Herderspastei ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 48 porsies

betsanddele
5,5 kg Beesmaalvleis
50 ml Sonneblomolie
1,5 kg Uie, gekap
10 ml Varsgemaalde knoffel
30 ml Sout
10 ml Varsgemaalde swartpeper
15 ml Fyn naeltjies
2,6 l Warm vleisaftreksel
500 ml Tamatiepuree
50 g Koekmeel

Aartappele bolaag
2,4 kg Aartappels, geskil en sag gekook
8 ml Fyn neutmuskaat
400 ml Melk
150 g Botter
15 ml Sout

Metode:
Vleis:
Verhit die olie in ‘n groot kastrol en braai die vleis bruin. Voeg die ui en knoffel by en soteer tot sag. Voeg die geurmiddels, warm aftreksel en tamatiepuree by. Verlaag die hitte,plaas die deksel op en prut vir 30 minute. Verdik die sous met meelblom en water pasta.

Bolaag:
Druk die aartappels fyn, voeg die res van die bestanddele by en meng deeglik. Skep die vleismengsel in oondpanne en skep aartappel bo-oor. Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 20 minute. Lewer 48 porsies.

Advertisements
 

Lekkerste Herders Pastei

Woumarie

Bestanddele
1 ui, fyngekap olie
500g maalvleis
1 tamatie, ontvel en fyn gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
10ml Worcestersous
30ml tamatiepasta
1 ekstra groot eier, geklits
1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel.
60ml gladde maaskaas
4 aartappels, geskil en in stukke gesny
50ml suurroom
50ml Cheddarkaas, gerasper paprika

METODE:
Voorverhit die oond tot 180*C. Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer die ui in olie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die tamatie by en geur met sout en peper. Voeg die Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed. Kook die aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn. Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van die maalvleis en aartappel in die voorbereide oondbak en eindig met aartappel.
Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.

 

Een bak ete

Woumarie

Bestanddele
100 g botter
200 ml koekmeel
1,2 L warm melk
’n knippie muskaatneut
sout en swartpeper na smaak
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
250 g sampioene, in kwarte gesny
250 g pasta van jou keuse
250 g spekvleis, in stukkies gesny
500 g maalvleis
125 ml (½ k) gerasperde kaas

METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smelt die botter en voeg die koekmeel by. Verhit terwyl jy deurentyd roer tot die mengsel begin borrel.
Voeg die warm melk bietjie vir bietjie by terwyl jy aanhou roer. Laat prut tot die sous verdik en gaar is. Geur met muskaatneut, sout en peper. Hou eenkant.

Verhit die olie in ’n kastrol, voeg die ui, groen soetrissie en sampioene by en braai tot die uie deurskynend is. Kook die pasta tot al dente, dreineer en hou eenkant. Wanneer die uie gaar is, voeg die spekvleis by en braai tot die spekvleis amper gaar is. Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en roerbraai tot dit ook gaar is. Skep ’n laag pasta in ’n oondbak, dan ’n laag van die maalvleismengsel en dan ’n laag witsous. Herhaal die proses en sorg dat jy met witsous eindig. Strooi die gerasperde kaas oor en bak 20 minute.

 

AARTAPPEL GEVUL MET GEURIGE MAALVLEIS

Idees

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

Bestanddele
olyfolie
500 g maer beesmaalvleis
1 groot ui, fyn opgekap
1 groen soetrissie,(ontpit en in blokkies gesny)
1 blik tamatiepuree
15 ml Dijon-mosterd
15 ml worcestersous
4 groot gebakte aartappels
slaai om voor te sit

METODE:
Verhit ’n laag olie. Voeg die maalvleis by en braai oor ’n hoë hitte bruin. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die aartappels. Verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir 15 tot 20 minute. Geur na smaak. Maak ’n snit bo in elke aartappel. Druk dit effens oop. Skep van die maalvleis in elke aartappel. Sit voor met slaai.

Wenk
Dié maalvleis is baie veelsydig en kan ook voorgesit word saam met fynaartappels of pasta, of geniet dit in ’n vars rolletjie.
Verdubbel die resep en vries die helfte vir later

 

MOUSAKA

Woumarie

Bestanddele
1 Groot ui, gekap
37,5 ml ( 3 e ) margarien of olie
500 g gemaalde vleis
125 ml ( ½ k ) meelblom
25 ml ( 2 e ) tamatiepasta
10 ml ( 2 t ) suiker
125 ml ( ½ k ) kouewater
10 ml ( 2 t ) gekapte pieterselie
Sout en peper na maak
1 middelmatige eiervrug
25 ml ( 2 e ) olie
375 ml ( 1 ½ k ) melk
5 ml ( 1 t ) suurlemoensap
1 eier
250 ml ( 1 k ) gerasperde skerp cheddarkaas

METODE:
Braai die ui in 12,5 ml ( 1 e ) margarien in `n kastrol tot dit deurskynend is. Voeg die vleis by, roer en braai omtrent 5 minute lank.
Roer 12,5 tot 25 ml ( 1 tot 2 e ) meelblom daarby en kook dit nog 2 minute lank. Meng die tamatiepasta, suiker en water en roer dit by die vleis. Geur met sout en peper na smaak. Sit die deksel op en kook dit 15 min. lank stadig. Skil en sny die eiervrug in skywe of blokkies en braai dit 10 min. lank in die warm olie. Sit die vleis en eiervrug in lae in `n kasserol.

