Ons het n paar koffie verwant resepte geplaas.
En sal nog plaas deur die loop van die week.
Geniet jou koffie.
Gratis Liplekker Resepte
1 Oktober is amptelike koffie dag.
Anel Bezuidenhout se resep.
Olie pleks van botter is die geheim. Anel vertel “Dié koffiekoek-resep kom van my oorlede skoonma, Rietjie Bezuidenhout, af.
Sy was nou vir jou ’n vrou wat kon bak, hoor! Sy het altyd gesê die geheim van ’n lekker klam sjokoladekoek is om die botter met olie te vervang, en hierdie resep doen juis dit.”
Koek
280 g (500 ml) koekmeel
70 g (180 ml) kakao
7 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
knippie sout
400 g (500 ml) suiker
2 eiers
250 ml melk
125 ml kookolie
5 ml vanieljegeursel
250 ml sterk koffie
Versiersel
80 g (90 ml) sagte botter
70 g (180 ml) kakao
260 g (500 ml) versiersuiker
60 ml sterk koffie
Verhit oond tot 180 °C.
Voer twee 20 cm-koekpanne met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei.
Sif meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n groot mengbak.
Voeg suiker by en roer deur met ’n houtlepel.
Klits eiers, melk, olie en vanieljegeursel in aparte mengbak.
Voeg by droë bestanddele.
Gooi koffie by.
Klits goed vir 2 minute tot romerige, gladde mengsel
Verdeel mengsel tussen die twee panne en plaas op middelste oondrak.
Bak vir 35 – 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Laat in pan afkoel en keer uit.
Versier só
Plaas bestanddele vir versiersel in elektriese menger se bak en klits op hoë spoed tot gladde mengsel.
Sny bokant van koeke met ’n riffelmes gelyk.
Skep versiersel in spuitsak met 1 cm-tuit.
Plaas eerste koek gesnyde kant na bo op koekbord.
Spuit helfte van versiersel op die koek en smeer gelyk.
Plaas tweede koek bo-op gesnyde kant na onder.
Spuit res van versiersel boop en smeer gelyk.
Bêre in lugdigte houer.
Bron en fotos: http://www.netwerk24.com/Sarie/Kos
Een blik cappuccino kondensmelk
1/2 blik gewone kondensmelk
Koffie geursel (5ml of as jy n ekstrak 6 druppels)
2K room
2K Orley whip
Strooi suiker na smaak (Ek het 8 gebruik)
Klits tot dik word soos geklitsde room
Skep in bakke of bakkies
Spuit sjokolade room oor
En roer liggies deur net vir versiering
Vries
Die Klein bakkies (enkel porsies) was gevries binne ongeveer 5 ure
**As jy nie Espresso deur kondensmelk kry nie
Kan jy so 2E Espresso poeier gebruik
Ek gebruik gewoonlik Nescafé se espresso poeier
Dit is duur maar jy kom ver uit met dit
** Ek Orley whip en suiwel vrye room gebruik om die suiwel te verminder
BRAAI-BYKOSSE
Gebakte bone
15 ml (1 e) olie
8 repies strepiespek
1 ui, in blokkies gesny
1 klein groen soetrissie, in blokkies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
2,5 ml (½ t) mosterdpoeier
2 blikkies gebakte bone in tamatiesous
60 ml (¼ k) koffie-en-melasse-braaisous* (sien resep onder)
125 ml (½ k) water
1 Verhit die olie in ‘n swaarboompot. Braai die spek tot goudbruin en bros en verwyder van die pot.
2 Braai die ui en soetrissie in dieselfde pot vir ongeveer 5 minute tot dit net begin versag. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
3 Voeg dan die res van die bestanddele by. Roer en bring tot kookpunt. Prut vir 30 minute, terwyl jy dit gereeld roer.
WENK As jy nie die koffie-en-melasse-braaisous wil maak nie, kan jy enige gebottelde braaisous gebruik.
