Watertandlekker Patats

Jan van Niekerk
Dié patatgereg lok altyd ’n gesprek uit as sy dit voorsit. Niemand kan glo dat dié nederige ou soetpatat so lekker kan wees nie, sê

Bestanddele:
1 kg Patat, geskil en in blokkies gesny
5 ml Sout
Gerasperde, vars neutmuskaat
500 ml Vars room
250 ml Gerasperde, beleë cheddarkaas

Metode:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas die patatblokkies in ’n pot water. Voeg 5 ml sout by en verhit tot kookpunt. Verlaag die temperatuur en kook die patats tot gaar. Dreineer en skep die patats in ’n oondvaste bak. Rasper ’n bietjie vars neutmuskaat oor die patats. Klits die room styf en vou dan die gerasperde kaas daarby in. Skep oor die patats, rasper neutmuskaat oor en bak 35-40 minute tot die bokant van die gereg goudbruin is. Sit voor met braaivleis of jou gunsteling-braaistuk.

Advertisements

“BROWNIES”:

Anna Eksteen

Bestanddele
100ml botter
375ml suiker
100g goeie gehalte bitter sjokolade in blokkies
knippie sout
5ml vanieljegeursel 
3 ekstra groot eiers
250ml koekmeelblom
30ml kakao
100g okkerneute

VERSIERSEL:
100g goeie gehalte bittersjokolade in blokkies
100ml room

Metode
Voorverhit oond tot 180C. Smeer ‘n vierkantige koekpan of vuurvaste bak. Plaas sjokolade en botter in ‘n klein kastrol en roer oor lae hitte totdat alles gesmelt is. Roer suiker en sout by gesmelte botter en sjokolade tot goed gemeng. Voeg vanieljegeursel by. Voeg eiers een-een by en roer deeglik na elke byvoeging om te verseker dat elke eier deeglik ingeroer is, voordat die volgende een bygevoeg word.  Verwyder van plaat en klits die sjokolade mengsel met ‘n handklitser vir een minuuut tot glad en romering. Sif meelblom en kakao saam. Kap okkerneute grof en voeg by. Voeg sjokolademengsel by droë bestanddele en vou in met ‘n groot metaallepel. Giet in voorbereide pan en bak vir 30-35 minute. Verwyder uit oond en laat staan vir 15 minute om af te koel.

BEREI VERSIERSEL:
Plaas room in ‘n klein kastrolletjie en verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en laat met ‘n derde indamp. Verwyder van hitte en roer sjokoladeblokkies by tot gesmelt. Laat staan tot smeerbaar. Maak koek langs kante los en keer versigtig uit. Smeer versiersel oor en sny in blokkies.

Lewer 12 blokkies.

DOOPSOUS

Ingestuur deur Joey Hanekom

Dit hou werklik baie lank, en kan vir enige iets werk.
1 bottel Mayonnaise (790g)
1 blik kondensmelk (385g)
60 ml suurlemoensap
25 ml Worcestorsous
50 ml pietersielie (vars of gedroog)
5 rooi snoepuie, fyn gekerf (gekleurde cocktail uitjies)
4 agurkies, grof gerasper
1 middelslag ui, fyn gekerf
2 ml sout
Knippie rooipeper

Gebruik as broodsmeer, by gekookte eiers, koue vleis, warm vleis, chips, salty crax en enige-iets anders waaraan jy kan dink.

Skrikkelkjaar Poeding

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
3 Eetl botter
1/2 Koppie suiker
1 Koppie meelblom (koekmeel)
2 t Bakpoeier
2 Eiers, geel en wit apart
2 E Strooisuiker
1 ¼ k Koppie melk
3 E Appelkoos of aarbei konfyt
1/4 t Sout

Metode:
Meng die botter, suiker, meelblom, sout, bakpoeier, die geel van eiers en ‘n 1/4 koppie melk
Sit die mengsel in ‘n gesmeerde vuurvaste bakskottel en bak dit 30 min lank of tot gaar by 180 grade C.
Haal dit uit, gooi die 1 kop koue melk bo-op , smeer die konfyt daarop en smeer die styfgeklopte wit van die eiers wat jy styfgeklop het met die strooisuiker bo oor.
Bak weer in die oond tot die skuim bo-op goudbruin is.

