Lekkerste Koffie koek

1 Oktober is amptelike koffie dag.

Lekkerste Koffiekoek

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Anel Bezuidenhout se resep.
Olie pleks van botter is die geheim. Anel vertel “Dié koffiekoek-resep kom van my oorlede skoonma, Rietjie Bezuidenhout, af.
Sy was nou vir jou ’n vrou wat kon bak, hoor! Sy het altyd gesê die geheim van ’n lekker klam sjokoladekoek is om die botter met olie  te vervang, en hierdie resep doen juis dit.”

Koek
280 g (500 ml) koekmeel
70 g (180 ml) kakao
7 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
knippie sout
400 g (500 ml) suiker
2 eiers
250 ml melk
125 ml kookolie
5 ml vanieljegeursel
250 ml sterk koffie

Versiersel
80 g (90 ml) sagte botter
70 g (180 ml) kakao
260 g (500 ml) versiersuiker
60 ml sterk koffie

Verhit oond tot 180 °C.
Voer twee 20 cm-koekpanne met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei.
Sif meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n groot mengbak.
Voeg suiker by en roer deur met ’n houtlepel.

Klits eiers, melk, olie en vanieljegeursel in aparte mengbak.
Voeg by droë bestanddele.
Gooi koffie by.
Klits goed vir 2 minute tot romerige, gladde mengsel

Verdeel mengsel tussen die twee panne en plaas op middelste oondrak.
Bak vir 35 – 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Laat in pan afkoel en keer uit.

Versier só
Plaas bestanddele vir versiersel in elektriese menger se bak en klits op hoë spoed tot gladde mengsel.
Sny bokant van koeke met ’n riffelmes gelyk.
Skep versiersel in spuitsak met 1 cm-tuit.
Plaas eerste koek gesnyde kant na bo op koekbord.
Spuit helfte van versiersel op die koek en smeer gelyk.
Plaas tweede koek bo-op  gesnyde kant na onder.
Spuit res van versiersel boop en smeer gelyk.
Bêre in lugdigte houer.

Bron en fotos: http://www.netwerk24.com/Sarie/Kos

Advertisements

Sjokolade olie koek, Wit koek, Koffie koek, Gluten vrye koek, Plaat of Pan koek

Chocolate Cake (oil – tannie Joan)

Put in basin:
1C Flour
1C Sugar
pinch of Salt
4t Baking Powder

Make well in flour and add:
4 Egg yolks
½C Oil
Vanilla essence
½ C boiling water blended with ¼ C Cocoa
2t Baking powder

Mix together.
Beat:
4 Egg whites with
2t Baking Powder and fold in.
Bake in moderate oven (180C) for about 20 min.

Vir n plaatkoek or oond pan koek, maak die mengsel dubbel aan.

Botter versiersel:
Meng 500g versiersuiker met 125g botter.
Voeg 5ml vanilla by.
Vir die Sjokolade koek klits 2 Eetlepels kakao by.

Resepte Breek 1 groot blok melk sjokolade (Cadbury) met neute en smelt in ‘n dubbelkoker. Of plaas ‘n glas bak bo-op ‘n potjie met kookwater. Gooi ongeveer 125ml vars room by. Skep uit of giet oor koek. Laat die sjokolade mengsel van die rand afloop. Dit vertoon mooi. As ek die koek so versier dan bak ek dit gewoonlik in ‘n ringpan. As jou versiersel te dik is (dit moet loperig wees) sit nog bietjie room by. Jy kan altyd ekstra sjokolade en room smelt en agterna oorsit as dit bietjie min na jou smaak is.

Wit koek
Laat die Kokao uit en gebruik net die warm water.

Koffie koek
Laat die kakao uit en roer 2 hoog vol eetlepels Espresso poeier in die warm water.
Gebruik dan ook Espresso poeier in jou versier suiker.
Ek klits die Espresso poeier saam die botter om seker te maak dit mooi opgelos en ingemeng.

Ek gebruik Nescafe se Espresso poeier.

Gluten Vrye koek

Ek het die gewone meel met Gluten Vrye Self Raising flour vervang.
Die bak poeier uitgelaat.
Maar wel 2 teelepels bakpoeier in die eierwitte gesit.
En ek het dubbel die water gebruik.
Dit het heerlik lig uit gekom.

www.facebook.com/resepterecipes
www.liplekker.co.za
http://eposvriende.blogspot.com