KONDENSMELK YSKAS SUURLEMOENTERT

Ingestuur deur Joeye Hanekom

Maak beskuitjie kors van Tenniskoekies. Druk in tertbak vas.
(1 pak tennisbeskuitjies rol fyn en meng met 100ml botter)
Maak 1 pakkie suurlemoen jellie aan met 1 k kookwater en laat afkoel.
Roer 1 blik kondensmelk en 1 blikkie grenadillamoes by en ook 50 ml suurlemoensap.
Meng deur en skep op beskuitjiekors. Plaas in yskas.

Advertisements