BILTONG, KAAS- EN UIE-POTBROOD

Anna Eksteen

Bestanddele
500g bruismeel                                                             
1 bier
1½ koppies gerasperde Cheddarkaas                            
250ml fyn (nat!) biltong
125ml fyn, bruingebraaide uie

Metode
Meng die meel en bier goed. Voeg 1 koppie kaas, die biltong en ui by en meng alles saam. Plaas dit in jou gesmeerde pot en bedek met die res van die kaas Bak tot gaar. Toets met ‘n skoon mes of totdat hy onderkant mooi hol klink. Eet warm met plaasbotter en konfyt

VARIASIES:
(Sonder die biltong en uie)
‘n Pakkie droë, bruin uiesop.
‘n Eetlepel of twee Marmite of Frey Bentos.
Neute en rosyne.
Spek (brosgebraai en gekrummel)
Olywe, kappers en ansjovis
Baie vars knoffel en pietersielie; gemengde kruie van jou keuse.

Advertisements

KAAS-EN-MARMITE-MUFFINS

Baie Dankie vir jou resep Sarie du Randt
2 K koekmeel
4t bakpoeier
1 ml sout
Knypie rooi peper
1 ui fyngekap
2 k cheddarkaas fyn gerasper
2 t vars pietersielie
1 k volroommelk
4 e olie
2 ekstra groot eiers
1 e marmite
2 e Botter
 
Stel oond op 180
Sif koekmeel, bakpoeier, sout en rooipeper saam.
Roer kaas, ui pietersielie by gesifte meelmengsel Tot goed gemeng.
Klits melk, olie en eiers saam tot goed gemeng.
Roer eiermengsel by meelmengsel tot deeg vorm, Moenie te veel roer nie.
Verdeel deeg tussen 12 muffin pannetjies wat met Muffinpapiertjies uitgevoer is of goed met kossproei Bespuit is.
 Bak vir 15 min of tot gaar in middle van die oond.
BOLAAG Smelt botter en marmite saam in mikrogolf.
 Steek gaatjies in muffins sodra uit oond kom en giet
Warm botter-marmite mengsel sodat dit dadelik intrek.
Sit louwarm voor saam met botter en kaas.

 

Vrouekeur

Julette se marmite koek

Dankie vir die resep Okkie

Bestanddele:
75 ml botter
200 ml suiker
1 eier geklits
375 ml meel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
250 ml melk

Bolaag
125 ml botter (butter)
10 ml Marmite
125 ml gerasperde kaas (grated cheese)

Metode
Klop botter en suiker. Voeg eier by.
Sif droë bestanddele saam. Voeg saam met melk by botter mengsel.  Meng.
Skep in gesmeerde broodpan.
Bak 25 minute teen 190° C.

Bolaag:
Smelt botter en Marmite.Prik warm koek en gooi mengsel bo-oor. Sprinkel kaas oor.
Eet warm.

Marmite-tert

 

 Deur Barbara Joubert (Sarie-Januarie 2009)

 
Dankie dat jy die resep ingestuur het Okkie

 

60 ml Marmite

60 ml botter

2 ml sout

10 ml bakpoeier

500 ml meel

200 g botter

500 ml gerasperde cheddarkaas

250 ml melk

2 eiers

Sif al die droë bestanddele saam. Smelt die 200 g botter en voeg die gesifte droë bestanddele by. Klits die eier en melk saam en voeg nou by die botter-en-meelmengsel. Roer die gerasperde kaas by. Gooi in gesmeerde bak (20 cm x 15 cm) en bak in voorafverhitte oond teen 200 °C vir 15 minute. Smelt intussen die Marmite en 60 ml botter saam. Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die botter-en- Marmite-mengsel oor. Sny in blokke en eet warm.

Marmite koek

 

Dankie vir jou resep Elaine Landman
Bak n gewone sponskoek
Terwyl die koek in die oond naby aan gaar is meng die volgende:
1tl Marmite
1el Botter
Halwe Koppie Smeerkaas
Ek meng dit in my mikrogolf tot Botter gesmelt is, (roer elke 20 sekondes) en sodra koek uit die oond kom maak ek gaatjies met n vurk in die wit koek en gooi die sous mengsel bo-oor terwyl dit warm is
Vir graneering rasper ek Kaas bo-oor en bedien warm met n heerlike sterk koppie tee