MIKROGOLF FUDGE

Lynette Muller

Bestanddele
500g Versiersuiker
1 Blikkie Kondensmelk
125 ml Botter
5 ml Vaniella Essens

METODE:
Kook in Mikrogolf vir 14 min, alles saam, behalwe die essens. Roer elke 2-3 min. Gebruik diep boden bak. As 14 min verby is, voeg Essens by en roer vinnig. Gooi in gesmeerde glasbak en sny is blokkies voordat dit heeltemal koud word. Hierdie resep was nog nooit onsuksesvol gewees nie.

Advertisements

MIKROGOLF FUDGE

Lynette Muller
Bron: Jenny Homenet
Plasing Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Bestanddele
1 blik kondensmelk (Nestle)
2 kop strooisuiker
125 g margarien
5 ml vanielje geursel

METODE:
Gebruik ‘n 2liter mikrogolf bestande bak
Sit die eerste 3 bestanddele in volgorde soos bo daarin
Laat net jou geursel uit vir later
Mikrogolf vir 2 minute op hoog (100%) krag.
Haal uit en roer alles baie goed deur met ‘n houtlepel
Sit die bak terug in die mikrogolf en mikrogolf vir 4 minute
Haal uit en roer goed deur….. Mikrogolf weer vir 4 minute en roer goed deur
Mikrogolf nou vir die laaste 2 minute
Dit sal opkook maar nie oorkook nie. Wees versigtig vir spat as jy roer dit is BAIE WARM
Haal uit met vatlappe en sit die geursel by.
Roer baie goed deur dat die geursel inmeng werk vinnig want jy sal sien op die kante begin hy reeds “stol”
Gooi dit in jou vierkantige bak gespuit met spray & Cook .
Laat effens afkoel en sny in blokkies. Laat verder afkoel en geniet!

NOTA: Mikrogolwe verskil so kyk na die tekstuur..sommige is al na 9 minute gereed en ander vat langer (tot 12 minute)

Lekker fudge in mikrogolf

Bestanddele
1 blik kondensmelk
1 blik kookwater
3 eetlepels goue stroop
6 koppies suiker
1 koppie koekmeel
1 eetlepel asyn
250g wit margarien (wooden spoon)
½ (‘n halwe) teelepelvol kremetart
1 teelepel vanieljegeursel

Metode
Meng alles behalwe kremetart en vanielje. Kook alles op hoog in mikrogolf oond – kook vir 8 min. Roer goed. Kook vir 6 minute. Roer ½ teelepelvol kremetart in bietjie water opgelos by. Kook vir nog 20 minute. Roer goed en voeg vanielje by en klop flink tot dik. Gooi in gesmeerde 30 x 45cm pan uit. Koel af en sny in blokkies.