Maalvleistoebroodjie

Bestanddele
15 ml (1 e) olie
10 g botter
1 ui, gekap
1 rooi soetrissie, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gemaal
2 groen brandrissies, gekap
500 g beesmaalvleis
80 ml (¼ k) water
250 ml (1 k) tamatiesous
’n paar druppels tabascosous
30 ml (2 e) worcestersous
15 ml (1 e) Dijonmosterd
15 ml (1 e) asyn
15 ml (1 e) bruinsuiker
sout en peper
8 snye brood
kaas

Metode
Verhit die olie en botter in ’n pan oor matige hitte. Voeg die ui en rooi soetrissie by en braai 5 min. of tot sag. Voeg die knoffel en brandrissies by en braai nog ’n minuut terwyl jy gereeld roer. Voeg dan die maalvleis by en kook sowat 10 min. Roer die water, tamatie-, tabasco- en worcestersous, mosterd, asyn, bruinsuiker en geurmiddels in. Bring tot prutpunt. Rooster die brood en smelt die kaas daaroor. Bedek 4 snye met maalvleismengsel en bedek met die oorblywende snye.

Advertisements

Maalvleis Broodjie

Bestanddele
500g maer vleis maalvleis
40g / 75ml koekmeel
50ml melk
5 ml sout
2,5 ml braai speserye
2,5 ml paprika
5ml gemengde droë kruie
5ml bakpoeier
1 eier
10ml tamatiesous
10ml sagte (MILD)  of warm (HOT) chutney
125ml fyngekapte ui
10ml fyngekapte pietersielie

Metode
Voorverhit oond tot 180C en plaas oondrak in middelste posisie van die oond. Smeer een Hulett Foil Loafpan deeglik met botter, of spuit met SPRAY AND COOK. Plaas al die bestanddele in ‘n groot mengbak en roer goed tot eweredig gekombineer. Plaas die mengsel in die gesmeerde broodblik en bak vir 40 minute by 180C tot bruin.

As jy die mengsel in jou broodpannetjie gesit het, sit rou stukkies spek oor, maak sous van houertjie tomato paste, bietjie soya sous of balsamic vinegar sal ook werk, en bietjie bruinsuiker. Smeer lekker dik oor spek en bak gewoonweg soos resep se:

Vleisbroodjie

Bestanddele
1kg maalvleis
1 ui gekap
50ml tamatiesous
15ml aangemaakte mosterd
30ml worcestersous
125ml vars broodkrummels
1 eier
10ml  knoffel
Sout en vars gemaalde swart peper
125g  Repies spek

Metode
Meng al die bestanddele, behalwe die spek saam.  Verdeel die mengsel in twee en vorm twee langwerpige broodjies.   Draai die repies spek om die broodjies en plaas in gesmeerde panne.  Bak by 180 °C vir 45 min. Bedien warm of koud met groente of slaai.