Maak van Ultrmel Vla vir Nagereg

Jan van Niekerk

 

Bestanddele:

70 ml Vlapoeier

800 ml Melk

1 Blikkie kondensmelk

 

Metode:

Maak die vlapoeier aan met melk, soos op vlapoeier pakkie aangedui word en gooi blikkie kondensmelk by. Voila Kits Ultramel vla.

 

Advertisements

Kitsbruinbrood


8 kop. growwe meel.
2 teel. suurdeeg kop. lou water
I h desertlepel sout (of 2 teelepels)
I eetl. heuning
I eetl. kookolie

Neem 3/4 kop. lou water met I teel. suiker.
Strooi gis daarop en laat oplos.
Gooi alles bymekaar en maak aan met lepel.
Laat rys en bak.

Bron: Limmie Poggenpoel

Kits Bros koekies – 3 Bestandele eet-sum-more koekies. Gluten vrye opsie ook.


Bestanddele
225g botter of margerien – baie sag
1 en 1/2K (of 350ml) koekmeel
1/2K (of 125ml) versiersuiker
1/2 Vanilla (Opsioneel)

Metode
Stel oond op 160 Grade C. Voer n bakplaat met bak papier uit. Klits die 3 bestandele goed saam. Drup teelepels vol op die bak bakplaat en bak tot dit net begin verbruin om die kante of puntjies. Laat koekies afkoel op die bakplaat.

Wenk
My margerien was in die vrieskas en ek het dit op 30% krag sag gemaak in die mikrogolf. Dit moet papsag wees maar verkieslik nie gesmelt nie. Ek gebruik Marvello of Stork bake. Maar die behoort besonder lekker te wees met botter.

Gluten vrye resep:
Ek het die koekmeel met Gluten Vrye bruismeel (Self raising flour) vervang. Volgende keer sal en ek net 1 1/4K (of dan 325ml) gluten vrye meel gebruik. Die mengsel was effens droëer en dit proe of dit nie 100% deurgebak het in die middel nie.

Gewoon of gluten vry

Wenk
Ek verkies die gluten vrye bruismeel bo die gewone gluten vrye koekmeel. Die koekmeel is geneig om n nasmaak te gee. En die feit dat dit bruismeel is (uit rys) maak in min resepte n werklike groot verskil.

Kits Fondant Lekkergoed

Koekoes Vorster

Betsanddele
454 g Versiersuiker
1 Blik kondensmelk

Metode
Sif 454 Gram versiersuiker en meng met 1 x 385Gram blik kondens melk tot die mengsel glad en romerig is. Skep die mengsel op n deegplank wat met mielieblom (maizena)bestrooi is uit en knie baie goed deur.
Maak balletjies en rol dit in klapper of geroosterde klapper of gebreekte neute of gerasperde sjokolade. Laat staan om te stol.

Variasie:
Koffie Fondant
Vir koffie fondant voeg Nescafe Espresso of koffie poeier by na smaak. Begin met 2 vol teelepels en voeg nog by indien n sterker geur verkies word.

Pepperment fondant:
Voeg groen kleursel en Pepperment olie of geursel by.

Dadel fondant:
Vul ontpitte dadels met die fondant mengsel

Kits suurlemoen vla tert

Bestanddele
500ml melk
100ml suiker
25ml vlapoeier
10ml botter
100ml suurlemoensap
397g (1 blik) kondensmelk
1¼ pak Tennisbeskuitjies

Metode
Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier.
Voeg die botter daarby en laat dit effens afkoel.
Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam.
Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n reghoekige bak.
Gooi helfte van die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk.
Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en gooi die helfte van die louwarm vla daaroor.
Herhaal die lae.
Rasper van die beskuitjies bo-oor en laat dit goed afkoel.

Kits Peppermint Tert

Yvonne Swanepoel

Bestanddele
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
1 Blik Caramel Kondensmelk
1 Pakkie Kunsroom (Orley Whip)
1 Pak Peppermint sjokolade

Metode
Rasper die Peppermint sjokolade. Klits die room styf. Pak in lae. Tennisbeskuitjies, dan kondensmelk, room en laastens sjokolade. Hou eendag in yskas, voor bediening, sodat die geure kan meng.