POST TOASTIES KOEKIES

Bestanddele
1 kg bruismeel
4 koppies suiker
500 g margarien
4 eiers
fyngemaakte Post Toasties (sit in plastieksak en kap met hand fyn, bietjies op ‘n keer)

Metode
Meng botter en suiker baie goed, voeg eiers by. Meng weer goed. Werk meel en bietjie sout (kwart teelepel) by. Vorm okkerneutgrootte balletjies. Rol balletjies in fyngemaakte Post Toasties. Moenie koekies platdruk nie en los baie spasie tussen koekies oop dit sprei baie. Plaas in pan en bak by 180ºC ongeveer 12 minute. KOEKIES WORD NIE BRUIN NIE.

Advertisements

Gebakte Pienk Sjokoladekoekies

Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele Koekies
2 eiers, geklits
185ml (¾k) strooisuiker
250ml (1k) koekmeel
5ml (1t) bakpoeier
Knypie sout
125ml (1½k) louwarm melk
30ml (2e) olie
3 druppels rooi voedselkleursel
5ml (1t) rooswater

Bestanddele Sous
45ml (3w) romerige aarbeilikeur
125ml (½k) room

Metode Koekies
Klits eiers en suiker tot liggeel. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Roer melk en olie saam. Voeg meel- en melkmengsels beurtelings by eiermengsel en roer goed. Roer voedselkleursel en rooswater by. Spuit hartjievorm-koekpannetjies met kossproei en skep driekwart vol met deeg. Bak vir 10 min of tot gaar. Keer uit en plaas op afkoelrakkie.

Metode Sous
Roer likeur en room bymekaar en giet oor warm koekies sodat sous kan intrek.
Sit saam met ‘n vars rosie of wit sjokoladekrulle voor.