KLAPPERKOEK

 

 

125g stork                                                                 
1 t vanielje
1 k strooisuiker                                                       
3 eiers
2,25 k meelblom                                                    
2,5 t bakpoeier
knippie sout                                                             
twee-derdes k melk
125 ml klapper
Verhit oond tot 160°C.  Smeer en voer twee 20cm panne.
Room botter en smeer en vanielje.  Voeg eiers een-een by en klop goed na elke byvoeging.  Sif droë betanddele saam en vou om die beurt met melk in.  Voeg klapper by en meng deeglik.  Verdeel mengsel tussen die twee panne en bak 30 minute lank.  Laat 1 minuut afkoel en keer dan uit.
Vulsel en versiering:
125 g Stork                                                                
1,5 k versiersuiker
1 e melk                                                                     
2,5 ml vanielje
Meng alles goed.  Gebruik die helfte as vulsel en die res as versiering.  Strooi klapper bo-oor en versier met kersies.
Advertisements

KLAPPERKOEKIES

Bestanddele
250 g margarien
375 ml suiker
2 groot eiers
4 k meel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
125 ml klapper
rooi en groen glanskersies

Metode
Verroom margarien en suiker.  Voeg eiers by en meng.  Sif meel, bakpoeier en sout saam bo-oor.  Voeg klapper by.  Meng deeglik.  Rol deeg in balletjies en plaas entjie uitmekaar op gesmeerde bakplate.  Druk balletjies platter met vurk en versier met ‘n snytjie glanskersie.  Bak ongeveer 15 min by 180ºC.  Lewer 9 dosyn koekies.

Gestolde Klapper slaai

Stephanie Strydom

Bestanddele
1 Blik (410 g) Fyn Pynappels
2 Pakkies pynappel jellie
1 Blik verkoelde ingedampte melk
Rooipeper
Pietersielie na smaak
Water
250 g Roomkaas
375 ml Klapper
Aromat

Metode
Dreineer pynappel en behou vloeistof. Vul pynappel vloeistof aan tot 375 ml met water. Plaas pynappel water in kastrol en kook vir 5 minute. Voeg jelliepoeier by en roer tot opgelos. Laat afkoel. Meng pynappel en roomkaas in die jellie. Klits ingedampte melk styf. Voeg nou die jellie mengsel drupsgewys by die melk en klits aanhoudend. Voeg res van die bestanddele by en meng goed. Gooi in vorm. Plaas in yskas tot gestol. Ontvorm en garneer soos verkies.