SPINASIE KOEKIES

Woumarie
Dit is baie lekker vir bykos of sommer saam met braaivleis.

Bestanddele
1 pak Spinasie, goed afgewas
2 eiers
2 eetlepels bruismeel
250 ml melk
sout en peper na smaak

METODE:
Kap spinasie lekker fyn. Klits eiers en melk saam.  Strooi meel oor spinasie en meng die melk oor die mengsel.  Dit sal lyk of daar te min vloeistof oor is maar moet nie nog iets bygooi nie. Skep lepel vol in vlak olie, draai vinnig om en braai totdat dit bietjie bruin is. Plaas op kombuispapier om die olie te absorbeer

Advertisements
 

Oats koekies

Rohanja

Bestanddele
2 k suiker
2 k meel
2 k oats
4 ml sout
250 g botter
30 ml stroop
10 ml koeksoda
60 ml water

Bestanddele
Meng suiker, meel, oats en sout saam. Smelt botter en stroop saam. Los koeksoda in water op en roer by stroopmengsel. Meng meel en stroopmengsel goed saam. Bak 15 min. by 150° tot goudbruin.

 

Kitspoeding koekies

Rohanja

Bestanddele
2 k suiker
500 g botter
4 eiers
1 kg bruismeel
2 pk kitspoeding enige geur

Metode
Room suiker en botter. Eiers een vir een by en klits goed. Sif meel en poeding oor mengsel en meng tot deeg vorm. Rol deeg uit en druk koekies met vorm uit. Bak 15 min by 180°.

 

Amandel koekies (Low carb, Banting, Gluten free, LCHF)

 

 

 

 

 

 

Opbrengs: 20 klein koekies

Bestanddele

  • 1,5 koppies (150g / 5oz) Amandel meel
  • 3 eetlepels Stevia of soortgelyke korrel versoeter
  • 2 eierwitte
  • 1 teelepel amandel ekstrak (of 1 eetlepel Amaretto likeur)

 

Instruksies

  • Voorverhit oond tot 170C / 325F / Gasmerk 3
  • Klits eierwitte tot stywe punte form
  • Meng amandelmeel en Stevia saam
  • Voeg amandelmeel en Stevia mengsel by die eiers bymekaar – een eetlepel op n keer en meng goed deur
  • Voeg amandel ekstrak by en meng goed
  • Voer ‘n bakplaat met gesmeerde bakpapier
  • Skep die mengsel op die bakplaat en vorm klein ronde koekies
  • Alternatiewelik kan jy klein balletjies met jou hande rol, plat dit plat en op die bakplaat plaas
  • Los ‘n bietjie spasie tussen die koekies, want hulle sal effens plat loop
  • Bak vir 15-20 minute tot effens goud gekleur
  • Laat afkoel heeltemal voordat jy eet, want die tekstuur word meer outentiek Krakerig aan die buitekant, sag aan die binnekant
    • koel heeltemal voordat jy eet, want die tekstuur word meer outentiek Krakerig aan die buitekant, sag aan die binnekant
 

Lemmetjie-en-klapper kaas-koekies – geskik vir diabete

Hilda Lategang
(12 kolwyntjie-groote kaas koekies)

Kors
½ pakkie volgraan- Digestive-koekies, fyngemaak
25 g laevet-margarien

Vulsel
100 g fruktose of xylitol
25 ml mielieblom
230 g laevet-roomkaas
200 g vetvrye gladde maaskaas
3 groot eiers
100 ml laevet-klapper melk
skil en sap van 1 lemmetjie
4 volgraan-Digestive-koekies, gekrummel
Verhit oond tot 160 °C.

Meng beskuitjies en margarien en druk vas op bodem van kolwyntjie panne
wat met kolwyntjie houers uitgevoer is.
Meng nou fruktose, mielieblom, roomkaas, maaskaas en eiers tot glad.
Voeg klappermelk, skil en lemmetjie sap by en meng verder.
Verdeel mengsel tussen kolwyntjiepanne en bak vir 25 – 30 minute tot gestol.
Laat afkoel en sit voor met gekrummelde koekies bo-op.

KOMMENTAAR
Dis ’n goeie plan om die nagereg vooraf in klein porsies te verdeel.
Dit het reeds ’n lae GI, en as jy dit boonop saam met vars bessies voorsit, word die GI nog verder verlaag.
Die vet inhoud van die gereg kan verminder word deur die kors met Marie beskuitjies te vervang,
wat dan bloot onder in die kolwyntjie houers gesit word.
Die laevet-roomkaas kan om die helfte met vetvrye gladde maaskaas vervang word waarmee die
vet inhoud van die gereg met byna 20% verminder word. – Hilda Lategan

 

Kondensmelk balletjies

1 Pakkie Mariebeskuitjies  baie fyn gemaak
1 K Klapper
1 Blikkie Kondensmelk (Volroom)
Ekstra klapper om in te rol

Meng Kondensmelk en klapper goed en voeg dan die fyn Mariebeskuitjies by.
Meng baie goed.
Rol in Balletjies en rol dan in klapper.
Plaas op waspapier in lugdigte houer of in klein papierkoppietjies (Cup Cakes).
Variasie:
 Gebruik Karamel Kondensmelk in plaas van gewone.
Druk in kersie of neut in balletjie vir ‘n verrassing.

