oond. Giet vet van pansap af, roer meelblom by en verhit tot kookpunt. Voeg die appelwyn by. Dien appelwynsous op saam met die varkvleis.

Maklikste Kersham

Lynette Muller

Hierdie is die maklikste manier waarop ek al ’n ham gaargemaak het en dis altyd heerlik sappig en geurig.

Bestanddele
1 ontbeende Kersham (ongeveer 2 kg)
1 groot baksakkie
500 ml (2 k) appelsap
125 ml (½ k) sterk rooibostee
125 ml (½ k) witwyn of nog rooibostee
1 kaneelstokkie
6 heel naeltjies
4 heel wonderpeperkorrels
6 swartpeperkorrels
Glans-smeersel (opsioneel, as vleis warm geëet gaan word)
*(Enige gekoopte glans-smeersel van jou keuse of meng)
125 ml appelkooskonfyt,
45 ml balsamiese asyn en
30 ml korrelmosterd saam

Metode
Voorverhit oond tot 140 °C. Plaas ham, steeds in die toue-net waarin die slagter of winkel dit verkoop het, in die baksakkie. Die tou help dat die vleis sy vorm behou. Skink die vloeistowwe om die vleis en voeg die speserye by. Bind baksakkie met binddraadjie toe, sodat die sakkie effens gepof staan. Plaas dit op ’n bakplaat en maak seker dat die bopunt van die sakkie nie aan die oondelement raak nie. Knip dit korter indien nodig.Bak 2-2½ ure afhangende van hoe groot die vleis is. Bereken 1 uur per kg vleis, plus nog 20 minute. Onthou, gerookte ham sal altyd pienkerig wees aan die binnekant. Steek met ’n kebabstokkie of toetspen, in die dikste deel van die vleis, as die vleissap wat uit die vleis kom, helder is, is dit gaar.

Om voor te sit:
As vleis warm voorgesit gaan word: verwyder uit sakkie en knip die toue-net versigtig met ’n skêr los. Sny die vetlagie in diamantvormige patroontjies, indien verkies en druk selfs ’n naeltjie in elke blokkie. Verf die glans-smeersel oor. Verhit oond intussen tot 180 °C. Rooster vleis vir 10-15 minute of tot goudbruin, maar wees versigtig dat die smeersel nie brand nie. Smeer dan die volgende dag die smeersel oor en rooster teen 160 °C of net tot die vleis goudbruin en deurwarm is, maar nie uitgedroog nie.

Om ’n vleissous te maak:
Skep enige vet van die vloeistof in die sakkie en verhit vloeistof. Geur na smaak en verdik effens met mielieblom. Iets soos ’n bottel appelpuree is heerlik om die sous mee te verdik en gee ’n heerlike vrugtige geur. Roer ’n bietjie port of sjerrie by en ’n handvol bosbessies (cranberries) of sultanas. Sit warm met vleis voor. As vleis teen kamertemperatuur voorgesit gaan word: Haal vleis uit die oond, maar laat in die sakkie en met die vloeistof rondom eers effens afkoel. Verwyder die vetlaag terwyl die vleis nog louwarm is. Laat vleis dan heeltemal in die vloeistof afkoel en sny in skywe om voor te sit. Teen kamertemperatuur is ’n vrugtige jellie, soos appeljellie of ’n goeie korrelmosterd heerlik.
Anders kan die portreduksie berei en met die skywe vleis voorgesit word. Die volgende dag is koue ham met mosterd, agurkies, slaaiblare en selfs iets soos gekaramelliseerde uie ’n wenkombinasie. Dieselfde bestanddele kan self in enige orige koeskoes ingemeng word vir ’n ligte ete.

BEVRORE TUTTI-FRUTTI

Rika Theron

Photo by Thomas Quaritsch on Unsplash

Bestanddele
Meng 50 g okkerneute (125 ml gekap)
410 g pynappelstukke (gedreineer)
50 g kersies, gekap
125 g dadels gekap
12 malvalekkers, gekap, liggies saam.
Meng 250 g roomkaas en 25 ml strooisuiker goed saam en voeg dan vrugte by.
Vou 250 ml room (geklop) in.

Metode
Gooi in vorm en bevries tot dit verstewig het. Ontvorm en versier.

