Beskuitjie Fudge

Magda

Bestanddele
1 x 200g Marie Beskuitjies/Tennis Beskuitjies in stukkies gebreek
1 x 250g Margarien
1 eier

Sif saam: 75ml kakao
500g versiersuiker

1 handvol Amandels
1 dop Kahlua

Metode
Smelt margarien. Voeg kakao en versiersuiker by. Roer. Klits eiers baie vinnig by. Haal van stoof af. Roer Kahlua by. Voeg koekies en amandels by. Laat stol ‘n rukkie in yskas. Rol in rolletjies in waspapier. Laat stol. Sny in skyfies en bedien saam met koffie. Hou in yskas.

 

Advertisements