KRUMMEL-MAALVLEISPASTEI 

Rika Theron
4 – 6 porsies

Bestanddele: 
1 ui, fyngekap,
2 knoffelhuisies, fyngedruk,
olie,
500 g maalvleis,
1 blik gebakte boontjies in tamatiesous,
15 ml Worcestersous,
paar druppels tabascosous,
sout en swartpeper.  

Bolaag:
60 ml botter,
200 ml koekmeel,
2 ml basielkruid,
200 ml Cheddarkaas, gerasper.

Metode: 
Verhit oond tot 180°C.  Smeer ‘n oondvaste bak.  Soteer die ui en knoffel in ‘n klein bietjie olie in ‘n pan tot sag.  Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en braai tot effens bruin.  Voeg die gebakte boontjies by en geur met die Worcestersous en tabascosous, asook sout en swartpeper na smaak.  Skep in voorbereide bak.  Vryf botter met vingerpunte in koekmeel.  Voeg basielkruid en kaas by en meng goed.  Sprinkel oor die mengsel.  Bak sowat 20 tot 30 minute lank tot goudbruin van bo.  Dien op saam met slaai.

 

Advertisements
 

Ertjies en Patat

Isabel Lombard

Ons het so paar pakkies gevriesde groente, maar daar is nie genoeg in ‘n pakkie om vir ons gaar te maak vir ‘n ete nie. Vroulief kom toe en sê gooi die ertjies en patat bymekaar en maak dit soet.

Bestanddele Groente
Gevriesde ertjies
Gevriesdie Patats
Neem genoeg ertjies en patat vir die gesin.

Bestaanddele Sous
Botter of Margarien
Suiker
Die sous moet ten minste die pot se boom bedek.

Metode
Kook die ertjies en patat saam tot sag. Sodra sag gooi in vergietis sodat die water kan dreineer. Sit nou so paar hompe botter in die pot en laat dit smelt. Gooi nou suiker by. Roer botter en suiker mengsel aanhoudend tot diy lig bruin is. Gooi die die ertjies en patat by en roer deur sodat die botter suiker sous die ertjie en patat bedek.

 

AGT-LEPEL-POEDING

Anna Eksteen

Bestanddele
8 gelykvol eetlepels margarien
8 gelykvol eetlepels appelkooskonfyt
8 hoogvol eetlepels koekmeelblom
8 gelykvol eetlepels suiker
10ml koeksoda
500ml melk

Metode
Smelt margarien en konfyt oor lae hitte in ‘n kastrol. Meng koekmeel en suiker. Los koeksoda in melk op en meng met droe bestanddele. Voeg gesmelte margarien en konfyt by. Roer om goed te meng. Die mengsel is loperig. Gooi in ‘n gesmeerde bak, sit deksel op en bak in voorverhitte oond van 180C tot bruin. Die poeding is ook baie geskik vir bevriesing.

 

WORTELKOEK:

Anna Eksteen

Bestanddele
500 ml bruismeel
2 groot piesangs
10ml bakpoeier
200ml sagte bruinsuiker
knippie sout
250ml grof gerasperde wortels
125ml pekanneute
2 groot eiers
150ml sonneblomolie
5ml kaneel
1ml neutmuskaat

Metode
Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam. Kap neute, skil en verpulp piesangs. Roer pekanneute, piesangmoes, bruinsuiker en gerasperde geelwortel by meelmengsel. Maak ‘n holte in die middel en giet eiers en sonneblomolie daarin. Klop alles saam tot gemeng. Skep beslag in pan. Bak 45 minute tot ‘n uur tot gaar by 180ºC.

Versiersel
Klits 250 ml botter baie goed. Vou in met ‘n lepel 1 en ‘n driekwart bakkies (230-250 g elk) Simonsberg roomkaas, meng goed deur, maar moenie klits nie. Sif by 375 ml versiersuiker en 2 ml vanilla essense en meng goed saam. Versier wortelkoek en sprinkel met okkerneute.

 

BUTTERNUT SKYWE MET GARLIC

Lynette Muller

Bestanddele en Metode
Sny jou butternut in dik skywe – met skil aan. Smeer lekker homp botter op en knoffelvlokkies, sout en gemaalde swartpeper – sny ‘n ui in skywe en sit die skyf ui bo-op die butternut. Maak indeviduele pakkies. Maak pakkie toe met foelie en maak gaar op die kole of in die oond.

 

Kitspoeding koekies

Rohanja

Bestanddele
2 k suiker
500 g botter
4 eiers
1 kg bruismeel
2 pk kitspoeding enige geur

Metode
Room suiker en botter. Eiers een vir een by en klits goed. Sif meel en poeding oor mengsel en meng tot deeg vorm. Rol deeg uit en druk koekies met vorm uit. Bak 15 min by 180°.

 

Kaaskrul Jaffels

Lynette Muller

Bestanddele
Melrose kaassmeer (biltong of spekgeur)
Kaaskrulle (Willards)

Metode
Smeer brood aan buitekant botter
Smeer kaassmeer op en pak kaaskrulle enkellaag
Bak in snackwich tot bruin

Wenk
Die kaaskrulle kan met “Flings” vervang word en die kaassmeer met wit “Parmalat Funky Cow Wedges” vir ‘n ander smaaksensasie.

 

KERRIEVIS

Lynette Muller

Bestanddele Sous
275 ml asyn – meer of minder na gelang van die sterkte wat u gebruik.
30 ml appelkooskonfyt
125 ml water
10 ml sout
25 ml kerriepoeier – matig sterk
2 – 5 ml peper
50 ml suiker
100 g sultanas
25 g margarien of botter
10ml borrie
4 Lourier of suurlemoenblare.

Bestanddele Vis
6 Groot uie
2 Kg stokvis in mote gesny en met sout en peper besprinkel.

Metode Vis
Bak gaar in vlak warm olie.
6 Groot uie in ringe gesny en in bietjie olie en margarien gebraai tot gaar. (Maar nie bruin nie.)
Pak gaar vis wat in netjies porsies gebreek is en grate verwyder is, in ‘n erde of glashouer in lae om die beurt met gesmoorde uie.

KERRIESOUS:
Berei voor in dieselfde pan waarin die uie gesmoor is.
Smelt margarien oor lae hitte, braai droë bestandele effens daarin, roer appelkoskonfyt by, voeg lourierblare en sultanas by en dan die asyn en water.
Bring stadig tot kookpunt, kook ongeveer 10 minute en gooi oor voorbereide vis.

N.S. Proe gerus eers of die sous nog ‘n bietjie asy, sout of suiker benodig. Die sous mag effens verdik word met ± 12 ½ ml meelblom wat saam met die droë bestandele gemeng is, maar dit is nie aan te beveel as u die vis vir ‘n redelike lang tyd wil bewaar nie.

Hierdie vis word, nadat dit afgekoel het, bedek en in yskas geplaas. Gereed na sowat 3 dae.