RICE KRISPIES BLOKKIES:

Lynette Muller
Lewer sowat 25 blokkies.

bestanddele
4 stafies (44 g elk) Bar-one-sjokolade
120 g botter
150 ml suiker
25 ml goue stroop
4 x 250 ml (4 koppies) Rice Krispies

MAAK SO:
Smeer of spuit ‘n 15 cm koekpan. Breek die sjokolade in blokkies en voeg die botter, suiker en goue stroop by. Verhit oor stadige hitte totdat die sjokolade gesmelt is, roer nou en dan. Voeg die rysvlokkies by en meng deur. Druk vas in die voorbereide pan en laat afkoel tot stewig. Sny in blokkies en bere in die yskas.

Advertisements
 

Turkish Delights

Rohanja

Bestanddele
500 ml. Water
5 ml. kremetart
80 ml. Gelatine
10 ml. lemon essence
25 ml. Gouestroop
10 ml. vanilla essence
rooi kleursel
25 ml. meel
25 ml. Versier suiker
50 ml. wit suiker

Metode
Verhit die water, suiker gelatien, stroop en kremetart tot kook punt. Kook 5 min. en roer vinnig. Oppas vir oorkook. Haal van stoof en roer by lemon en vanilla essence. Gooi helfte in pan en kleur res rooi en gooi dan in ander pan. Laat stol en sny. Rol in versier suiker en meel.

 

Klapperys Idees

Lynette Muller

Maak: 1 hoeveelheid
Bereidingstyd: 30 minute

Bestanddele
280 g (500 ml) versiersuiker
1 ml kremetart
1 blik (397 g) kondensmelk
270 g (865 ml) droë klapper
pienk koskleursel

Metode
Smeer ’n vierkantige 20 cmkoekpan. Sif die versiersuiker en kremetart saam. Voeg die kondensmelk en die helfte van die klapper by en roer goed. Roer die orige klapper by tot alles saamklou. Verdeel die mengsel in twee. Kleur een helfte pienk. Druk die pienk mengsel in die koekpan vas, gevolg deur die wit mengsel. Sit dit vir ’n uur in die yskas. Sny dit in blokkies en bêre dit in ’n lugdigte houer.

Geurvariasies:
Bosbessie & Roos:
Voeg ’n paar druppels rooswater by die wit mengsel. Voeg 80 ml gekapte droë bosbessies by die pienk mengsel.

Suurlemoen Of Lemmetjie:
Verdeel die mengsel in die helfte en kleur een deel met ’n druppel groen of geel koskleursel, of los albei dele wit. Voeg 10 ml gerasperde suurlemoen- of lemmetjieskil by die een helfte van die mengsel.

Piña Colada:
Voeg 30 ml gekapte droë pynappel en ’n druppel pynappelgeursel by die mengsel. Los dit wit, of kleur dit met ’n druppel geel koskleursel.

Reënboog (‘neapolitan’):
Verdeel die mengsel in drie. Los een deel wit. Kleur nog ’n deel pienk en voeg ’n druppel aarbeigeursel by. Voeg 30 ml kakaopoeier by die orige derde. Knie die kakao in om dit goed te versprei. Druk eers die pienk laag in die koekpan vas, dan die wit laag en laastens die sjokoladelaag. Sny dit in skywe.

Verpak dit so
Pak die klapperys in klein boksies en versier dit met ’n etiket wat jy self gemaak het en mooi lint.

Pienk Harte
Maak ’n basiese hoeveelheid klapperys volgens die resep hier bo. Verdeel dit in twee of drie dele en kleur dit in verskillende skakerings van pienk. Rol elke kleur op ’n aparte stuk bakpapier uit. Wag tot dit styf is en gebruik dan ’n hartvormige koekiedrukker om harte uit te druk. Laat oornag staan op bakplate wat met bakpapier gevoer is. Pak die harte in glasflesse, plak ’n mooi etiket op die deksel en rond dit af deur lint of kant om die rand van die deksel vas te bind.

