HEERLIKE KOOLSLAAI

Rina

Bestanddele
750 ml fyngekapte, rou kopkool                                    
1 appel, geskil en grof gerasper
1 groot wortel, geskil en grof gerasper                         
5 ml gedroogde basieliekruid
125 ml gekapte okkerneute                                          
125 ml korente
125 ml vars lemoensap                                                
30 ml dik room
5 ml strooisuiker (opsioneel)                                        
sout en swartpeper na smaak

Metode
Meng al die bestanddele liggies saam, behalwe die sap en room.  Giet sap oor en roer dan die room deur en geur soos nodig.  Skep in ‘n aantreklike slaaibak of individuele bakkies en garneer.

Advertisements

Koolslaai met Jogurtsous

Jan van Niekerk

Lewer 24 porsies

Bestanddele
2 Koolkoppe, fyn gekerf
250 ml Pitlose rosyne
1 Pynappel, in blokkies gesny
4 Wortels, gerasper

Jogurtsous:
600 ml Natuurlike jogurt
60 ml Heuning
60 ml suurlemoensap
30 ml Suurlemoenskil
40 ml Gemmerwortel

Metode:
Meng die bestanddele vir die slaai in ‘n groot mengbak saam. Meng die sousbestanddele saam en giet dit oor die slaai. Roer liggies deur en skep in 2 slaaibakke. Plaas in die yskas vir 2 ure voor opdiening. Lewer 24 porsies.

Koolslaai

 

Bestanddele
½ koolkop                                                                                          
125ml sultanas
1 pynappel, geskil en gerasper                                  
2 piesangs, geskil en gesnipper
125ml mayonnaise                                                                         
25ml kondensmelk
25ml vars melk
Metode
Laat die kool in soutwater lê om onsuiwerhede te verwyder. Dreineer en rasper fyn.
Voeg die sultanas, pynappel en piesang by. Meng die mayonnaise, kondens- en vars melk en voeg by die koolmengsel. Roer liggies.
Wenk
Doop piesangs of avokadopeer, skil en al, 2 sekondes lank in kookwater om verkleuring te voorkom.