Lynette Muller
Bestanddele
100g (250ml) Macaroni
1L Melk
25ml Botter
2 eiers
50ml Meel
5ml Bakpoeier
Sout
Kaneel
Metode
Mikro 750ml van die melk saam met die macaroni en botter vir 15min op 100% krag. Roer en kook weer vir 5 min. Skei eiers. Klits eiergeel, 250ml van die melk, meel bakpoeier en die sout saam. Voeg by macaroni mengsel en kook vir 6 min op 100% krag.
Klits eiers witte styf (nie droog nie) en vou in. Bedien met kaneel en suiker.