KRUMMELPAP

Woumarie

Bestanddele
500ml mieliemeel
500ml water
2.5ml sout

METODE:
Kook water in kastrol, voeg sout by. Skep mieliemeel in die kokende water sodat dit ‘n hopie vorm en plaas deksel op die kastrol.
Laat op lae hitte prut vir 45minute. Die inhoud moet eers na 45minute vir eerste keer geroer word. Roer deeglik totdat die hele inhoud ‘n krummelrige tekstuur het.

Wenk
‘n Homp botter in die pap ingeroer maak die pap net lekkerder

Advertisements