Komkommer Konfyt

Ingestuur deur Joeye Hanekom

Bestanddele
750g engelse komkommer
250g wortels
1kg suiker
3 koppies water.
2 Blikkies fyn pynappel
Sout na smaak

Metode
Rasper komkommer en geskilde wortels op growwe kant van rasper.
Voeg suiker en water by en laat oornag staan.
Kook tot amper reg en voeg dan 2 klein blikkies crushed pynappel en n knypie sout by.
Kook tot reg is.
Laat koud word en bottel.
Indien verkies kan komkommer afgeskil word.

Advertisements

GROEN VYE KONFYT

Bestanddele:
1,25g suiker per 1kg vrugte
1,5 liter water per
1kg suiker
50-60ml suurlemoensap per 3kg vrugte

Metode:
Gebruik vye wat goed uitgeswel is, maar waarvan die binnekant nog nie hol of verkleur nie.
Krap rasper of skil vye baie dun af en behou steeltjies. Sny ‘n kruisie aan die onderpunt van elke vy. Bepaal massa en prik.
Laat vye oornag in kalkwater of koeksodawater 25ml gebluste kalk en 45ml koeksoda per 5 liter water.
Haal uit en spoel deeglik af. Sit vye in en ‘n paar vyeblare in kookwater en kook tot sag maar nie pap nie, ±15 minute. Sit die vye in stadig kokende stroop en kook matig vinnig tot vrugte goed deurgekook word, ± 30 minute.
Laat stroop afkoel en lig vrugte uit die volgende dag. Kook stroop weer en sit vrugte by kook ± 5 minute of totdat dit reg lyk.
Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseël deeglik. Vrugte met skille kan ook gebruik word, maar die kooktyd in water moet verleng word.

MIKGROGOLF HEEL GROENVYEKONFYT

Bestanddele
500 g groenvye
1 liter koue water
1 liter kook water
5 ml kalk
2 vye blare

Stroop:
500g wit suiker
750 ml water
10 ml suurlemoensap of 1 ml wynsteensuur
1 stuk pypkaneel

Metode
Hou die stingels aan en skil dun of skraap die velletjie af. Sny ‘n kruis in die onderkant van elke vy.
Meng koue water en kalk, plaas vye in oplossing en laat oornag week. Spoel onder koue kraan water af. Plaas in ‘n vuurvaste bak en voeg kookwater en blare by.
Bedek en plaas in mikrogolf 8-10 min by volle krag. Meng al die stroop bestandele en roer tot die suiker opgelos het.
Bedek en mikrogolf 10 min by volle krag. – roer 2 maal deur. Gooi vye af en plaas in warm stroop. Mikrogolf 30 – 40 min by volle krag – roer dikwels.
Skep vrugte in flesse en giet warm stroop bo oor, laat effens afkoel voordat die flesse verseël word.

Bottelenbere resep

Fig Jam

Rika Theron

Ingredients
1 kg ripe figs, peeled and halved,
180 ml water,
45 ml lemon juice,
940 ml sugar,
15 ml peeled and grated fresh ginger.

Method
Place figs, water and lemon juice in a large heat-resistant bowl, microwave on High, 10 – 12 minutes, stirring frequently. Add sugar and ginger, stir until sugar has dissolved. Microwave on High 15 – 20 minutes or until setting point is reached. Allow to cool slightly, then fill hot, dry, sterilised jars. Makes 2 x 750g jars.

Konfyt blokkies

Bestanddele
270 ml (250 g) botter
400 ml (350 g) strooisuiker
2 groot eiers
10 ml vanieljegeursel
1 000 ml (545 g) koekmeel
20 ml bakpoeier
250 ml aarbei- of appelkooskonfyt

Metode

  • Verhit tot 180C
  • 1 Klop die botter en suiker saam. Voeg die eier en vanieljegeursel by en klop die mengsel goed. Vou die gesifte meel, bakpoeier en ‘n knypie sout by.
  • 2 Draai die bol deeg met ‘n stuk kleefplastiek toe en sit dit vir minstens ‘n halfuur in die yskas.
  • 3 Druk driekwart van die deeg in ‘n gesmeerde oondpan van 24 x 34 cm of twee vierkantige panne van 22 cm. Smeer ‘n laag konfyt bo-oor en rasper dan die res van die deeg oor die konfyt. Bak dit in ‘n verhitte oond vir 20 minute of tot goudbruin. Sny die koek in blokkies terwyl dit nog warm is, maar los dit dan in die pan totdat dit heeltemal afgekoel het. Skep dit versigtig uit en bêre dit in ‘n lugdigte houer.