Maak `n witsous van die orige meel, margarien en melk en geur dit met sout en peper na smaak. Voeg die suurlemoensap en 187 ml ( ¾ k ) gerasperde kaas daarby. Klits die eier en roer dit ook by. Gooi die kaassous oor die vleis en strooi die orige kaas daaroor.
Bak dit 30 tot 35 min. lank by 180 C ( 350 F ) tot dit mooi bruin is bo-op.

NOTA: Die eiervrug kan met skyfies aartappel vervang word.

 

Herderspastei ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 48 porsies

Bestanddele
5,5 kg Beesmaalvleis
50 ml Sonneblomolie
1,5 kg Uie, gekap
10 ml Varsgemaalde knoffel
30 ml Sout
10 ml Varsgemaalde swartpeper
15 ml Fyn naeltjies
2,6 l Warm vleisaftreksel
500 ml Tamatiepuree
50 g Koekmeel

Aartappel bolaag
2,4 kg Aartappels, geskil en sag gekook
8 ml Fyn neutmuskaat
400 ml Melk
150 g Botter
15 ml Sout

Metode:
Vleis:
Verhit die olie in ‘n groot kastrol en braai die vleis bruin. Voeg die ui en knoffel by en soteer tot sag. Voeg die geurmiddels, warm aftreksel en tamatiepuree by. Verlaag die hitte,plaas die deksel op en prut vir 30 minute. Verdik die sous met meelblom en water pasta.

Bolaag:
Druk die aartappels fyn, voeg die res van die bestanddele by en meng deeglik. Skep die vleismengsel in oondpanne en skep aartappel bo-oor. Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 20 minute. Lewer 48 porsies.

 

Kerrie Maalvleis met Klappermelk

Woumarie 

Genoeg vir: 4

Bestanddele
15ml olie
1 ui, gekap
1 duim gemmer, gerasper
1 knoffelhuisie, fyngekap
350g maalvleis
15 ml sterk kerriepoeier
15ml tamatiepasta
200ml aftreksel
200ml ertjies
200g kersietamaties, gehalveer
200ml klappermelk
100 ml vars koljander, gekap
200 ml grondboontjies, gekap
basmatirys vir voorsit

METODE:
Braai die ui in die olie tot glansed. Voeg die gemmer en knoffel by en braai vir nog ’n minuut. Braai nou ook die maalvleis tot korrelrig. Voeg die kerriepoeier en tamatiepasta by en braai vir nog ’n minuut. Roer die aftreksel en groente by en kook tot ingedamp – sowat 15 minute. Roer die klappermelk, kruie en grondboontjies by en verhit tot deurwarm. Sit voor met rys.

 

GRIEKSE HERDERSPASTEI

Rika Theron

Bestanddele:
500 g maalvleis (gaar),
1 pak kaassousmengsel,
2 tamaties, geskil en in stukkies gesny,
2 e botter,
2 uie, in dun skyfies gesny,
1 e gekapte pieterselie,
500 g aartappels, geskil en in skywe gesny,
1/2 e gemengde kruie,
sout & peper.

Metode:
Braai uie in vet, voeg tamaties, pieterselie en kruie by. Rangskik aartappelskywe in gesmeerde oondskottel, geur met sout en peper en plaas ‘n laag vleis en dan tamaties en uiemengsel bo-op. Herhaal lae, eindig met aartappels. Maak kaassousmengsel aan volgens aanwysings en gooi bo-oor. Plaas deksel op en bak 1 1/4 uur (180°C) tot aartappels gaar is.

 

OUMA DINIE SE HERDERS PASTEI:

Anna Eksteen

Bestanddele
1 ui, fyngekap 
olie
500g maalvleis 
1 tamatie, ontvel en fyn gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
10ml Worcestersous
30ml tamatiepasta     
1 ekstra groot eier, geklits
1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel. 
60ml gladde maaskaas
4 aartappels, geskil en in stukke gesny 
50ml suurroom
50ml Cheddarkaas, gerasper  
paprika

Metode
Voorverhit die oond tot 180C. Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer die ui in olie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die tamatie by en geur met sout en peper. Voeg die Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed.

Kook die aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn. Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van die maalvleis en aartappel in die voorbereide oondbak en eindig met aartappel. Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.

 

SLOPPY JOE’S

Rika Theron

Bestanddele
500 g maalvleis,
1/2 k fyngekapte uie,
1 aftrekselblokkie,
1/2 k tamatiesous,
1/4 k gekapte groenrissie,
2 t Worcestersous,
1/2 k Corn Flake krummels,
1/2 k Idealmelk,
1 t suurlemoensap,
6 – 8 hamburger rolletjies.

Metode
Sit maalvleis en uie in ‘n kastrol en roer oor medium hitte tot vleis bruin is. Dreineer oortollige vet. Krummel blokkie in en voeg groenrissie, tamatie, Worcestersous en Corn Flake krummels by. Sit deksel op en kook 10 – 15 minute lank oor lae hitte. Meng Idealmelk met suurlemoensap en laat staan ongeveer 5 minute om dik te word. Roer in vleismengsel in. Verhit tot stoomwarmte. Moenie kook nie. Skep mengsel op geroosterde onderhelftes van broodjies en plaas bo-helftes bo-op. Garneer na smaak.