Basaar Fudge – Ma Ria Vorster se resep

Koekoes Vorster

Bestanddele
2 x 250ml Suiker
1 x 250ml koekmeelblom
1 blik Kondens melk + 1 (kondensmelk) blik water
3E Goue stroop
250g Botter
1EAsyn
1.2t Kremetart + 1E water
Vanielje geursel  na smaak (gemiddeld 1.5 t)

Metode
Meng die suiker en gesifte meel goed saam en gooi in n groot kastrol. Voeg die Kondensmelk, water, stroop,asyn en botter by. Roer oor n lae hitte totdat alles gesmelt is. Sodra die mengsel begin kook, voeg die krematart, opgelos in die 1E water by. Kook tot n sagtebal stdium. Dit neem ongeveer 20 min.
Voeg geursel bny en klits goed, totdat mengsel begin dik word. Giet in n gesmeerde pan. Sny in blokkies wanneer styf maar nog nie heeltemal hard nie.

Wenk
Ek kook gewoonlik my fudge in die mikrogolf. Want ek kry dit selde of ooit mooi op die stoof. Maar hierdie resep werk. En is heerlik. Ek het hom gemaak met skoonmoeder Ria wat byderhand was. Dit was haar fudge resep wat sy altyd gebruik het.

Ek het al jare terug vir my n fudge pan aangeskaf. Dit maak dit net makliker om al die blokkies presies dieselfde grootte gesny te kry. Ek het myne by die plaaslike bak winkel gekoop. Baie van die markte hou dit ook aan. Dit is natuurlik begin deur die Pannemerwe mense.

Advertisements