Piesang Kandensmelk Tert

Rika Theron
(12 porsies)

Bestanddele:
1/2 blikkie kondensmelk,
1 e suurlemoensap,
1 eier, geskei,
1 k piesangmoes,
1 gaar tertkors,
klapper.

Metode:
Meng kondensmelk, suurlemoensap, geklitste eiergeel en piesangmoes.  Klits eierwit styf en vou dit in.  Skep in gaar tertkors.  Bak ongeveer 20 minute in ‘n matige oond.  Haal uit, strooi klapper oor, sit weer onder die boonste element van die oond en laat bruin word.

 

Advertisements

KONDENSMELK PIESANG SLAAI

Ingestuur deur Joey Hannkom

Bestanddele
6 Piesangs skyfies gesny
1 Blikkie fruit cocktail (sap afgegooi)
2 eetlepels mayonnaise (enige sort)
2 Eetl Kondensmelk
Klein bietjie suurlemoensap
MAAK NOU SO:
Sprinkel suurlemoensap oor gesnyde piesangs
Meng met fruit cocktail vrugte
Meng mayo en kondensmelk en gooi oor jou slaai Bedien dadelik
Heerlik saam met braaivleis!

PAMPOENTERT:

Ingestuur deur Joey Hannekom

600g gaar pampoen
410g-blik kondensmelk
3 eiers, geskei
5ml gemmer
fyn kaneel

Meng pampoen, kondensmelk, gemmer en geel van eiers saam.

Voeg geklitste eierwit laaste by, meng en gooi in gesmeerde tertpan en bak ongeveer 30 minute lank teen 180C.

Strooi fyn kaneel oor sodra tert uit die oond kom.

Kondensmelk en sjokolade rol

Kondensmelk en sjokolade rol

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ongeveer 45 skyfies

 

100 g (1/5 blok) botter

385 g (1 blik) kondensmelk

200 g bruin melksjokolade, in blokkies gebreek

30 ml (2 e) kakao

500 ml (2 k) pofrys (Rice Crispies)

200 g (1 pakkie) Eat-Sum-More, in kwarte gebreek

100 g (½ pakkie) Marie koekies, grof gekap

OM IN TE ROL

375 ml (1½ k) klapper

Smelt botter, kondensmelk en sjokolade oor lae hitte tot gesmelt.
Sif kakao oor pofrys en meng met koekies.
Roer hierdie mengsel by kondensmelk mengsel tot goed gemeng.
Laat mengsel vir halfuur afkoel. Deel in drie dele en vorm drie rolle.
Om in te rol Sprinkel klapper oor bakplaat en rol drie rolle daarin tot goed bedek.
Vou dit met foelie toe en plaas oornag in yskas.
Sny in skywe om voor te sit.
Resep en foto met vergunning van Vrouekeur.co.za

KONDENSMELKKOEKIES

 

(Onfeilbaar)
12 k meel                                                                 
knippie sout
1 blik kondensmelk                                                  
3 k suiker
3 t kremetart                                                            
3 t koeksoda
4 eiers                                                                       
 750 g botter
1 e gouestroop
Meng suiker en eiers tot room.  Voeg melk en stroop by.  Meng baie goed.  Vryf botter in meel en voeg koeksoda en kremetart by.  Maak aan met eiermengsel.  Rol uit of rol bolletjies en druk effens plat met vurk.  Bak 15 minute by 180ºC.

Thea se hartaanval in ‘n bak

RSG

Bestanddele
1 pakkie koekies, fyngemaak (enige koekies soos Romany Creams, Gemmerkoekies, Nutty Crunch, ens.)
1 blikkie karamelkondensmelk
Roomys, teen kamertemperatuur
Gemengde neute, gekap
Verkillende soorte sjokolade, gerasper

Metode
Voeg neute en sjokolade in roomys. Pak koekies in ‘n bak en gooi kondensmelk oor (kan uitgelaat word as dit te soet raak). Gooi roomys bo-oor. Sit in vrieskas en hou tot die lus jou pak.

Kondensmelk beskuit

Bestanddele
1 liter lou water
20ml aktiewe droë suurdeeg
125ml suiker
2.5 kg koekmeelblom
10ml sout
250g margarien
1 blik kondensmelk
25ml suurlemoensap
2 eiers geklits

Metode
Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 2 broodpanne. Meng die lou water, droë suurdeeg en 20 ml suiker. Voeg 500g. van die koekmeelblom by en laat staan vir 1 uur op ‘n warm plek. Meng die res van die koekmeelblom, deeglik daarin. Maak aan tot ‘n taamlike deeg en voeg nog ‘n klein bietjie louwarm water of meelblom by, indien nodig. Knie deeglik – maak warm toe en laat rys vir ‘n 1-2 ure. Druk die gerysde deeg liggies af en knyp ewe groot bolletjies daarvan af. Pak teen mekaar in die gesmeerde panne. Laat staan weer op warm plek en laat rys totdat dit dubbeld die oorspronklike grootte is. Bak die beskuit vir 20 min. by 200 °C. Verminder die hitte na 190 °C en bak nog 25 min.

Suiwelvry Kondensmelk

Bestanddele
40ml water
80ml Orley-Whip
160l suiker
15ml mielieblom
200ml cremora (1 op 3 aangemaak)
Knippie sout
2ml xanthan
5ml vanilla essens

Metode
Maak cremora aan en meng die water en Orley-Whip in ‘n mengbak. Klits mielieblom en suiker, wat vermeng is, by tot ‘n gladde tekstuur verkry is. Voeg die mengsel by die cremora en klits goed. Voeg ander bestanddele by en kook vir 1 minuut, voeg vanilla by en laat afkoel.

Wenk
Skep roomlaag af indien gevorm word na opkoking.