Hoender In Melk

https://uitkykvleismark.co.za

Bedien 4
Dis die eenvoud van die resep wat die smelt-in-die-mond-hoender spesiaal maak.

Bestanddele
1 heel hoender
seesoutvlokkies
1 suurlemoen, in kwarte gesny
3 takkies tiemie
30 ml olyfolie
500ml melk
4 lourierblare
5ml heel peperkorrels
2 blikke wit bone, gedreinee

Metode
Oondtemperatuur- 160 °C Geur die hoender met die sout en sit die suurlemoen en tiemie in die buikholte. Braai nou die hoender versigtig in ‘n bietjie olie tot bruin oraloor en sit dit dan borskant na bo in ‘n diep oondbak met ‘n deksel. Giet die melk oor en voeg die lourierblare en peperkorrels by, bedek en bak vir sowat 45 minute. Roer die bone by en bedruip die hoender met die sous. Sit onbedek terug in die oond en bak vir nog 25-35 miute.

Advertisements
 

SAGO- SJOKOLADE MELKKOS:

Lynette Muller
Lewer 8 porsies

Bestanddele
250 ml (1 k) sago
2,5 liter (10 k) sjokolade melk
60 ml (¼ k) room/water
2 ml (½ t) sout
15 ml (1 e) botter of margarien
kaneelsuiker

SO MAAK JY:
Week die sago 1 uur lank in die melk.
Verhit dan die mengsel in ’n groot swaarboomkastrol tot kookpunt terwyl jy dit die hele tyd roer.
Voeg die sout en room/water by.
Kook totdat dit verdik.
Roer die botter of margarien by.
Klits tot lekker romerig.
Bediening
Sit voor saam met kaneelsuiker.

WENK:
Jy kan 12.5ml kakao byvoeg om dit nog meer sjokoladegeur te gee.
Jy kan ook sjokolade skaafsels byvoeg en dit laat smelt.

 

MILK AND MILO FUDGE

Send in by Joey Hannekom

(Microwave)
Makes approximately 50 pieces.
Milk fudge:
500g white chocolate
1x 395g tin sweetened condensed milk
30g butter
3 tablespoons Milo

Milo fudge:
500g milk chocolate
1x 395g tin sweetened condensed milk
30g butter
3 tablespoons Milo
Method:
Grease a 24cm x 20cm square baking tray and line with baking paper. In a microwave proof bowl, combine the milk fudge ingredients. Microwave on medium for 30 seconds, then stir with a rubber spatula. Repeat until the chocolate and butter have melted, and the mix is a smooth, thick liquid. Quickly transfer the liquid to the prepared baking tray and refrigerate for one hour. Repeat the process again with the Chocolate Fudge ingredients, pouring the smooth, melted mix on top of the set white chocolate fudge. Refrigerate for two hours, then remove from the tray and cut with a hot knife. Wrap pieces individually in squares of baking paper and keep cold until serving.

 

Milk Chocolate Mud Cake

 

 

 

 

 

Ingredients
250g unsalted butter, chopped
200g Cadbury Milk Cooking Chocolate, chopped
1 tablespoon instant coffee powder
1½ cups boiling water
1¾ cups caster sugar
2 eggs, lightly beaten
1½ cups self raising flour, sifted
½ cup Cadbury Bournville Cocoa, sifted

Method
Preheat oven to 160ºC conventional 140ºC fan forced. Lightly grease and line the base of 28cm round cake pan. Combine butter and chocolate in a bowl over a saucepan of simmering water and melt over a low heat. Dissolve coffee in boiling water. Add coffee and sugar to chocolate mixture and stir to dissolve sugar.
Transfer to bowl and allow to cool for 10 minutes. Using an electric mixer gradually add eggs. Then flour and cocoa. Mix a further 2 minutes or until evenly combined. Pour into cake pan and bake for 1 – 1¼ hours. Test with skewer inserted into the middle of the cake. Cool in pan for 30 minutes, before turning onto wire rack. Enjoy with berries.

 

Aartappelslaai ~ Jan 4, Pynappel stukkies, idealmelk, kondens

Ingestuur deur Malinda van Deventer

Hannelie Myburgh
Aartappels, gekook en in blokkies gesny
Uie, geskil en gekap
Dreineer blik pynappelstukkies baie droog en meng versigtig.
Klits nou n blik koue idealmelk styf tot dik en skuim,
meng dan 1blik kondensmelk en 1bottel cross en blackwell mayonnaise.
gooi genoeg sous oor jou slaai en bere die res in yskas
jy kan ook bietjie droë mosterd (opgelos in klein bietjie asyn) by die res voeg vir die lekkerste mosterdsousie vir koue vleisie. Dis n treffer  
 

Warm melk spons koek

125 g botter                                                             
125 ml melk
3 eiers                                                                        
1 k suiker
1t vanielje                                                                 
2 k meelblom
3 t bakpoeier
Verhit oond tot 175°C.  Smeer en voer twee 20cm panne. 
Klits eiers tot skuim, voeg dan suiker by en klop tot lig en donsagtig.
Verhit intussen melk, geursel en botter tot kookpunt.  Vou die gesifte meelblom in.  Strooi die bakpoeier bo-op sonder om dit in te roer.  Giet kokende vloeistof by en meng vinnig.  Bak 20 minute lank.  Verkoel.
Gebruik geklitste room en konfyt vir vulsel en rond bo-op af met bietjie strooisuiker.
 

