SPAGHETTI BOLOGNAISE

Woumarie

BESTANDELE:
Olyfolie
500 gram maalvleis
1 blikkie tamatie puree
1 blikkie tamatie- en uiesmoor (Basiliekruid en Origanumgeur)
1 ui
1 groenrissie
gerasperde Cheddarkaas
Suiker
Rooiwynasyn
Rooiwyn

METODE:
Braai die ui in ‘n bietjie olyfolie tot goudbruin. Voeg groenrissie by enbraai. Voeg rou maalvleis by en braai tot bruin.
Voeg tamatiepuree,tamatie- en uiesmoor, suiker (na smaak), rooiwynasyn (na smaak) enrooiwyn (na smaak) by en laat prut vir 20 minute.
Skep maalvleis oor gaar spaghetti en bedien met blatjang en kaas.

Advertisements

KLAPPER EN PIESANG BOBOTIE:

Uit Anna Eksteen se 10 Bestes
Bestanddele 
2 middelslag-uie
1 knoffelhuisie
30 ml sonneblomolie
20 ml matige kerriepoeier
7 ml borrie
1,5 kg maalvleis
1 Granny Smith-appel
60 ml vrugteblatjang
2 ml fyn gerasperde suurlemoenskil                          
1 koppie witbroodkrummels
sap van 1 suurlemoen
12,5 ml sout
2 ml peper                                                                 
250 ml droë wit wyn of bief aftreksel
Bolaag:
50 ml fyn appelkooskonfyt
15 ml suurlemoensap
3 ryp piesangs                                                           
125 ml klapper
250 ml melk                                                              
2 eiers
Skil en kap die uie en knoffel.  Braai dit in die sonneblomolie in ‘n swaarboompot tot sag. Voeg die kerriepoeier en borrie by en roerbraai dit liggies.  Voeg die maalvleis by, roer dit met ‘n groot vurk los en braai dit stadig.  Rasper die appel grof.  Voeg dit by die vleis mengsel saam met die suurlemoenskil en -sap, vrugteblatjang, broodkrummels, sout en peper.  Sit die deksel op en prut die mengsel 30 minute lank oor lae hitte.  Voeg die wyn of biefaftreksel by en meng goed.  Skep die vleismengsel in ‘n oondvaste bak met ‘n volume van 3 liter  Verdun die appelkooskonfyt met die suurlemoensap en smeer dit oor die vleismengsel. Skil en sny die piesangs in skyfies.  Rangskik die skyfies op die vleismengsel.  Klits die melk en eiers saam en giet dit bo-oor.  Laat die bobotie ‘n rukkie staan sodat die eiermelk kan intrek.   Strooi die klapper bo-oor. Bak die bobotie sowat 45 minute lank by 190 C totdat die eiermelk gestol en goudbruin is. 

Maalvleis-Kebabs

Bestanddele
1kg Maalvleis                                                                                     
1 ui, gekap
10ml elk knoffel en kruiemengsel, fyn koljander en fyn komyn
10-15 droë appelkose, gekap                                                      
 Sout en peper
 
Metode
Meng al die bestanddele baie goed. Verkoel vir 30 min. Verdeel in 10 gelyke dele. Neem een deel vleis en vorm met die hand om die punt van ‘n metaal kebabstokkie. Druk stewig vas. Rooster oor die kole tot net gaar. Bedien op groente couscous met skeppie ongegeurde jogurt.

Suzie se sout patats

RSG

Bestanddele
4 groot patats
Maalvleis
Witsous
Gerasperde kaas

Metode
Prik patats met vurk en kook in water tot gaar. Sny kruisie in patat en trek oop. Maak jou maalvleis op gewone manier gaar (uie in olie, knoffel, maalvleis, kruie en tamatiepuree). Sit gaar maalvleis op patat. Maak witsous en sit bo-oor maalvleis. Strooi laastens gerasperde kaas oor. Bak in oond vir 30 minute, 180 grade Celsius tot kaas gesmelt het.