MIKROGOLF SJOKOLADE FUDGE KOEKIES

Lynette Muller

Bestanddele
500g versiersuiker (MOET gesif wees)
250ml margarien
100ml kakao
1 eier
1 pakkie tennis beskuitjies in stukkies gebreek

METODE:
Sit, versiersuiker, kakao en margarien in groot mikrobak en kook vir 3 min op 100% krag. Meng goed (Mengsel lyk so betjie droog)
Voeg eier by en meng goed. Voeg… koekies by en roer goed deur. Sit in gesmeerde pan (25 x 25) en sny in blokkies wanneer afgekoel het.
Lekker soet vir die koue dae

Advertisements
 

Maklike Mikrogolf Melktert

Rika Theron

Bestanddele
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie melk
2 blikkies warm water
2 eetlepels botter
4 eiers
6 eetlepels mielieblom (maizena)
Knippie sout
Pakkie tennisbeskuitjies

Metode
Meng al die bestanddele saam (behalwe die tennisbeskuitjies), klits en mikrogolf vir 7 minute op hoog. Haal uit, klits weer en mikrogolf vir 5 minute. Haal uit, klits weer en mikrogolf vir 3 minute. Klits weer. Pak tennisbeskuitjies onder in ’n bak, smeer vulsel bo-oor en strooi kaneel op.

 

WARM AARTAPPEL GEREG

Woumarie

Bestanddele
2 groot aartappels, in blokkies gesny.
vars sampioene, opgesny
1 medium ui, gekap
5 ml knoffel
200 ml melk
½ pakkie Potato Bake
Cheddar kaas, gerasper of Feta kaas, gekrummel
bietjie olie

Metode
Braai die sampioene, uie en knoffel vir 3 minute in die mikrogolf (oop sonder ‘n deksel). Voeg die aartappels by die sampioen-mengsel. Bedek en mikrogolf vir 7 – 10 minute of totdat aartappels sag is. Meng melk met halwe pakkie PotatoBake; gooi oor aartappels. Mikrogolf vir 2 – 4 minute. Strooi kaas bo-oor.

 

MIKROGOLF VRUGTEKOEK

Lynette Muller
Bak nou jou Kerskoek
Dis al weer die tyd van die jaar om te begin bak vir Kersfees.

Bestanddele
500gr vrugtemengsel
1 pak dadels (fyngekap)
1 kop karamel bruinsuiker (donker suiker) 180ml botter
1 ½ kop water
(opsioneel kan 125ml rooi kersies (gesnipper) ook bygevoeg word Kook bogenoemde vir 10 minute in mikrogolf op 100% Laat afkoel.
Voeg by 1 hoog opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt en laat staan vir nog ‘n rukkie Strooi oor 10ml droe koeksoda, roer deur en laat staan ‘n verdere 20 minute *Meng saam:
500ml meel (2 kop)
5ml gemengde speserye
5ml gemmer
5ml kaneel
5ml sout

MMetode
Meng al die droe bestanddele en meng dan in by vrugte mengsel. Klits 2 eiers en meng in. Gooi nou 125ml brandewyn by en meng goed Neem plastiek bak 20cm in deursnit, spuit spray en cook, en voer bodum uit met waspapier.

Gooi mengsel in bak en mikrogolf vir 20 min by Medium (60-70%) krag Haal uit mikrogolf en los in die bak (moenie uitgooi nie) Gooi ‘n verdere 60ml brandewyn oor koek en laat HEELTEMAL AFKOEL Haal uit as koud is, maak goed toe moet foil tot jy lus voel om die hele koek op te eet!!!!!!

 

Witsous ~ Mikrogolf

Frik Lombard

Bestanddele
3 Eetlepels Margarien of Botter
3 Eetlepels Koekmeel
300 ml Melk
Sout en Peper na smaak

Metode
Plaas meel en margarien in ‘n houer. Sit in die mikrogolf vir 30 sekondes op hoog. Vat ‘n beker en gooi melk daarin, sit in die mikrogolf vir 2 minute. Kyk net dat die melk oorkook nie. Gooi nou ‘n bietjie van die warm melk in die margarien en meel mengsel. Gebruik ‘n vurk om dit goed te meng. Gooi weer ‘n bietjie melk by en klits weer goed. Hou so aan tot die mengsel nie meer klonte in het nie. Gooi nou die res van die melk by en meng goed.

