Gesondheidsbeskuit – Mikrogolf resep

 

 

 

 

 

 

Lewer 104 beskuite
By die meeste van ons gaan dit dikwels soggens aan die ontbyttafel maar raap en skraap en is daar nie tyd vir ‘n ordentlike ontbyt nie.
Hou vir sulke dae hierdie growwe karringmelkbeskuit in voorraad. Saam met ‘n koppie boeretroos sal so ‘n beskuit jou tot middagete laat hou.

500 g botter of margarien
200 g (250 ml) sagte bruinsuiker
50 ml melasse
1 kg bruismeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
350 g (750 ml) muesli
300 g (6 x 250 ml) All-Bran semel vlokkies
100 g (200 ml) afgedopte sonneblomsaad
75 g (100 ml) pitlose rosyntjies
500 ml karringmelk
2 ekstra-groot eiers

Mikrogolf die botter of margarien, sagte bruinsuiker en melasse 3 minute saam in ‘n diep bak by 100% krag.
Roer dit goed en mikrogolf dit ‘n verdere minuut indien die botter of margarien nog nie gesmelt is nie.
Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam in ‘n groot skottel.
Voeg die muesli, semelvlokkies, sonneblomsaad en rosyntjies by en meng.
Voeg die suikermengsel by en meng dit liggies maar goed met die hande.
Klits die karringmelk en eiers saam, voeg dit by die meelmengsel en meng goed.
Voer die boom van ‘n ronde koek- of tertbak, 20 cm in deursnee en 5 cm diep, met ‘n ewe groot sirkel papierhanddoek uit.
Druk ‘n kwart van die beskuitdeeg (800 g) styf met ‘n spaan in die bak vas.
Plaas die bak op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolfoond.
Mikrogolf die beskuit 5 minute by 70% krag en daarna 5 minute by 100% krag.
Draai dit elke 2de minuut as die mikrogolfoond nie ‘n draaitafel het nie.
Keer die gaar beskuit op ‘n draadrak uit, trek die papierhanddoek af en laat dit afkoel terwyl ‘n volgende kwart van die deeg op dieselfde manier gemikrogolf word.
Gaan so voort totdat al die deeg gaar is.
Sny die 4 ronde beskuit-“koeke” met ‘n broodmes in 8 snye van 2,5 cm elk.
Sny elke sny in lengtes van 5 cm elk.
Plaas die beskuite op ‘n draadrak en droog dit gewoonweg in ‘n louwarm konveksie-oond uit, of plaas ‘n kwart van die beskuite op ‘n skoon doek of papierhanddoek op die boom van die mikrogolfoond.
Mikrogolf dit 20 minute by 30% krag tot halfdroog.
Haal dit uit en doen dieselfde met ‘n volgende kwart.
Wanneer al die beskuite halfpad uitgedroog is, begin weer met die eerste kwart en mikrogolf dit ongeveer 20 minute by 20% krag tot droog.
(Wees tog net versigtig dat jy die beskuit nie te lank mikrogolf nie, want dit verbrand maklik binne-in terwyl dit van buite reg lyk.)
Herhaal met die volgende klomp en gaan op hierdie manier voort totdat al die beskuite gedroog is.
Laat dit goed afkoel en bewaar dit in ‘n digte houer.

Mikrogolf Wenners, Annette Human

Advertisements

Ontbyt-in-‘n-beker

Bestanddele
Kaas van jou keuse, gerasper
Tamatie, dun skywe gesny
Bacon, diced
Mushrooms, dun gesny (kan uitgelaat word, as jy nie van sampioene hou nie)
1 sny brood (sny in ronde ringetjie – met beker of wyn glas)
1 eier
sout en pepper na smaakSpuit Soufflè Dish met Spray and Cook

Metode
Pak in lae: kaas, tamatie, bacon, mushrooms and brood sirkel.
Klits eier, voeg sout en pepper by. Voeg eier mengsel versigtig by.
Microwave op 80% krag vir 5 minute.
Bedien dadelik.

Omelet in ‘n sakkie

Breek 2x eiers in die sakkie (vir elke sakkie wat jy wil maak, moet dit slegs 2 eiers wees)
Voeg van die volgend by na smaak:
bv. uie, green pepers, tamatie, sampioene, avokadopeer, kaas, oorskiet vleis, hoender, tuna, viennas, bacon, net waarvoor jy lus kry. Sout en pepper, aromot, pietersielie. (enige kruie en speserye)
Skud alles goed saam
Maak seker daar is geen lug in die sakkie en seel dig.
Plaas sakkie in kokende water vir presies 13min. Ek hou myne bietjie langer in.
6-8 sakkies kan gelyk in 1 groot pot gaan.
Maak die sakkie oop en die omelet sal uitrol.

PS. die geheim is om die hitte op med te hou en dop te hou dat die sakkies nie bars nie.
Hierdie is n super gesonde ontbyt!! Bedien saam met vars gebakte brood. Indien verkies, hash-browns, boerewors, bacon, enige iets waarop jy jou kan hande kan lê! Moenie die koffie vergeet nie, ek verkies sterk moerkoffie!

Pasta gereg in die mikrogolf

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundly

Bestanddele
250ml Pasta
125ml Maalvleis of tuna of spek
1ui gekap
Sampioene
Aromat na jou smaak
60g Sampioensop poeier
500ml Melk

Metode:
Gebruik ‘n lekker diep “Pyrex” bak met deksel.
Meng alles en Mikrogolf dit so vir 20-25min. op “HIGH” laat staan dit vir 5min voor jy dit bedien …n lekker slaai gaan goed af saam met dit….N.S. ek kook altyd my Pasta eers n rukkie in sout water en voeg dit dan by..maar dit is nie nodig nie net bietjie vinniger

Maklikste sago poeding in die mikrogolf

Ek maak die resep gereeld.