Klapperys-Lollies
Maak ’n basiese hoeveelheid klapperys volgens die resep hier bo. Los dit wit of kleur dit met ’n paar druppels pienk koskleursel. Rol die mengsel in klein bolletjies omtrent so groot soos okkerneute. Pak die bolletjies op bakplate wat met bakpapier gevoer is. Smelt 200 g witsjokolade in ’n glasbak, roer dit tot glad en laat dit eenkant staan om effens af te koel. Koop stokkielekker-stokkies by ’n bakwinkel, of gebruik sosatiestokkies. Steek ’n stokkie in elke bolletjie en doop dit dan in die sjokolade. Druk die lollies in ’n stuk polistireen of bloemiste-oase sodat dit regop staan terwyl die sjokolade stol. Wanneer dit amper hard is, kan jy droë klapper, klapperskaafsels of kleurstrooisels bo-oor strooi. Laat die sjokolade heeltemal hard word. Pak die lollies in sellofaanboksies – pons ’n gaatjie aan die bokant van die boks en druk die stokkie deur die gaatjie.

 

SUURLEMOEN JELLIELEKKERS:

Anna Eksteen

Bestanddele
30ml gelatien
160ml water
125ml suurlemoensap
160ml lemmetjiesap
160ml strooisuiker
160ml glukosestroop (kry by apteek)
groen voedselkleursel (opsioneel)
125ml versiersuiker
60ml mielieblom

Metode
Strooi gelatien oor koue water in koppie. Verhit oor pruttende water tot opgelos sodra gelatien gestol het. Verhit vrugtesappe, suiker en glukosestroop oor lae hitte, sonder om te kook, totdat suiker opgelos het. Roer gelatienmengsel en voedselkleursel by sodra opgelos. Giet mengsel in uitgespoelde pan van 15x15cm. Laat afkoel. Bedek en plaas ‘n paar uur in yskas. Keer stolvorm uit en sny in 3cm blokkies. Plaas blokkies op uitgespoelde bakplaat en laat staan sowat 2 dae lank of tot blokkies hul taaiheid verloor het. Rol blokkies in mengsel van gesifte versiersuiker en mielieblom en verpak in blikkies of boksies.

 

Kits Fondant Lekkergoed

Koekoes Vorster

Betsanddele
454 g Versiersuiker
1 Blik kondensmelk

Metode
Sif 454 Gram versiersuiker en meng met 1 x 385Gram blik kondens melk tot die mengsel glad en romerig is. Skep die mengsel op n deegplank wat met mielieblom (maizena)bestrooi is uit en knie baie goed deur.
Maak balletjies en rol dit in klapper of geroosterde klapper of gebreekte neute of gerasperde sjokolade. Laat staan om te stol.

Variasie:
Koffie Fondant
Vir koffie fondant voeg Nescafe Espresso of koffie poeier by na smaak. Begin met 2 vol teelepels en voeg nog by indien n sterker geur verkies word.

Pepperment fondant:
Voeg groen kleursel en Pepperment olie of geursel by.

Dadel fondant:
Vul ontpitte dadels met die fondant mengsel

 

Ongebakte hawermout sjokolade koekies

Bestanddele
2 k suiker
1 k botter (in blokkies gesny)
½ k melk of water
½ k kakao
2 k hawermout (rou)
2 k klapper
2 t vanilla

Metode
Meng suiker, botter, melk en kakao en roer oor stadige hitte totdat die suiker opgelos en die botter gesmelt is. Verhoog die hitte en laat die mengsel kookpunt bereik. Kook vir 5 minute totdat dit begin borrel. Meng intussen die hawermout en klapper en hou gereed. Verwyder kakao-mengsel van die hitte en roer die vanilla by. Roer die hawermoutmengsel by en skep lepelsvol in hopies op ‘n gesmeerde bakplaat of skinkbord. Laat koud word en plaas in die koelkas.