Warm vrugteslaai

Bestanddele
100 g droë vye, gehalveer
100 g droë appelkose
100 g pruimedante
45 ml bruinsuiker
1 rooibosteesakkie
250 ml water
1 kaneelstok
1 steranyspeul

Metode
Plaas al die bestanddele saam in ‘n pot en verhit stadig oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Prut liggies, sonder ‘n deksel, tot stroperig en die vrugte sag is. Sit voor met jogurt en muesli of warm vla.

Genoeg vir vier mense.

SUURLEMOEN ROOMYS POEDING

Ingestuur deur Anita
Hierdie is ‘n banting resep

Bestanddele
2 koppies room (styfgeklop),
1/2 koppie suurlemoensap,
2 t suurlemoenskil,
2 eiers,
1 koppie xylitol

BOLAAG:
3 eetl botter,
3 eetl xylitol,
1 koppie gekapte neute

METODE:
Vou die suurlemoensap en skil in die styfgeklopte room in.
Klits die eiers en xylitol tot dik en meng met die room.
Vir bolaag, smelt botter en xylitol en roer die neute in. Laat afkoel en skep dit dan bo-oor die roommengesel.
Laat stol in die vrieskas tot hard.

DANIEL SE TRIFLE:

Met vergunning Anna Eksteen

Bestanddele
1 gebakte Swissroll
4 koppies dik vla (louwarm)
1 pakkie framboosjellie (aangemaak en gestol)
3 groenvye, gekap in stukkies
1 pakkie lemmetjiejellie (aangemaak en gestol)
2 koppies soetwyn (enige soort)
1 pakkie aarbeijellie (aangemaak en gestol)
½ koppie gekapte okkerneute
2 stukke gemmer, in stukkies (wat in stroop lê)
500ml room, styf geklop
3 stukke waatlemoenkonfyt, in stukkies
10 rooi kersies
1 pak Romany Creams of klapperkoekies
“100’s & 1000’s”

Metpde
Pak ‘n deurskynende diep glashouer van bodem tot kant uit met dun gesnyde Swissroll-skywe styf teenmekaar. Giet die soetwyn oor die koek sodat dit deurnat is. Sny die gestolde jellie (al die soorte) in klein blokkies en meng dit. Skep ‘n laag in bak, pak ‘n paar Romany Creams op en gooi stukkies vye, waatlemoenstukke en gemmer bo-op. Gooi dan toe met vla lekker dik. Herhaal proses totdat alles klaar is. Versier met room en kersies en “100’s & 1000’s”. Laat staan vir 10 uur voor eet.

Wyn Roomys

Bestanddele
2 k (500 ml) Two Oceans Shiraz
2 kaneelstokkies
6 kruinaeltjies
6 kardamompeule
1 t vanieljepasta of 1 vanieljepeul, in die lengte gehalveer
2 ster-anyse
2 blikkies koejawels in stroop
1 k (250 ml) slagroom
1 blikkie kondensmelk

Lewer 6-8 porsies
Bereidingstyd 10 minute

Metode
1 Voeg rooiwyn, speserye en koejawels (met die stroop) in middelslagkastrol oor matige hitte bymekaar. Laat prut 20-30 minute of tot wyn afgedamp het en stroperige tekstuur verkry. Verwyder van hitte, haal speserye uit en gooi dit weg. Druk koejawels met vurk of houtlepel fyn. Verwyder twee of drie eetlepels daarvan en hou eenkant tot bediening.

2 Klop room intussen tot lig, drup kondensmelk daarin en vou saggies om te kombineer. Vou koejawelmoes en glühweinstroop ook in.

3 Plaas in broodpan wat met bakpapier uitgevoer is, of in vriesbestande houer en vries drie tot vier ure lank, of tot gestol.