Gooi nou die mengsel in die beker. Sit in die mikrogolf op hoog vir 1 minuut. Haal uit, gebruik ‘n vurk en meng goed. Sit weer terug in mikrogolf vir ‘n minuut op hoog. Meng weer goed en sit vir nog n minuut terug, haal uit, gooi sout en peper by en meng. Die witsous is nou reg vir gebruik.

Wenk
Gebruik ‘n groot beker om te sorg dat die witous nie oorkook nie.
Om ‘n heerlikke kaassous te maak, rasper genoeg kaas en voeg by die witsous en meng goed.
As n mens eers die manier bemeester het sal jy nie sommer stoof plaat witsous maak nie.

 

MIKROGOLF MOKKA-FUDGE

Lynette Muller

Voer ‘n 18cmx18cm bak uit met foelie en bespuit met spray & cook.
Hou eenkant.

MENG SAAM:
30ml botter
250ml strooisuiker
150ml kondensmelk
50ml sterk swart koffie
0,5ml sout

METODE:
Mikrogolf vir 8min in ‘n 3l oop bak. Klop elke 2min met houtlepel. Klop tot styf as uit mikrogolf uithaal. Skep in bak en maak gelyk. Hou eenkant. Was bak waarin gemikrogolf is.

Meng
250ml strooisuiker, res van blikkie kondensmelk,
30ml botter
0,5ml sout
50ml water

Metode
Kook op selfde manier as mokkafudge. Voeg laaste 2ml vanilla by, klop styf en skep op mokkafudge en maak dit gelyk. Laat afkoel totdat bolaag styf, maar nie hard is nie, sny in blokkies.
Laat afkoel tot hard. Keer fudge uit bak, verwyder foelie en breek fudge versigtig los

 

MIKROGOLF FUDGE

Lynette Muller
Bron: Jenny Homenet
Plasing Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Bestanddele
1 blik kondensmelk (Nestle)
2 kop strooisuiker
125 g margarien
5 ml vanielje geursel

METODE:
Gebruik ‘n 2liter mikrogolf bestande bak
Sit die eerste 3 bestanddele in volgorde soos bo daarin
Laat net jou geursel uit vir later
Mikrogolf vir 2 minute op hoog (100%) krag.
Haal uit en roer alles baie goed deur met ‘n houtlepel
Sit die bak terug in die mikrogolf en mikrogolf vir 4 minute
Haal uit en roer goed deur….. Mikrogolf weer vir 4 minute en roer goed deur
Mikrogolf nou vir die laaste 2 minute
Dit sal opkook maar nie oorkook nie. Wees versigtig vir spat as jy roer dit is BAIE WARM
Haal uit met vatlappe en sit die geursel by.
Roer baie goed deur dat die geursel inmeng werk vinnig want jy sal sien op die kante begin hy reeds “stol”
Gooi dit in jou vierkantige bak gespuit met spray & Cook .
Laat effens afkoel en sny in blokkies. Laat verder afkoel en geniet!

NOTA: Mikrogolwe verskil so kyk na die tekstuur..sommige is al na 9 minute gereed en ander vat langer (tot 12 minute)

 

Grondboontjie fudge – Mikrogolf resep

Lewer 64 blokkies
Dis nie so dood soet soos die meeste ander soorte fudge nie en die heel grondboontjies in die sagte fudge basis sorg vir ‘n lekker tekstuur.
Maar die beste is dat dit binne 10 minute gemaak kan word.

200 g melksjokolade
1 blik (397 g) kondensmelk
175 g (300 ml) gesoute grondboontjies
50    g (60 ml) botter of margarien

Voer ‘n pan of bak van 20 x 20 cm met aluminiumfoelie uit.
Smeer die foelie of bespuit dit met kleefwerende kossproei.
Hou dit eenkant.
Breek die melksjokolade in stukkies in n diep bak.
Voeg die kondensmelk, gesoute grondboontjies en botter of margarien by.
Mikrogolf dit 7 tot 8 minute oop by 10000 krag en klop dit elke 2 min te baie goed met ‘n houtlepel.
Klop die fudge na die mikrogolf tyd verstryk het, baie goed totdat dit begin styf word.
Skep dit in die pan of bak en maak dit gelyk.
Laat dit effens afkoel en verkoel dit dan verder in die koelkas tot styf.
Sny die fudge in blokkies van 2,5 cm en keer dit uit die pan of bak.
Verwyder die foelie en breek die blokkies versigtig los.
Bewaar die fudge in die koelkas.