KOOKMELKKOEK

 

 

500 ml koekmeelblom                                         
20 ml bakpoeier
knippie sout                                                             
250 ml melk
35g (37,5ml) botter/marg.                                 
4 eiers
500 ml wit suiker
Verhit oond tot 190ºC.  Smeer twee laagkoekpanne van 23 cm deursnee en bestrooi liggies met koekmeel.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.  Verhit melk en botter in swaarboomkastrol oor matige hitte tot kookpunt.  Laat afkoel.  Klits eiers goed, voeg die suiker geleidelik by en klits tot suiker opgelos het.  Vou die meelmengsel in die eiermengsel.  Voeg die melkmengsel geleidedlik by en meng goed.  Gooi die beslag in die panne en bak ongeveer 15 minute lank.  Keer die koeke op ‘n draadrak uit om af te koel.
Variasie:
Sjokoladekoek:  Voeg 50 ml kakao by die meelmengsel.
 

WARMMELKSPONSKOEK

 

 

(TUISNYWERHEID: SAARTJIE BASSON)
4 ekstragroot eiers                                                
375 ml suiker
5 ml vanieljegeursel                                             
500 ml  koekmeel
2 ml sout                                                                   
15 ml bakpoeier
125 ml melk                                                              
125 ml water
25 ml olie                                                                   
125 g margarien
Vulsel:
250 ml klapper                                                        
250 ml suiker
125 ml melk                                                               
 3 eiergele
Versiersel:
500 g versiersuiker                                                
125 g margarien
5 ml vanieljegeursel                                             
200 ml kraanwater
Variasie:  Malvaversiersel
300 ml suiker                                                           
125 ml water
3 eierwitte                                                                
kleursel en geursel
Stel oond op 190ºC.  Klits eiers, suiker en vanieljegeursel 5 minute lank.  Sif meel, sout en bakpoeier saam en vou in eiermengsel met ‘n metaallepel.
Verhit melk, water, olie en margarien saam tot voor kookpunt en roer dit deeglik by bogenoemde mengsel in wanneer margarien gesmelt het.  Plaas botterpapier/waspapier op boden van 2 koekpanne van 24cm deursnee en 10 cm hoog en giet mengsel daarin.  Bak die koek 25 – 30 minute lank.  Wanneer die koek uit die oond kom, maak die kante los met ‘n slaplemmes en laat die koek in die pan koud word voordat u dit uitkeer.
Kook al die bestanddele vir die vulsel 5 minute lank saam oor stadige hitte en roer gedurig.  Smeer tussen koeklae.
Kook al die verstanddele vir die versiersel saam tot lig en romerig en versier koek daarmee.
Malvaversiersel :
Los suiker in water op in ‘n kastrol op die stoof.  Kook dan vinnig 5 – 6 minute lank sonder om te roer.  Indien die mengsel verkleur het dit te lank gekook.
Klits eierwitte styf met elektriese handklitser wat op hoë spoed gestel is.  Haal stroop van stoof af.  Laat borreltjies eers verdwyn en voeg die stroop nou geleidelik by die eierwit terwyl aanhoudend geklits word.  Voeg laastens 5 ml kleursel by, asook geursel na smaak.
Variasie:  Koffiekoek   Voeg 12,5 ml fyn koffiepoeier by die meelmengsel.  Vir die versiersel moet die vanieljegeursel met 5 ml fyn koffiepoeier vervang word.
Variasie:  Lemoenkoek   Vervang water + melk met vars lemoensap en rasper 1 lemoen se skil by eiermengsel.  Versiersel: vervang geursel met lemoengeursel en water deur lemoensap.
Variasie:  Sjokoladekoek   Gebruik 375 ml koekmeel en 125 ml kakao i.p.v. 500 ml koekmeel.  Vir versiersel moet 125 ml kakao en 5 ml fyn koffiepoeier bygevoeg word.
Variasie:  Speserykoek   Voeg by die meel:  5ml gemaalde kaneel, 2 ml gemaalde naeltjies, 2 ml gemengde speserye, 25 ml koffiepoeier.  Vir versiersel, voeg by 5 ml kaneel, 2 ml naeltjies, 2 ml gemengde speserye en 5 ml koffiepoeier.