Geurige Vierkantjies

Met vergunning www.eposvriende.com

Bestandele:
1 Eier
3/4 Koppie Suiker
2 Tl Bakpoeier
Sout
3 Koppies Meel
250 G Margarien
Vanilje

Metode:
Klits Eier En Suiker Saam;
Vryf Botter In DroÎ Bestandele;
Meng Deeglik En Meng Deeg In 2;
Sit Een Deel Deeg In Die Vrieskas Sodat Dit Later Makliker Kan Rasper;
Druk Een Deel Plat In Oondpan ..Nie Te Plat Nie;
Smeer Appelkoos Konfyt Bo Op;
Rasper Res Van Die Deeg Oor;
Bak @ 180 c Tot Gaar.

KONFYTTERTJIES

Bestanddele
190 ml. ( 3/4 kop.) suiker.
125 ml. ( 1/2 kop.) margarien.
2 eiers.
500 ml. ( 2 kop.) meelblom.
10 ml. ( 2 tl.) bakpoeier.
vanielje.

Metode
Stel die oond op 180 Grade C. Room die suiker en margarien saam. Voeg die eiers by en klits goed todat mengsel liggeel en skuimerig is. Voeg die meelblom, bakpoeier en ‘n paar druppels vanielje by. Rol deeg in klein balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat -ongeveer 5 cm.uit mekaar. Maak ‘n klein holte in die middel van die deeg en drup ‘n klein bietjie konfyt daarin. Bak in ‘n matige oond tot ligbruin.

Konfytblokkies

Maak: omtrent 30
Bereidingstyd: 25 minute plus afkoeltyd
Baktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

270 ml (250 g) botter
400 ml (350 g) strooisuiker
2 groot eiers
10 ml vanieljegeursel
1 000 ml (545 g) koekmeel
20 ml bakpoeier
250 ml aarbei- of appelkooskonfyt

1  Klop die botter en  suiker saam. Voeg die eier en  vanieljegeursel  by en  klop die mengsel goed. Vou die gesifte meel, bakpoeier en ‘n knypie sout by.

2 Draai die bol deeg met ‘n stuk kleefplastiek toe en sit dit vir minstens ‘n halfuur in die
yskas.

3  Druk driekwart van die deeg in ‘n gesmeerde oondpan van 24 x 34 cm of twee vierkantige panne van 22 cm. Smeer ‘n laag konfyt bo-oor en rasper dan die res van die deeg oor die konfyt. Bak dit in ‘n verhitte oond vir 20 minute of tot goudbruin. Sny die koek in blokkies terwyl dit nog warm is, maar los dit dan in die pan totdat dit heeltemal afgekoel het. Skep dit versigtig uit en bêre dit in ‘n lugdigte houer.

MAKLIKE HANDTERTJIES

500 g bruismeel                                                               
2 ml sout
250 g botter, by kamertemperatuur                       
250 ml room
200 ml fyn appelkooskonfyt                                       
30 ml koekmeelblom
1 eier                                                                                    
25 ml melk
Sif bruismeel en sout saam.  Vryf die botter in, voeg die room by en maak aan tot deeg.
Vermeng die appelkooskonfyt en koekmeel goed.  Klits die eier en melk saam.  Rol bietjies-bietjies van die deeg dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.  Druk sirkels, 80 mm in deursnee, met koekiedrukker af.  Maak die rand van elke sirkel klam met bietjie water.  Skep ‘n klontjie van die konfytmengsel in die middel van elke deegsirkel.  Vou die deeg toe in ‘n halfmaantjie en verseel die rand.  Plaas deeghalfmaantjies op ‘n gesmeerde bakplaat en bestryk dit met die eiermengsel.  Bak dit 10 min op middelste oondrak by 200ºC.  Laat die tertjies effens afkoel op die bakplaat voordat dit op ‘n afkoelrak geplaas word om heeltemal af te koel.