HERBED PITA SALAD

Ingredients
3 Pita pockets
1 lettuce pack
1 punnet baby tomatoes
Half a cucumber- diced
1 bunch spring onion- sliced @ an angle 1 red onion- finely julienned
Fresh mint, coriander and parsley

Dressing
60ml freshly squeezed lemon juice 1/2 tsp salt
1/2 tsp garlic flakes 1/2 tsp lemon pepper 60ml olive oil
Mix everything together

Method
Preheat the oven to 160.
Cut pita bread into small wedges, brush with chopped garlic and olive oil and place in oven to toast on both sides until golden. Toss together in a bowl, the lettuce, baby tomatoes, red onion, spring onion, and freshly chopped herbs.
Then top with the diced cucumber.
Pour over the dressing and garnish with toasted pita before serving

Advertisements
 

Planne met Mint

Alida Schultz
Ek neem gewoontlik sommer 2 tot 3 koppies gekerfde mint ‘n halwe koppie suiker, ‘n knippie sout en kook dit in omtrent 3 koppies water tot goed sag maar moet nie “dood”kook nie. Dan haal ek dit van die stoof af (of self gouer in die mikrogolf) laat effe afkoel, en voeg dan 1 koevertjie (15ml) gelitien by. Roer goed deur en bottel!! Siedaar mintjelly!!!

Dis ook heerlik om te trek soos ‘n tee, suiker na smaak by te voeg en in die yskas te bêre vir ‘n heerlike verfrissende somer drankie basis. Daarby kan jy appelstukke voeg, kersies ingooi, ystee maak, ens daar is geweldig baie om te doen daarmee.

Ook is dit baie oulik veral nou met Kerstyd om die mintblare in ysbakkies met water te voeg en te vries vir dekorasie saam met jou pons of enige ander drankies, dit lyk baie mooi en proe vars. Mint vries ook net so in ‘n sakkie in die vrieskas baie suksesvol.

Okkie
sien http://whatscookingamerica.net/Q-A/MintDrying.htm om mint te droog
sien allrecipes.com/recipe/mint-jelly vir mint jellie
sien http://www.preservingyourharvest.com/FreezingMint.html om mint te vries

Jannette Peach
Maak n heerlike verfrissende drankie en baiegesond met die mint blare – Groot komkommer , mint – klein bietjie suiker as jy wil. Pulp en gooi water by. Diep op met lekker ys. Lyk mooi en is baie lekker. Vervang komkommer met papaja of waterlemoen / spanspek.

Anri
Vir mint in tuin help vir miere en muskiete. Daar is resepte wat jy mint kan gebruik. Jy kan dit ook laat droog word en gebruik in sekere kosse.

 

Aartappelsaai ~ Jan 5 (Eiers, kruie)

Nog ‘n skepping van Jan van Niekerk

Die dag was maar stil toe kom ek so twee uur huis toe. My vrou vra of ek nie
wil ‘n stukkie hoender braai nie. Ek maak toe die volgende aartappelslaai
wat nogal baie lekker uitgekom het.

Hoop ons vriende geniet dit ook soos my mense.
4 Groot aartappels
1 Groot ui
1 Groen soetrissie
3 Hard gekookte eiers
250 ml Cross & Blackwell Mayonaize
30 ml Kondensmelk
15 ml Varsgekapte grasui
30 ml Fyn gekapte pietersielie of 5 ml droë pietersielie
5 ml Oreganum
3 ml Tiemie
5 ml Varsgemaalde swartpeper
3 ml Cayenne peper
3 ml Paprika

Metode:
Kook aartappels vir 18 minute in soutwater, spoel af met koue water en trek skille af.  Sny in blokkies of skywe soos verkies en plaas in slaaibak.  Kerf ui en soetrissie fyn en hou eenkant. Kook eiers vir 10 minute en plaas in koue water. Dop af en sny in blokkies. 

SOUS
Meng mayonnaize, kondensmelk, pietersielie, grasui, tiemie. oreganum, peper en cayenne peper saam.  Gooi oor slaai en meng goed deur met ‘n vurk.  Voeg die eierblokkies by en meng liggies. Sprinkel Paprika oor..  Laat afkoel in yskas.  Verkieslik oornag. Lewer 4 tot 6 porsies.