 

Gesondheidsbeskuit – Mikrogolf resep

 

 

 

 

 

 

Lewer 104 beskuite
By die meeste van ons gaan dit dikwels soggens aan die ontbyttafel maar raap en skraap en is daar nie tyd vir ‘n ordentlike ontbyt nie.
Hou vir sulke dae hierdie growwe karringmelkbeskuit in voorraad. Saam met ‘n koppie boeretroos sal so ‘n beskuit jou tot middagete laat hou.

500 g botter of margarien
200 g (250 ml) sagte bruinsuiker
50 ml melasse
1 kg bruismeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
350 g (750 ml) muesli
300 g (6 x 250 ml) All-Bran semel vlokkies
100 g (200 ml) afgedopte sonneblomsaad
75 g (100 ml) pitlose rosyntjies
500 ml karringmelk
2 ekstra-groot eiers

Mikrogolf die botter of margarien, sagte bruinsuiker en melasse 3 minute saam in ‘n diep bak by 100% krag.
Roer dit goed en mikrogolf dit ‘n verdere minuut indien die botter of margarien nog nie gesmelt is nie.
Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam in ‘n groot skottel.
Voeg die muesli, semelvlokkies, sonneblomsaad en rosyntjies by en meng.
Voeg die suikermengsel by en meng dit liggies maar goed met die hande.
Klits die karringmelk en eiers saam, voeg dit by die meelmengsel en meng goed.
Voer die boom van ‘n ronde koek- of tertbak, 20 cm in deursnee en 5 cm diep, met ‘n ewe groot sirkel papierhanddoek uit.
Druk ‘n kwart van die beskuitdeeg (800 g) styf met ‘n spaan in die bak vas.
Plaas die bak op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolfoond.
Mikrogolf die beskuit 5 minute by 70% krag en daarna 5 minute by 100% krag.
Draai dit elke 2de minuut as die mikrogolfoond nie ‘n draaitafel het nie.
Keer die gaar beskuit op ‘n draadrak uit, trek die papierhanddoek af en laat dit afkoel terwyl ‘n volgende kwart van die deeg op dieselfde manier gemikrogolf word.
Gaan so voort totdat al die deeg gaar is.
Sny die 4 ronde beskuit-“koeke” met ‘n broodmes in 8 snye van 2,5 cm elk.
Sny elke sny in lengtes van 5 cm elk.
Plaas die beskuite op ‘n draadrak en droog dit gewoonweg in ‘n louwarm konveksie-oond uit, of plaas ‘n kwart van die beskuite op ‘n skoon doek of papierhanddoek op die boom van die mikrogolfoond.
Mikrogolf dit 20 minute by 30% krag tot halfdroog.
Haal dit uit en doen dieselfde met ‘n volgende kwart.
Wanneer al die beskuite halfpad uitgedroog is, begin weer met die eerste kwart en mikrogolf dit ongeveer 20 minute by 20% krag tot droog.
(Wees tog net versigtig dat jy die beskuit nie te lank mikrogolf nie, want dit verbrand maklik binne-in terwyl dit van buite reg lyk.)
Herhaal met die volgende klomp en gaan op hierdie manier voort totdat al die beskuite gedroog is.
Laat dit goed afkoel en bewaar dit in ‘n digte houer.

Mikrogolf Wenners, Annette Human

 

Ontbyt-in-‘n-beker

Bestanddele
Kaas van jou keuse, gerasper
Tamatie, dun skywe gesny
Bacon, diced
Mushrooms, dun gesny (kan uitgelaat word, as jy nie van sampioene hou nie)
1 sny brood (sny in ronde ringetjie – met beker of wyn glas)
1 eier
sout en pepper na smaakSpuit Soufflè Dish met Spray and Cook

Metode
Pak in lae: kaas, tamatie, bacon, mushrooms and brood sirkel.
Klits eier, voeg sout en pepper by. Voeg eier mengsel versigtig by.
Microwave op 80% krag vir 5 minute.
Bedien dadelik.