HOENDER-EN-MANGOKASSEROL

Rika Theron
6 porsies

Bestanddele:
30 ml botter,
1 ui, fyngekap,
2 mango’s, geskil en in stukkies gesny,
2 ml paprika,
10 – 15 ml kerriepoeier,
40 ml koekmeel,
275 ml hoenderaftreksel,
250 g knopiesampioene, fyngesny,
250 ml dik room, sout en varsgemaalde swartpeper na smaak,
1,3 kg hoenderborsies, ontvel en ontbeen en in stukkies gesny.

Metode:
Verhit oond (180°C) en smeer ‘n oondbak van 27 x 30 cm met margarien. Verhit botter en soteer ui en mango 1 minuut lank. Voeg paprika en kerriepoeier by en roerbraai ‘n verdere minuut lank. Voeg meel by en roer tot glad. Voeg hoenderaftreksel by en verhit tot kookpunt terwyl geroer word. Voeg sampioene by. Wanneer sous verdik en gaar is, verwyder van hitte en voeg room by. Rangskik hoenderstukkies in oondbak, giet sous oor en bak ongeveer 50 minute lank onbedek tot goudbruin en gaar. Dien op met rys of koeskoes en slaai of groente.

Advertisements
 

Chicken Fruit salad

Ingredients
4 Chicken Breasts deboned
2 Apples (or pears)
2 Peaches (or mango if in season)
1 Pineapple
Any othe Fruit like grapes can also be used
Light Salad Yogurt Herb sauce
Mixed Nuts
Couscous

Method
Prepare Couscous for 4 people. Cut the chicken in strips and fry till brown and add salt and spices to taste. Dice the fruit and mix with chicken – sprinkle nuts. Add couscous and mix well. Dress with the salad sauce.

 

Hilda se Mango brûlée

RSG

Bestanddele
4 ryp mango’s
250ml Bulgaarse joghurt
250 ml vars room
Bruin suiker na smaak

Metode
Kap mango’s op in klein stukkies. Klits room en joghurt tot lekker styf. Gooi bo-oor mango’s. Strooi bruinsuiker bo-oor en laat staan in yskas tot wanneer jy dit gaan eet.