Ertjies en Patat

Isabel Lombard

Ons het so paar pakkies gevriesde groente, maar daar is nie genoeg in ‘n pakkie om vir ons gaar te maak vir ‘n ete nie. Vroulief kom toe en sê gooi die ertjies en patat bymekaar en maak dit soet.

Bestanddele Groente
Gevriesde ertjies
Gevriesdie Patats
Neem genoeg ertjies en patat vir die gesin.

Bestaanddele Sous
Botter of Margarien
Suiker
Die sous moet ten minste die pot se boom bedek.

Metode
Kook die ertjies en patat saam tot sag. Sodra sag gooi in vergietis sodat die water kan dreineer. Sit nou so paar hompe botter in die pot en laat dit smelt. Gooi nou suiker by. Roer botter en suiker mengsel aanhoudend tot diy lig bruin is. Gooi die die ertjies en patat by en roer deur sodat die botter suiker sous die ertjie en patat bedek.

Advertisements

Maalvleistoebroodjie

Bestanddele
15 ml (1 e) olie
10 g botter
1 ui, gekap
1 rooi soetrissie, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gemaal
2 groen brandrissies, gekap
500 g beesmaalvleis
80 ml (¼ k) water
250 ml (1 k) tamatiesous
’n paar druppels tabascosous
30 ml (2 e) worcestersous
15 ml (1 e) Dijonmosterd
15 ml (1 e) asyn
15 ml (1 e) bruinsuiker
sout en peper
8 snye brood
kaas

Metode
Verhit die olie en botter in ’n pan oor matige hitte. Voeg die ui en rooi soetrissie by en braai 5 min. of tot sag. Voeg die knoffel en brandrissies by en braai nog ’n minuut terwyl jy gereeld roer. Voeg dan die maalvleis by en kook sowat 10 min. Roer die water, tamatie-, tabasco- en worcestersous, mosterd, asyn, bruinsuiker en geurmiddels in. Bring tot prutpunt. Rooster die brood en smelt die kaas daaroor. Bedek 4 snye met maalvleismengsel en bedek met die oorblywende snye.

PIESANG BOBOTIE MET SOUTVLEIS

www.flippenlekkerspice.co.za
1 Gekapte ui
Halwe gekapte soetrissie
2 teelepels kerriepoeier
2 teelepels Flippen Lekka Spice
opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt
eetlepel asyn
1 Blik soutvleis (boelie bief)
2 piesangs in skyfies gesny
1 eier
kwart koppie melk.

Metode
Braai ui en soetrissie in olie tot dit begin verkleur. Voeg kerriepoeier en Flippen Lekka Spice by en braai vir 1 minuut. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe melk en eier en roer liggies deur. Plaas in oondvaste bak. Klits eier en melk saam en giet bo-oor. Prik met vurk dat vloeistof effens kan intrek. Bak vir 30 min teen 180 .°C

 

3 Bestanddele Vrugtekoek

Rika Theron

Bestanddele
1 kg vrugtekoekmengsel
2 koppies lemoensap (Jy kan 1 koppie lemoensap vervang met brandewyn)
2 koppies bruismeel

METODE
Voeg die vloeistof by die vrugtekoekmengsel. Verhit dit vir 5 minute in ‘n mikrogolf op hoog. Laat staan vir 2 ure. Meng met dit met die bruismeel. Voer ‘n koekpan uit met bakpapier of botter. Bak vir 2 ure teen 130 grade.

Hoender ala Koning

www.rsg.co.za

Bestanddele
1 hoender
1 liter witsous
1 pakkie vars sampioene, opgekap
1 groen soetrissie, opgekap
1 teelepel paprika
175ml room

METODE
Kook hoender tot gaar. Ontbeen en trek die vel af. Sny in repies of blokkies. Braai die soetrissie en sampioene tot amper gaar. Meng alles.
Plaas in kastrol en prut vir 10 minute. Bedien op witrys met ertjies.

Oongeroosterde groente met couscous

Lynette Muller

Geniet die gereg warm of as slaai

Bestanddele en Metode
1kg gevriesde mix veg (klein blokkies).
Roerbraai met margarien en lekker baie aromat.
Gooi in bak.
Gooi 1 k room en pakkie patatobake bo oor.
Dan gerasperde kaas en bak so 30 min by 180.
Heerlik.

BURGER PATTIES

Lynette Muller

Bestanddele
500 g beesmaalvleis
½ ui, fyngekap
1 eier
hand vol pietersielie, fyngekap
100 g pecorino-kaas, fyngerasper (Dit is ‘n harde Italiaanse Kaas. Enige harde kaas sal werk)
100 g strepiespek (streaky), in klein blokkies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
45 ml olyfolie

Metode
Plaas maalvleis in mengbak. Voeg ui, eier, pietersielie, kaas en spekblokkies by. Meng goed en geur met sout en peper. Vorm agt patties en plaas op bord. Sit patties vir minstens 30 minute in die yskas voor jy dit braai. Verhit olie in pan. Braai patties tot bruin en gaar.

VINNIGE KLITSPOEDING

Lynette Muller

Dit is binne minute gereed om bedien te word.

Bestanndele
1 x 410 g blik yskoue ideal melk
1 pakkie kitspoeding – vanielje of piesang geur
50 ml aarbeikonfyt

METODE:
Klits die ingedampte melk tot styf. Klits die kitspoeding by tot gemeng en laat ‘n paar minute staan. Klits die konfyt by.
Gooi die mengsel in ‘n mooi poedingbak en plaas in die yskas om te stol.