KERSFEES GAMMON/VARKBOUD

Lynette Muller

Bestanddele
1 gammon
6 biere (hoogstens)
mosterdpoeier
heel peperkorrels
2 lourierblare
naeltjies
*VIR DIE GLASEERSEL
1 blikkie (330 ml) bier
2 eetlepels bruinsuiker
2 eetlepels heuning
2 teelepels mosterdpoeier

Metode:
1. Sit die varkboud in ’n groot houer van vlekvrye staal of glas en gooi genoeg water by om die boud te bedek. Laat dit vir minstens ’n uur lê om die sout te tem.

2. Haal die boud uit die water, droog dit af, sit dit in ’n groot kastrol en gooi genoeg bier in om die vleis te bedek. Verhit die kastrol tot kookpunt en laat dit vir ’n kwartier kook. Laat die boud in die bier afkoel.

3. Skep die boud uit die bier en besprinkel dit oraloor met mosterdpoeier. sit die boud op aluminiumfoelie (teen die blink kant), voeg sowat 5 peperkorrels en die lourierblare by, en vou die foelie toe.

4. Sit die boud, vetkant na bo, in ’n oondpan en bak dit vir ’n kwartier per 500 g in ’n oond van 160°C.

5. Haal die boud uit die oond, verwyder die foelie en sny die vetlaag af sodat net ’n dun lagie oorbly. sny ’n diamantpatroon in die oorblywende vet. Druk ’n heel naeltjie in elke tweede diamant.

6. Meng die glaseerselbestanddele en skep die helfte daarvan oor die boud uit. Bak die boud vir 40 minute in ’n oond van 160°C. Bedruip dit deurentyd met glaseersel.

7. Sit die boud in skywe voor met groen groente soos boontjies of broccoli en braai-aartappels.

Gemarineerde Skaapboud In Karringmelk & Portsous.

Lynette Muller

Mense sal sê ‘n kerfees-ete is nie volmaak sonder ‘n lekker sagte skaapboud nie. Jy gaan een skaapboud benodig vir hierdie resep.

Karringmelkmarinade:
250ml karringmelk,
125ml olyfolie,
1 medium ui fyngekap,
4 knoffelhuisies fyngedruk,
1 e gekapte vars kruie,
2-3 teelepels mosterdpoeier,
2 eetlepel suurlemoensap
sout en peper na smaak.

Sous:
5 teelepels gekapte vars pietersielie,
1 eetlepel aangemaakte mosterdpoeier,
50ml kweperjellie of fyn appelkooskonfyt,
50ml port,
125ml room,
2-3 teelepels koekmeelblom

Metode:
Plaas die skaapboud in ‘n vlekvrye staal of glashouer.

Marinade:
Meng al die bestandele van die marinade en giet bo oor, laat vir een tot twee dae in marinade staan en draai gereeld om. Voorverhit die oond tot 160°C. Plaas boud in oondbraaipan. Gooi klein bietjie warm water in pan. Bedek met foelie en bak 40 minute vir elke 500 gram plus ‘n ekstra 40 minute. Maak die boud die laaste 30 minute oop om bruin te braai.

Sous:
Voeg ‘n bietjie water by die panvette in die oondpan en kook tot los. Voeg die res van die sousbestanddele behalwe die meel by en laat effens afkoel. Verdik sous met meel wat aangemaak is. Laat net weer goed kook en voeg by sous. Sit sous saam met boudvleis voor.

Ongebakte vrugtekoek

Bestanddele
115g botter
115g suiker
115g glansuurkersies gekap
225g sultanas
225g dadels fyngekap
225g mengsel geroosterde amandels en pekanneute
3ml kakako poeier
1 eier
1 pakkie Marie koekies fyn gedruk (plaas in voedselverwerker)

Metode
Plaas botter en suiker in kastrol en laat kook. Haal af van die plaat
Voeg die kersies, sultanas, dadels, neute en kakaopoeier by
Voeg die eier en die gebreekte koekies by en meng deeglik
Smeer ‘n broodpan en gooi die mengsel daarin. Druk dit stewig in die pan vas om seker te maak dat die bestanddele aanmekaar kleef
Bere oornag in die yskas haal dit uit die pan en sny die skywe. Bere in ‘n lugdigte houer