 

GRONDBOONTJIE FUDGE

Lynette Muller
As jy mal is oor grondboontjiebotter sal jy hierdie sagte fudge verslind.
Bedien 8 tot 10

BESTANDELE:
150 g ongesoute botter, opgekap
80 ml room (single of pouring cream)
1 ½ cups (390 g) gladde grondboonbotter
5 ml vanieljegeursel
2 ½ cups
(400g) versiersuiker, gesif

METODE:
Voer ‘n liggesmeerde vierkantige 20 cm bakpan met bakpapier uit. Hou eenkant.
Plaas die botter, room, grondboontjiebotter en vanielje in in medium kastrol oor matige hitte. Terwyl jy roer, laat kook tot die botter en grondboonbotter gesmelt het en die mengsel net begin opkook.
Plaas die versiersuiker in ‘n mengbak en gooi die grondboonbottermengsel bo-oor.
Werk nou vinnig en meng dit goed deur en gooi dan in die voorbereide pan.
Bedek met kleefvrye bakpapier, laat effe afkoel en laat in die yskas vir 2 ure tot geset.
Sny in blokkies. Dit hou tot twee weke in die yskas.

WENK: Om die fudge se bokant glad te kry, plaas kleefvrye bakpapier bo-op die fudge en druk ‘n 18 cm vierkantige koekpan bo-op om die oppervlakte mooi glad te maak.

 

Klapper Makarons (oftewel coconut macaroons)

Coconut macaroon resep 1
Resep deur By:Eagle brand

 

 

 

 

1  blik kondens melk
1 eier wit, styf geklits
2 teelepels vanilla geursel
1 1/2 teelepel amandel geursel
400 gram  klapper

Voorverhit oon op 162C.
Voer n bakplaat uit met foelie, dan smeer of spray a cook en sprinkel liggies met koekmeel
In n groot bank, meng alles goed deur.
Drup lepelsvol op die bakplaat en druk effens plat met n lepel.
Bak 15 tot 17 minute tot dit effens begin verbruin op die kante.
Haal dit dadelik van die bakplaat af (gebruik en eier ligter) anders sit dit vas as dit daar koud word.
Koel heeltemal af en bêre dit teen kamertemperatuur.

foto: Allrecipes.com

 

**Coconut macaroons resep 2
Baie ligte makaroon


 

 

 

 

 

 

2 eier witte
1/2t amandel geursel
200g klapper
1/3K wit strooi suiker
3E koekmeel
1/8t sout

Voorverhit oond op 165C
Smeer 2 bakplate (of smeer en voer uit met bak papier)
Klits eierwitte effens styf en voeg die geursel by
Meng die klapper, suiker, meel en sout n groot mengbak.
Meng die eietwitte liggies deur.
Skep lepelsvol op n bakplaat.
Bak tot die kante begin verbruin.
Lig dadelik af en laat op n afkoel rak koud word

ALL RIGHTS RESERVED © 2017 Allrecipes.com

***Coconut macaroon Resep 3


 

 

 

 

 

 

 

2/3K Koekmeel
5 1/2k Klapper
1/4t Sout
1 Blik Kondens melk
2t Vanilla geursel

Voorverhit oond op 175C
Voer koekie plate uit met bak papier of foelie
In n groot bak, meng die koekmeel, klapper en sout
Roer die kondensmelk en vanilla by.
Meng met jou hande tot goed gemeng.
Gebruik n roomys opskep lepel en skep plaas n skeppie op die bakplaat
Die koekies moet golfbal groottes wees.
Bak vir 12 tot 15 min todat die klapper effens verbruin het
Laat op die bak plaat afkoel

ALL RIGHTS RESERVED © 2017 Allrecipes.com

 

Sjokoladeneutlekkers

Bestanddele
400g suiker
30g kakao
½ koppie (125ml) melk
125g botter in blokkies gesny
300g hawermout (Jungle Oats)
120g klapper
100g okkerneute

Metode
Plaas die suiker, kakao, melk en botter in ‘n kastrol. Roer oor lae hitte tot die botter gesmelt het en die suiker heeltemal opgelos is. Laat kook en prut dan vir 1 minuut. Voeg die hawermout, klapper en okkerneute by die mengsel in die kastrol en roer deeglik. Skep lepels vol daarvan op ‘n bakplaat- werk vinnig voor die mengsel stol. Laat stol en bêre in ‘n lugdigte houer. Lewer ongeveer 30 stukke