BRANDEWYN & COKE T-BONE STEAKS

http://flippenlekkaspices.co.za/retailer-store-locator/

Besstandele
Twee koppies Coke
Halwe koppie brandewyn
Eetlepel Mrs Ball’s-blatjang
Twee eetlepels sojasous
Twee eetlepels goeie asyn
Flippen Lekka Spice na smaak
Goeie gehalte T-Bone Steaks.

Metode
Voeg die Coke en die brandewyn in ‘n pan. Voeg die blatjang by. Kook totdat die hele storie ‘n dunnerige stroop maak. Roer dan die sojasous en asyn by, en kook vir nog vyf minute. Koel af. Bedek die vleis met die sous en los vir 30 minute. Braai nou die steaks op warm kole soos jy of jou gaste hulle wil h . Bedruipê gereeld met die marinade. Geur na smaak met Flippen Lekka Spice. Dieselfde marinade kan ook op skaap- en varktjops gebruik word

Advertisements

Outydse Sosatie Marinade

http://www.sacooking.com

BENODIG:
8 Uie sny in ringe
2 eetlepels Kerriepoeier
1 e Borrie
4 eetlepels Suiker
2 eetlepels Maziena
2 koppies Asyn
2 koppies Water
1 koppie Blatjang
1 koppie Appelkooskonfyt

MAAK SO:
Braai die uie, voeg Kerrie, Borrie, Suiker en asyn by, Meng die Maziena en water. Voeg by mengsel en bly verhit en sodra begin borrel voeg Blatjang en Appelkooskonfyt by. Kook deur en sit af. Gooi oor jou vleis en roer elke dag om. Die lekkerste is as jy dit sewe dae laat marineer. Terloops, varkvleis maak fantastiese sosaties. RUMPSTEAK is net so lekker.

Joghurt Marinade Vir Hoender

Bestanddele
600 ml Joghurt (enige geur)
1 medium ui – fyn gekap
1 huisie knoffel – gekneus
25 ml suurlemoensap
sout + peper na smaak

Metode:
Plaas alle bestanddele in ‘n fles en skud goed tot deur gemeng.
Prik hoender met ‘n vurk en plaas in ‘n bak en giet marinade oor.
Marineer 8 ure of oornag in yskas – dra draai gereeld om.
Braai oor lae hitte kole of in die oond.

Wenk:
As die res van die marinade verhit gaan word om saam met die vleis voorgesit te word, onthou dat joghurt maklik skif op ‘n hoë hitte.
Roer ‘n bietjie mielieblom (5 ml) n die mengsel.
Die joghurt marinade kan ook vir bees en skaap gebruik word.

Appelsap Marinade

Lynette Muller

(Rooi vleis)

Bestanddele
½ Koppie appelsap
1 Koppie balsamiese asyn
1 Eetlepel Italiaanse spesery mengsel
½ Teelepel gemaalde swartpeper
1 Teelepel knoffel poeier
1 Ui, dun gesny

Metode
Gooi al die bestanddele in ʼn bak en meng geleidelik tot die sous bymekaar kom. Plaas die vleis saam met die mengsel in ʼn seël sakkie ʼn marineer vir ten minste 3 ure.

Lendeskywe met Swartbiermarinade

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Swartbier (of stout – dis nou soos Guinness) is in Suid-Afrika dalk nie so gewild terwyl die manne krieket kyk nie, maar ’n Castle Milk Stout gaan góéd af in ’n vleismarinade.
4 Porsies

Bestanddele:
4 Lendeskywe (‘sirloin steaks’)
1 Eetlepel canola-olie
1 Eetlepel swartpeper
1 Knoffelhuisie, gekneus
1 Koppie swartbier (ons het Castle Milk Stout gebruik)
1 Teelepel heuning
½ Koppie biefaftreksel

Metode:
1. Verf die vleis met olie, geur dit met gemaalde swartpeper en hou dit eenkant. Meng die knoffel, bier en heuning en giet dit oor die vleis. Laat dit vir minstens 2 uur marineer, maar verkieslik oornag.
2. Haal die vleis uit die marinade en druk dit versigtig droog met kombuispapier. Hou die orige marinade eenkant. Braai die vleis vir 3-4 minute aan ’n kant oor lekker warm kole.
3. Gooi intussen die orige marinade in ’n kastrolletjie, skink die biefaftreksel by en kook dit vir 10 minute tot dit met die helfte afgekook het. Sit dit voor met ’n groenslaai.

WegSleep sê: Vleis moet verkieslik teen kamertemperatuur voorberei word. Laat staan dus jou steaks vir 15 minute buite die yskas voor jy hulle braai.

Pynappel en Sojasous Marinade

Ingestuur deur Jan van Niekerk

(Vir varktjops of hoenderdye)
Makliker kan as dít kry ’n mens nie! Jy sit net die hele boksemdais – vleis en al – in ’n vriessakkie tot benodig.
Vir 4 | Voorbereityd 5 minute plus marineertyd | Gaarmaaktyd 10 minute

Bestanddele:
1½ Koppie geblikte fyn pynappel
1/3 Koppie soja- of worcestersous
¼ Koppie appelasyn
2 Knoffelhuisies
1 Teelepel gemaalde swartpeper
’n Knippie wonderpeper
6 Varktjops

Metode:
1. 
Pols die pynappel, sojasous, asyn, knoffel en peper saam tot net-net gemeng – die sous moet dik wees.
2. Skink die marinade oor in ’n vriessakkie as jy dit wil bêre, of oor jou tjops in ’n bak as jy dit dieselfde dag nog wil gebruik – laat die vleis vir sowat 2 uur marineer.
3. Haal die tjops uit die marinade en braai dit oor warm kole. Verhit intussen die oorblywende marinade in ’n klein potjie sit die varktjops saam met die warm pynappelmarinade voor.

Wegsleep

DIE OU MANIER VAN KERRIE MARINADE VIR SOSATIES!

Ingestuur deur Lynette Muller

Bestanddele
8 Uie sny in ringe
2 eetlepels Kerriepoeier
1 e Borrie
4 eetlepels Suiker
2 eetlepels Maziena
2 koppies Asyn
2 koppies Water
1 koppie Blatjang
1 koppie Appelkooskonfyt

MAAK SO:
Braai die uie, voeg Kerrie, Borrie, Suiker en asyn by, Meng die Maziena en water. Voeg by mengsel en bly verhit en sodra begin borrel voeg Blatjang en Appelkooskonfyt by. Kook deur en sit af. Gooi oor jou vleis en roer elke dag om. Die lekkerste is as jy dit sewe dae laat marineer. • Terloops, varkvleis maak fantastiese sosaties. RUMPSTEAK is net so lekker.