Eenvoudige makaroni en kaas

Kook macaroni in sout water.

Berei maalvleis voor met paprike, sout, peper en bief stock (vars of poeier)

Pak n laag macaroni, dan maalvleis, sprinkel met gerasperde kaas.

Herhaal tot alles opgebruik is en eindig met ‘n kaas laag.

Stip met klontjies botter.

Meng melk en eiers en bak in ‘n gesmeerde vuurvaste skottel op 180C tot effens verbruin bo.

(of gestol)

 

Resep uit my Ma se ou ou kookboeke.

Hoeveelhede in kantlyn aangeteken: 1 pak macaroni, 500g maalvleis, kaas na smaak, 1 en 1/2K melk en 4 eiers geklits saam met die melk.

Advertisements

Macaroni en kaas

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundly

Bestanddele
250ml rou macaroni
2kop melk
3 eiers
1t sout
1k gerasperde cheddarkaas
1/2 k vars broodkrummels
1 eetl botter
Stel oond op 180 grade C.

Metode
Kook macaroni in soutwater tot net gaar.
Dreineer en skep in ‘n gesmeerde oondvaste bak.
Klits melk, eiers en sout saam. Roer kaas by en giet oor macaroni.
Sprinkel broodkrummels oor en sit ‘n klontjie botter bo-oor.
Bak vir 30 min. tot gestol en goudbruin bo-op

Mac and cheese

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundly

1 Pak Macaroni
2kop Cheddar Kaas
1Pak spek (gesnipper0
2 Eiers
1kop Melk
Sout en Peper
Botter
2 Tamaties
Metode:
Kook Macaroni tot sag – dreineer Rasper kaas,sny tamaties in ringetjies,
Klits eiers saam met die melk,
Braai spek net gaar
Smeer Bakskottel en pak lae. Laaste laag moet kaas bo-op wees
Gooi eier en melkmengsel bo-oor stip met n paar klontjies botter en bak tot mooi Goudbruin en gestol ongeveer 25min. by 180C

MACARONI EN KAAS met `n verskil

Ingestuur deur Lynette Muller

Bestanddele en metode
1 pak gaar macaroni

Maak `n dun witsous met 3 koppies melk. Gebruik volgende geur middels – aromate, swart peper en baie belangrik Garlic Parmesan en Origanum seasoning,

Voeg `n blikkie fyn gedrukte bully beef by wit sous.

Meng die wit sous en gedreineerde macaroni saam. Gooi in `n oondpan, rasper cheddar kaas bo-oor Bak in matige oond tot goudbruin.

Laat staan vir 10-15 min voor opdiening sodat die macaroni `n bietjie set. Die geur en smaak is ongelooflik

Macaroni en Vrugteslaai

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele Macaroni
250 G Macaroni
15 ml Olie
1 Klein pynappel geskil en in blokkies gesny of 1 x 410g pynappelstukke
3 Piesangs geskil en in skyfies gesny. Besprinkel met suurlemoensap
1 x 410g Perskeskywe gedreineer
1 x 410g Jong ertjies gedreineer
‘ Paar kruisementblare vir garnering

Bestanddele Sous:
125 ml Bier
125 ml Cross & Blackwell Mayonaise

Metode:
Kook die macaroni in soutwater vir 12 minute.
Dreineer en spoel af onder koue lopende water.
Meng pasta liggies deur met die olie en plaas in slaaibak.
Voeg die pynappel, piesang, perskes,en ertjies by en meng deur.
Gooi die bier en mayonnaise in ‘n fles en skud tot goed gemeng.
Gooi oor die slaai.
Garneer met kruisementblare en plaas in yskas.
Lewer 8 porsies

Variasies:
Vervang perskes met lietjies.
Vervang bier met pynappelstroop of natuurlike jogurt

Platjie se twee-kastrol Macaroni en Kaas

RSG

Bestanddele
500g Macaroni
250g spekrepies
2 koppies gerasperde kaas
6 eiers
3 koppies melk
1 groot ui gekap
2 eetlepels groenrissies
3 eetlepels vars gekapte pietersielie
3 eetlepels kookolie
Sout en peper na smaak

Metode
Kook macaroni – gooi water af, maar moenie afspoel nie. Braai spek met olie tot gaar. Dreineer deur sif en voeg by macaroni. Braai uie en groenrissies en gooi by macaroni. Klits eiers, melk, sout en peper. Voeg ook by macaroni en voeg ‘n koppie kaas in en meng saam. Gooi in gesmeerde oondpan en gooi kaas bo-oor. Bak vir 45 minute teen 180 grade.

Macaroni en Vleis Gereg

Joey

Bestanddele Kors
225 g Rou Maalvleis
½ k Melk
1 k Vars Broodkrummels
1 e Water
1 Fyn Gekapte Ui
‘n Knippie Sout
1 t Worcester sous
1 t Blatjang
1 t Gemengde Kruie

Bestanddele Vulsel
¼ Pak Macaroni
2 k Gerasperde Kaas
1 e Margarien
1 e Meel
3 e Melk
2 Tamaties
1 t Mosterd

Metode Kors
Meng al die bestanddele. Voer gesmeerde tertbak uit met mengsel. Bak 25 minute teen 180ºC.

Metode Vulsel
Kook Macaroni en dreineer. Smelt botter en meel oor lae hitte. Voeg mosterd en twee derdes van kaas en 1 tamatie by. Roer melk by en roer tot dik. Gooi sous oor die macaroni en meng. Skep nou die macaroni mengsel in kors. Sit die orige kaas en tamaties bo oor die gereg. Sit en oond en bak tot lig bruin.