ROLKOEK (klein)

 

 

3 ekstra‑groot eiers                                 
250 ml bruismeel
250 ml strooisuiker                                    
 knypie sout
50 ml koue water                                      
fyn appelkooskonfyt
Smeer pan, voer uit met waspapier, smeer weer.  Strooi met meel.
Klits gele goed.  Klits suiker geleidelik by en klits tot dik.  Klits water geleidelik by.  Sif meel en sout saam op eiermengsel en vou in. Klits witte styf.  Roer bietjie wit by eiermengsel. Vou die res liggies by.  Gooi in rolkoekpan en smeer gelyk.   Bak 10 ‑ 12 minute op middelste oondrak tot ligte goudbruin.
Advertisements

Klein Vrugtekoekies

Bestanddele
375g botter
1 ½ koppie (375ml) water
1 ½ koppie (375ml) strooisuiker
1 ½ koppie (375ml) pitlose rosyntjies
1 ½ koppie (375ml) gebleikte sultanas
1 pakkie (250g) dadels, gekap
½ pakkie (50g) pekanneute, gekap (opsioneel)
2 eetlepels (30ml) sitrusskil, gekap
½ koppie (125ml) rooi glanskersies, gekap
3 eiers
3 koppies (750ml) koekmeel
½ teelepel (2,5ml) fyn kaneel
knypie fyn gemmer
1 eetlepel (15ml) bakpoeier
1 teelepel (5ml) vanielje

Metode
Meng botter, water en strooisuiker. Voeg rosyntjies, sultanas, dadels, skil en kersies by bottermengsel en kook oor lae hitte vir 20 minute op stoof. Verwyder van hitte en laat eenkant afkoel. Stel oond op 140 ºC. Klits eiers en roer by vrugtemengsel. Sif meel, kaneel, gemmer en bakpoeier bymekaar en roer by vrugtemengsel. Skep beslag in gesmeerde muffinpanne en bak 25 minute of tot gaar. Lewer ongeveer 24 koekies.