Besige Huisvrou Beskuit

Annetjie Cilliers

Bestanddele
15ml asyn
350-400ml melk
1 ekstra groot eier, geklits
300g margarien, gesmelt
1kg bruismeel
250ml suiker
5ml sout

Metode
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n diep oondpan van 37x27x5cm met kleef werende kossproei of smeer met botter. Meng die asyn met die melk en geklitste eier en voeg by die gesmelte margarien. Meng die droë bestand-dele saam en voeg margarien mengsel by. Meng deur tot ‘n sagte deeg en skep in die voor-bereide pan. Maak gelyk en merk die deeg af in vingers. Bak ongeveer 40 minute lank tot gaar. Laat ongeveer 10 minute lank in die pan afkoel, keer uit. Laat nog afkoel en breek in vingers. Droog uit by 100C. Lewer ongeveer 25 stukke.

Advertisements

Franse brood Pizza

Bestanddele
1 Groot lang Franse brood of 2 kort Franse brode
Knoffelbotter
1 Blik Soutbeesvleis
1 Uitjie
1 Hardgekookte eier
1 Agurkie
25 ml Mayonnaise
12,5 ml Tamatiesous
5 ml Aangemaakte Mosterd
Gerasperde Kaas
Pietersielie

Metode
Voorverhit oond tot 200° C. Halveer die Franse brood oorlangs en smeer met knoffelbotter. Verwyder alle vet van die Soutbeesvleis en maak die vleis fyn. Skil en kap die uitjie fyn. Rasper die eier grof. Snipper die agurkie. Meng die vleis, agurkie, vleis, uitjie mayonnaise en tamatiesous en mosterd. Skep die vulsel op die brood. Strooi kaas oor en bak vir 15 minute. Strooi pietersielie oor sodra uit die oond.

Muesli

Bestanddele
60 ml Heuning
60 ml Kookolie
250 ml Hawermout
250 ml Semels
50 ml Sesamesaad
100 ml Koringkiem
100 ml Klapper
100 g Sonneblom pitte
50 g Droë vrugte (In stukkies gesny)
50 g Rosyne
50 g Neute
‘n Hand vol amandelvlokkies

Metode
Meng heuning en olie in ‘n groot glas mengbak. Mikrogolf op 100% vir een minuut. Roer. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die laaste vyf (Van Sonneblom pitte af). Roer. Mikrogolf op 50% vir ongeveer 15 minute. Roer elke twee minute.
Die mengsel is reg as dit bruin begin verkleur. Koel af en voeg dan die vrugte en neute by. Bêre in lugdigte houers.

Aandete Gereg

Bestanddele
3 e Margarien
1 Groot Ui
1 k Gaar Rys
2½ k Koue Hoendervleis
1 Pakkie Hoendersop
2 k Kookwater

Metode
Braai ui in die margarien tot ligbruin. Voeg die rys by en roer liggies met vurk. Voeg nou die hoender by en meng liggies. Meng sop met die water en gooi oor die rys mengsel. Laat prut vir 40 minute, roer af en toe, en bedien warm.

Aartappel Koekies

Elize van Zyl

Bestanddele
4 Middelgroot Aartappels
1 Middelgroot Ui
1 Eier Sout en peper na smaak
250 ml Meelblom
5 ml Bakpoeier

Metode
Rasper die aartappels grof. Rasper die ui. Meng al die bestanddele goed.
Bak nou lepels vol in die warm kookolie, aan beide kante tot bruin.