Sarie se Mielietert

Ilana

Bestandele:
60ml koekmeel
60ml suiker
60ml gesmelte botter
3 eiers (geklits)
15ml  bakpoeier
5ml vanilla
2 x blikke cream corn
1 x houer room / blik Ideal Melk

Metode:
Meng alles goed saam (behalwe room) , gooi in gesmeerde plat oond pan.
Bak teen 180°C vir 20 min.
As uit oond uit kom, gooi room / ideal melk bo-oor terwyl nog warm.

Advertisements
 

Die Maklikste Mielietert

Lynette Muller

Bestanddele
4 eiers
1 koppie bruismeel
4 eetlepels suiker
4 eetlepels botter, gesmelt
1 teelepel vanielje-ekstrak
2 blikke roommielies

Metode
Voorverhit die oond tot 180 grade Celcius.
Meng al die bestandele goed saam met ‘n elektriese klitser.
Giet in ‘n oonbak en bak vir ± 1 uur tot goudbruin.

 

Mielietert met kaas

Ingestuur deur Rika Theron

MIELIETERT
1 blik suikermielies,
250 ml mieliemeel,
5 ml bakpoeier,
2,5 ml sout,
250 ml room,
250 ml kaas,
500 ml ekstra kaas.

Stel oond op 180*C.  Meng bestanddele saam.  Skep in oondbak en sprinkel ekstra kaas bo-oor.  Bak 50 minute tot 1 uur.

 

Mielie tert

Bestanddele
60 ml Koekmeelblom
15 ml Bakpoeier
2 blikke (410 g) geroomde suikermielies
40 ml Suiker
60 ml Gesmelte Margarien
4 Eiers Geklits

Metode
Voorverhit oond tot 180° C. Smeer ‘n oondvaste bak met margarien. Meng al die bestanddele goed en gooi in bak. Bak vir 1 uur of tot gaar. Sny in blokke en bedien warm of koud met braaivleis.

 

Dirk se mielie tert

RSG

Bestanddele
4 eiers
2 groot blikke roommielies
60 ml koekmeel
60 ml gesmelte botter
60 ml suiker
15 ml bakpoeier

Metode
Meng alles met ‘n hand klitser en gooi in ‘n oondbak en bak vir 40 minute teen 180 grade tot goudbruin.