HOENDER EN VRUGTESLAAI

Rina

Bestanddele
800g gaar oorskiet-hoender, in stukkies gesny
2 nektariens, ontpit en in wiggies, gesny
2 geelperskes, ontpit en in stukkies gesny
½ spanspek, ontpit, geskil en in blokkies gesny
1 blik mango’s gedreineer en kleiner gesny
2 groen brandrissies, fyn gekap
25g vars koljanderblare, fyn gekap

SLAAISOUS:
30ml mayonnaise
60ml suurroom
sout en vars gemaalde swartpeper
15ml komynsaad, gerooster (opsioneel)

Metode
Meng die hoenderstukkies, vrugte, rissies en vars koljanderblare. Klits die mayonnaise en suurroom saam en klam die slaai liggies aan. Geur goed met sout en vars gemaalde peper en besprinkel met geroosterde komynsaad.

Bedien 6 mense.

Wenk
Jy kan enige vrugte van jou keuse gebruik, bv. Vye, mango of pere. Hierdie slaai sal heerlik wees saam met ‘n bruin saad broodjie

Advertisements

KOLWYNTJIES MET MAALVLEIS

Woumarie
Foto: Food Lovers Recipes

Bestanddele Vleis
500g maalvleis
1ui (fyn gekap)
2 tamaties (fyn gesny)
5ml sout
12,5ml blatjang
12,5ml tamatie sous

Metode Vleis
Braai maalvleis in bietjie botter tot bruin. Voeg ui by en roer braai verder vir 2 tot 3 minute en voeg res van bestanddele by.

Bestanddele Deeg
250ml melk
125ml olie
2 eiers
250ml bruismeel
5ml aromat
2ml sout

METODE VIR DEEG:
Meng bogenoemde bestanddele tot glade deeg.

Metode Kolwyntjies
Smeer kolwyntjie pannetjies en skep 5ml deeg in pan dan 5ml maalvleis en druk effens in met lepel. Bak vir 15 minute in oond van 220*C. Indien kolwyntjie pannetjies groot is word 12,5ml in plaas van 5ml van elk gebruik.

Wenk
Die kolwyntjies kqn gebruik word as vingerhappies

TUNAHAPPIE

Rika Theron
6 porsies

Bestanddele:
6 snye witbrood, korsies verwyder,
botter,
Old Cape mosterd,
1 ui, fyngekap,
2 knoffelhuisies, fyngedruk,
olie,
2 blikke (200 g elk) gesnipperde tuna, gedreineer,
75 ml fyngekapte pieterselie,
375 ml gerasperde Cheddarkaas,
1 groot tamatie, ontvel en in skywe gesny,
sout & peper na smaak,
250 ml melk,
2 eiers,
5 ml paprika.

Metode:
Voorverhit oond tot 180°C. Smeer die brood aan albei kante met botter. Smeer ‘n bietjie mosterd oor die bokant van elke sny brood. Rangskik die brood in ‘n 30 x 21,5 cm oondvaste bak. Soteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die tuna en pieterselie by en skep bo-oor die brood. Sprinkel die kaas oor en pak die tamatieskywe bo-op. Geur goed met sout & peper. Klits melk, eiers en paprika saam en giet oor die tunamengsel. Bak sowat 30 minute lank of totdat die eiermengsel gestol is. Dien warm op.

Vienna Pannekoek:

Rohanja

Bestanddele en Metode
Pannekoeke, wraps, tortillas of iets soortgelyks sal werk. Braai uie en sampioene tot sag. Voeg ringetjies viennas by en roerbraai. Gooi klein bietjie chutney by. Voeg by paar eiers met bietjie melk gemeng en roer tot gaar. Vul met mengsel pannekoek se oppervlak, sprinkel bietjie kaas, sout en peper oor en rol op. Bedien warm Jy kan as jy wil jou uie, sampioene en viennas braai, eenkant sit, scramble eggs maak en dit in lae pak met die kaas heel laaste en dan oprol

Aandete Gereg

Bestanddele
3 e Margarien
1 Groot Ui
1 k Gaar Rys
2½ k Koue Hoendervleis
1 Pakkie Hoendersop
2 k Kookwater

Metode
Braai ui in die margarien tot ligbruin. Voeg die rys by en roer liggies met vurk. Voeg nou die hoender by en meng liggies. Meng sop met die water en gooi oor die rys mengsel. Laat prut vir 40 minute, roer af en toe, en bedien warm.

Aartappel Koekies

Elize van Zyl

Bestanddele
4 Middelgroot Aartappels
1 Middelgroot Ui
1 Eier Sout en peper na smaak
250 ml Meelblom
5 ml Bakpoeier

Metode
Rasper die aartappels grof. Rasper die ui. Meng al die bestanddele goed.
Bak nou lepels vol in die warm kookolie, aan beide kante tot bruin.