GROOT GEELKOEK

Vir plaatkoeke, laagkoeke, kolwyntjies en lamingtons)
8 k bruismeel                                                           
knippie sout
250 g botter/margarien                                       
4 k suiker
6 groot eiers                                                            
3 k water/melk
3 t vanielje/suurlemoen essens
Verhit oond tot 180ºC.  Smeer twee vierkantige panne van 23 x 23 cm, een groot oondbraaipan of ‘n paar kolwyntjiepanne.  Sit botterpapier op die boom van die koekpanne, smeer die papier en bestrooi liggies met koekmeelblom.
Sif bruismeel en sout saam.  Verroom botter en suiker tot lig en donsig.  Voeg eiers een-een by die smeermengsel en klits deeglik na elke byvoeging.  Voeg die meelmengsel beurtelings met die melk/water by die eiermengsel en meng deeglik.  Voeg die geursel by en meng deeglik.
Gooi beslag in panne en bak die groot hoeveelheid ongeveer 40 minute lank en die kleiner panne korter.  Laat die koek ‘n minuut lank in die panne afkoel en keer op ‘n afkoelrak uit.
Vir lamingtons (ystervarkies):
4 k suiker                                                                    
 2 k water
50 ml kakao                                                              
knippie sout
1 e botter/margarien                                           
7,5 ml vanilla,  gedroogde klapper
Verhit alle bestanddele behalwe die geursel in ‘n swaarboomkastrol oor matige hitte.  Roer totdat die suiker opgelos het.  Verhoog die hitte, bring tot kookpunt en kook 5 minute.  Haal van stoof af, voeg die geursel by en sit die kastrol in ‘n bak met warm water.
Doop blokkies Geelkoek (5 x 5 cm) in die stroop en sit op ‘n draadrak sodat die oortollige stroop kan afdrup en rol dan in klapper.
Advertisements