FRIKKADELSLAAI:

Rina

Frikadelle:
500 g maer maalvleis
1 sny brood, geweek in 100 ml melk
1 klein ui, fyn gekap
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
1 ml fyn naeltjies
30 ml wynasyn
50 ml gekapte pietersielie.

Metode
Krummel brood. Voeg res van bestanddele by. Meng liggies met ‘n vurk. Vorm klein frikkadelle. Plaas op ‘n bakplaat. Bak by 160 C vir 20 minute en laat afkoel.

Slaai:
1 krop botterslaai
½ Engelse komkommer, in skywe gesny
425 g-blikkie klein mielies, gedreineer
150 g swart druiwe
10 kersietamaties
30 ml gekapte pietersielie.

Metode
Pak blaarslaai op ‘n groot plat bord. Rangskik frikkadelle, komkommer, mielies, druiwe en tamatie bo-op slaai. Sprinkel met pietersielie.

Advertisements

Komkommer Konfyt

Ingestuur deur Joeye Hanekom

Bestanddele
750g engelse komkommer
250g wortels
1kg suiker
3 koppies water.
2 Blikkies fyn pynappel
Sout na smaak

Metode
Rasper komkommer en geskilde wortels op growwe kant van rasper.
Voeg suiker en water by en laat oornag staan.
Kook tot amper reg en voeg dan 2 klein blikkies crushed pynappel en n knypie sout by.
Kook tot reg is.
Laat koud word en bottel.
Indien verkies kan komkommer afgeskil word.

JUICY WATERMELON SALAD WITH CUCUMBER & CHILLI YOGHURT

Ingredients
slices of watermelon
1 cucumber, halved and seeds removed
1 cup mango chunks
micro herbs
20 g fresh mint leaves
2-3 Tbsp olive oil, divided
2 Tbsp coriander seeds, crushed
2 tbs fresh coriander, finely chopped (plus extra as garnish)
1/2 cup fresh parsley, finely chopped
1 fresh lime, juiced
2 cm fresh ginger, finely grated
2 cups Greek yoghurt
2 red chilli

Cooking Instructions
Slice a large wedge out of the watermelon and peel. Using a vegetable peeler, shave thin ribbons from the cucumber and green mango and place in a large mixing bowl. Add the baby herb leaves and mint and toss through. Combine 2 tbls extra virgin olive oil, 2 tbls coriander, 2 tbls parsley, 1 juiced lime & 4cm of grated ginger to make the dressing. To make the chilli yoghurt, mix 2 cups of yoghurt with 2 roughly chopped red chillies. Pile the salad on the wedge of watermelon. Drizzle over the dressing and chilli yoghurt.

Komkommers met Gemmerslaai

Bestanddele
60ml (4e) witwynasyn
60ml (4e) Japannese rysasyn
60ml (4e) bruinsuiker
10ml (2t) vars gerasperde gemmer
1 groot komkommer, baie fyn gesny
1 ui in dun ringetjies gesny
Takkie peperment

Metode
Roer witwynasyn, rysasyn, suiker en gemmer in bak. Voeg komkommer en ui by. Sit in yskas vir 1 uur. Sit koud saam met ‘n gaatjieslepel voor sodat dit maklik uitgeskep kan word. Rond met takkie peperment af.