KERRIE-EIERS MET MIELIES

Rika Theron
4 – 6 porsies

Bestanddele:
1 ui, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
olie
10 ml kerriepoeier
300 ml hoenderaftreksel
sap en skil van ‘n halwe suurlemoen
30 ml blatjang
30 ml suiker
1 blik (420 g) geroomde suikermielies
15 ml koekmeelblom
sout & swartpeper
4 – 6 eiers, hardgekook.

Metode:
Soteer die ui en knoffel in ‘n klein bietjie olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai nog ‘n bietjie. Giet die hoenderaftreksel by en bring tot kookpunt. Voeg die sap en skil van die suurlemoen by asook die blatjang, suiker en suikermielies. Laat goed kook en verdik dan die sous met meelblom wat aangemaak is met ‘n bietjie water. Voeg die eiers by en verhit tot die eiers deurwarm is. Dien op saam met rys, piesangskyfies, blatjang en klapper indien verkies.

Advertisements
 

Mieliegereg

Lynette Muller

Bestanddele
4 eetlepels botter
4 eetlepels suiker
4 eiers
3 eetlepels mazena
2 teelepels aromat
1 1/2 k melk
2 blikkies sweet corn

Metode:
Klits botter, suiker, eiers tot room. Voeg droe bestanddele saam, meng melk en aromat en voeg by.
Voeg mielies by. Bak tot gaar in mattige oond.

NOTA:
Maak die resep gerus dubbel aan.

 

Meermin se kaas \ mielie tert

Meermin

Bestanddele
4 eiers, geklits
2 groot blikke  suikermielies
60 ml koekmeel, gesif
60 ml gesmelte botter
60 ml suiker
10 ml bakpoeier, gesif
10 ml aromat
Sweet Basil na smaak.
50 ml gerasperde cheddar kaas

Metode
Meng alles deeglik,  gooi in ‘n oondbak , strooi sweet basil oor, en bak vir 40 minute teen 180 grade tot goudbruin.

 

CHEESE AND MEALIE BAKE

410G Tin whole kernel corn – drained

50ml Stork

50ml Flour

500ml Milk

250ml Cheese – grated

1 Egg – lightly beaten

Salt and pepper

Tomato – thinly sliced

 

 

Preheat oven 180 degrees.

Melt margerien and stir in flour to form a paste.

Remove from heat and gradually stir in the milk.

Return to heat and stir  sauce until it thickens.

Mix in mealie, cheese, egg, salt and pepper.

Place in a ovenproof dish and bake 30 minutes  or golden brown.

Serve with tomato slices on top.

 

Corn and Coriander Salad

 

Dankie vir jou resep Tertia
Ingredients
·         1 tbsp olive oil
·         250g smoked streaky bacon, chopped
·         1 onion, finely chopped
·         4 garlic cloves, finely chopped
·         30g ginger, grated
·         1 red pepper, diced
·         1 green pepper, diced
·         1 yellow pepper, diced
·         250g mushrooms, thinly sliced
·         750 g frozen corn, defrosted in a sieve under warm running water
·         Handful fresh coriander, chopped
·         Freshly ground black pepper
·         4 tbsp Kikkoman’s soy sauce
Method
How to make Ginger and Coriander Corn Salad
Heat the oil in a large frying pan and fry the bacon and onion together until bacon is slightly crispy and onions are golden and soft for about 5 minutes.
Add the garlic and half of the ginger and cook for a minute.
Add the peppers and mushrooms and cook for 4 minutes until mushrooms are soft and peppers are lightly soft.
Add the corn and coriander and stir to combine.
Add the black pepper and soy sauce, remaining ginger and stir to combine.
 

Aaartappelslaai met suikermielies

 

Baie dankie vir jou Resep Jan van Niekerk 
 
6 Groot aartappels
1 Blik 410g KOO Suikermielies
1 Koppie Cross & Blackwell Mayonaize
6 Hardgekookte eiers
Metode:
Kook aartappels tot net sag in soutwater, spoel af met koue water en trek skille af.  Sny in blokkies of skywe soos verkies en plaas in slaaibak.  Kook eiers tot hard en laat afkoel.  Sny in blokkies of skywe soos verkies en voeg by. Meng Mayo met suikermielies en meng goed deur met aartappels. Lewer 8 tot 10 porsies
 

PASTASLAAI

 

Hierdie resep kom van Elmarie af
Bestandele
Skroefnoedels in verskillende kleure
Bacon stukkies
gevriesde ertjies
gevriesde mieliepitte
mayonnaise
kondensmelk
Braai die bacon stukkies tot crispy.  Roer sommer die ertjies en die mielies by die bacon in om van die “vries” ontslae te raak.  Meng mayonnaise en kondensmelk (ek skat gewoonlik hoeveel van elkeen…dit moet meer soet as suur proe), Spoel die gaar noedels af en meng al die goed saam.
 

MEERMIN SE RYSSLAAI

Kook rys tot gaar, dreineer, laat afkoel, intussen sny jy solank die volgende oop:

1 blik ertjies

1 blik perskes sny in stukkies

1 blik mielies

sodra rys koud is kom al hierdie in die rys, kerrie na smaak, meng goed, jy kan ook komkommer insit, uie ek vat 2 – 3 uie fyn gekap, meng deeglik, sous wat die lekkerste is saam hierdie rysslaai is die 1000 Island slaaisous. Sit in yskas – verkieslik oornag.

 

Mev. Atterbury se spaghetti-kruising

RSG

Bestanddele
1 pakkie spaghetti – in stukkies opgebreek
1 blik mieliepitte
1 blik boeliebief
1 tamatie – geskil en gekap
1 ui – gekap
1 groenrissie
1 pakkie wit uiesop
3 eiers
1 koppie melk
1 koppie kaas – gerasper

Metode
Kook spaghetti gaar. Klits eiers saam met melk. Gooi alles in oondbak, meng goed, gooi kaas oor bak in voorverhitte oond vir 1 uur teen 180 grade.