Bron: http://kampkosenwenke.weebly.com/

 

Gemmer en kaneel koekies

Ongeveer 36 dubbel koekies
Die koekies kan nie te lank geberg word nie, want die versiersel maak dit sag.

 

 

 

 

 

250 g (1/2 blok) sagte botter
375 ml (11/2 k) strooisuiker
1 ekstra groot eier
5 ml (1 t) vanieljegeursel
750 ml (3 k) koekmeel
2,5 ml (1/2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) fyn kaneel
2,5 ml (1/2 t) fyn gemmer knypie sout

VERSIERSEL
45 ml (3 e) sagte botter
250 ml (1 k) versiersuiker, gesif
2,5 ml (1/2 t) vanieljegeursel
1 druppel pienk voedsel kleursel

Stel oond op 160C
Room botter en strooisuiker tot liggeel.
Klits eier en vanieljegeursel by.
Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel, gemmer en sout. Roer by bottermengsel tot deeg vorm. 4 Plaas deeg in plastiek sakkie en verkoel in yskas vir 1 uur.
Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit.
Druk met koekie drukker blommetjies uit deeg en plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Bak vir 12 minute of tot goudbruin.
Laat koekies bietjie op bakplaat afkoel. Skep op afkoel rakkie en laat eenkant tot heeltemal afgekoel

Versiersel
Room botter tot liggeel. Klits versiersuiker en vanieljegeursel by tot smeerbare versiersel.by tot smeerbare versiersel.
Voeg voedsel kleursel by en meng goed
Smeer dun lagie versiersel op een koekie en plaas tweede koekie bo-op.

Bron en foto: Vrouekeur resep

 

Hoender en aartappel koekies

Bestanddele
4 groot aartappels –geskil, sag gekook en fyn gemaak
½ hoender – gekook en gevlok
½ koppie cheddar kaas – gerasper
½ klein ui gerasper
Sout en swart peper na smaak
Mint of vars pietersielie gekap

Metode
Meng al die bogenoemde bestanddele en maak koekies
Doop in eier en indien verkies ook broodkrummels
Braai in warm vlak olie tot gaar

Bron: onbekend

 

Kits Bros koekies – 3 Bestandele eet-sum-more koekies. Gluten vrye opsie ook.


Bestanddele
225g botter of margerien – baie sag
1 en 1/2K (of 350ml) koekmeel
1/2K (of 125ml) versiersuiker
1/2 Vanilla (Opsioneel)

Metode
Stel oond op 160 Grade C. Voer n bakplaat met bak papier uit. Klits die 3 bestandele goed saam. Drup teelepels vol op die bak bakplaat en bak tot dit net begin verbruin om die kante of puntjies. Laat koekies afkoel op die bakplaat.

Wenk
My margerien was in die vrieskas en ek het dit op 30% krag sag gemaak in die mikrogolf. Dit moet papsag wees maar verkieslik nie gesmelt nie. Ek gebruik Marvello of Stork bake. Maar die behoort besonder lekker te wees met botter.

Gluten vrye resep:
Ek het die koekmeel met Gluten Vrye bruismeel (Self raising flour) vervang. Volgende keer sal en ek net 1 1/4K (of dan 325ml) gluten vrye meel gebruik. Die mengsel was effens droëer en dit proe of dit nie 100% deurgebak het in die middel nie.

Gewoon of gluten vry

Wenk
Ek verkies die gluten vrye bruismeel bo die gewone gluten vrye koekmeel. Die koekmeel is geneig om n nasmaak te gee. En die feit dat dit bruismeel is (uit rys) maak in min resepte n werklike groot verskil.

 

Gesondheids koekies (1978 resep)

Koekoes Vorster

Bestanddele
1 koppie (250ml) Heuning
1 Koppie (250ml) Grondboontjie botter
2 Koppies (2 x 250ml) volroom melk poeier

Bestanddele
Meng alles saam en druk in pan. Sny in blokkies. Fyn gesnyde sultanas kan ook bygevoeg word.

Wenk
Vir n meer gesonder opsie: gebruik laevet poeier melk en suiker vrye grondboontjie botter