Kool Slaai
halwe groot koolkop
1 klein groen soetrissie
2,5 ml (½ t) mosterdpoeier
30 ml (2 e) bruinsuiker
30 ml (2 e) olie
60 ml (¼ k) witwynasyn
sout en varsgemaalde swartpeper
1 Sny die kool in dun skyfies. Die groen soetrissie ook. Meng dit in ‘n mengbak.
2 Maak in ‘n ander mengbak die slaaisous deur die res van die bestanddele te meng, voordat jy dit oor die koolslaai gooi en goed meng.
3 Plaas dit in die yskas vir ten minste een uur voordat jy dit opdien.
Koffie – en – Melasse Braaisous
50 g tamatiepasta
125 ml (½ k) filterkoffie
30 ml (2 e) melasse
30 ml (2 e) bruinsuiker
30 ml (2 e) appelasyn
5 ml (1 t) Colgin’s liquid smoke (opsioneel)
1 Meng al die bestanddele saam in ‘n klein kastrol.
2 Roer oor matige hitte en kook vir 3 minute.
Bron: vrouekeur.co.za
Bestanddele
4 eiers
1 1/2 kop meel
1/2 t sout
1 t koffiepoeier
4 e water
4 e melk
1 kop suiker
2 e botter
2 t bakpoeier
1 t vanilla essence
Metode
Klits eiers, suiker saam tot lig geel. Smelt botter en voeg water, melk en geursel by. Sif meel en koffiepoeier saam en meng met eiermengsel. Strooi bakpoeier by en meng als goed saam. Bak in matige oond van 180o vir 20 min.
Stroop
1 t vanilla essence
12 e suiker
3 e brandewyn
1 1/2 kop water
2 e gelyk vol koffie
Metode
Meng en kook saam, gooi stadig oor beslag. Steek tert met vurk en gooi stroop oor en laat afkoel.
Smeer gekookte kondensmelk oor die koek. Meng 1 pak butterscotch kitspoeding met 1 kop melk. Laat stol in yskas. Klits 500ml room en poeding tot styf. Smeer oor terte en versier met ‘n gebreekte flake en kersies
Bestanddele
2 eetlepels (30ml) koffiepoeier
1 pakkie (250g) dadels, gekap
½ koppie (125ml) kookwater
6 eetlepels (90ml) olie
½ koppie (125ml) karringmelk
¾ koppie (187ml) bruinsuiker
2 eiers
2 koppies (500ml) koekmeel
½ teelepel (2,5ml) fyn kaneel
1 eetlepel (15ml) bakpoeier
knypie sout
Stel oond op 180 ºC.
Metode
Meng koffie, dadels en kookwater en laat staan eenkant vir 10 minute. Klits olie, karringmelk, suiker en eiers tot goed gemeng. Sif koekmeel, kaneel, bakpoeier en sout saam. Roer meelmengsel by eiermengsel en roer dadelmengsel by om mengsel klam te maak. Roer goed en skep in gesmeerde muffinpannetjie tot 2/3 vol. Bak 20 minute of tot gaar.
Met vergunning www.eposvriende.com
Bestanddele
1 Pakkie Vingerbeskuitjies
250ml Sterk, Swart Afgekoelde Koffie
3 Eiergele
100ml Strooisuiker
50ml Brandewyn Of Rum
2x250g Gladde Maaskaas
150g Kook Sjokolade
Metode
Pak Die Vingerbeskuitjies Op Die Bodem Van N Bak Van 24x24cm. Giet Die Koffie Bo-Oor. Klits Die Eiergele En Strooisuiker Saam Tot Lig En Dik. Voeg Die Brandewyn Of Rum By En Meng. Meng Die Maaskaas Met Die Eiermengsel En Skep Uit Op Die Vingerbeskuitjies. Verkoel. Versier Met Sjokolade Blare En Krulle. Lewer 1 Medium Tert.