Maar kan ongelukkig nie onthou waar ek hom gekry het nie.

Ek vermoed dit was in “leer kook met jou mikrogolf)

2 kop melk
½ kop sago (hoef nie vooraf te week nie)
3 eetl botter
2 eiers geskei
⅓ kop suiker
2 ml vanielje geursel
knypie sout
appelkooskonfyt
kaneel
Giet die melk, sago en botter in bak en 10 minute oop by 100% krag (roer gereeld) en daarna 5 min by 50% krag en roer dit elke 2 minute.
Klits die eiergeel en voeg saam met witsuiker, vanielje geursel en sout vinnig by die warm sago mengsel.

Mikrogolf 2 minute op 100%.
Vou nou die styf geklopte eierwitte in die warm mengsel in.
Skep die mengsel in ‘n glas bak van jou keuse en blop so hier en daar appelkooskonfyt bo-oor en strooi bietjie kaneel oor.
Mikrogolf dit 2 tot 3 min oop by 70% krag. Sit dit warm voor.

MIKGROGOLF HEEL GROENVYEKONFYT

Bestanddele
500 g groenvye
1 liter koue water
1 liter kook water
5 ml kalk
2 vye blare

Stroop:
500g wit suiker
750 ml water
10 ml suurlemoensap of 1 ml wynsteensuur
1 stuk pypkaneel

Metode
Hou die stingels aan en skil dun of skraap die velletjie af. Sny ‘n kruis in die onderkant van elke vy.
Meng koue water en kalk, plaas vye in oplossing en laat oornag week. Spoel onder koue kraan water af. Plaas in ‘n vuurvaste bak en voeg kookwater en blare by.
Bedek en plaas in mikrogolf 8-10 min by volle krag. Meng al die stroop bestandele en roer tot die suiker opgelos het.
Bedek en mikrogolf 10 min by volle krag. – roer 2 maal deur. Gooi vye af en plaas in warm stroop. Mikrogolf 30 – 40 min by volle krag – roer dikwels.
Skep vrugte in flesse en giet warm stroop bo oor, laat effens afkoel voordat die flesse verseël word.

Bottelenbere resep

Pasta gereg in die mikrogolf

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundly

250ml Pasta
125ml Maalvleis of tuna of spek
1ui gekap
Sampioene
Aromat na jou smaak
60g Sampioensop poeier
500ml Melk

Metode:
Gebruik ‘n lekker diep “Pyrex” bak met deksel.
Meng alles en Mikrogolf dit so vir 20-25min. op “HIGH” laat staan dit vir 5min voor jy dit bedien …n lekker slaai gaan goed af saam met dit.

N.S. ek kook altyd my Pasta eers n rukkie in sout water en voeg dit dan by..maar dit is nie nodig nie net bietjie vinniger

Mikrogolf Melktert – Resep 1

Ingestuur deur Lynette Muller

Bestanddele
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie melk
2 blikkies warm water
4 eiers
6 eetl maizina
2 eetl botter
Knippie sout

Metode
Meng alles goed Mikrogolf vir 7 minute op hoog
Meng
Mikrogolf weer vir 5 minute
Meng
Mikrogolf vir 3 min
Meng
Skep in tertbak wat uitgevoer is met tennisbeskuitjies
“Ek het hier ‘n pakkie karamel tennis beskuitjies gebruik wat ek fyn gemaak het en 100gr gesmelte botter gemeng het”.

Mikrogolf Melktert – Met klapper

Ingestuur deur Lynette Muller

Bestanddele
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie melk
2 blikkies warm water
4 eiers
6 eetl maizina
2 eetl botter
Knippie sout
2 opgehoopte eetlepels fyn klapper (opsioneel)
Vanilla essens na smaak.

Metode:
Meng maizena goed met blikkie melk en meng dan deeglik saam met die res van die bestandele behalwe klapper en mikrogolf vir 7 minute op hoog.

Meng dan goed en mikrogolf weer vir 5 minute.

Gooi nou klapper by, meng weer goed en mikrogolf vir 3 minute.

Skep in tertbak wat uitgevoer is met tennisbeskuitjies

Ek het hier ‘n pakkie karamel tennis beskuitjies gebruik wat ek fyn gemaak het en 100gr gesmelte botter gemeng het.

Bobotie in die Mikrogolf

Bestanddele
1 ui (geskil & gekap) 
30 ml botter 
7 ml sout 
2 ml borrie 
sap v. 1 suurlemoen 
1 kg gemaalde beesbinneboud 
150 ml sagte broodkrummels 
175 ml blatjang 
100 ml droÎ wit wyn 
50 ml fyn appelkooskonfyt 
100 ml melk 
2 eiers 

Metode
Mikrogolf ui + botter 4 minute oop by 100 % in ronde tertbak. (25 cm deursnee, 6 cm diep) Roer na eerste 2 minute. Roer kerrie, sout, borrie, en sap by. Voeg vleis by en roer liggies met vurk. Bedek en mikrogolf mengsel 5 min. by 100% krag. Roer goed om los te maak. Roer broodkrummels, blatjang en wyn by. Bedek en mikro 10 minute by 70% krag. Laat ‘n rukkie afkoel. Smeer fyn appelkooskonfyt bo-oor. Klits melk en eiers en giet bo-oor. Mikro sowt 25 minute oop by 50% krag tot eiermengsel gestol is. (Mens kan so vinnig dan in die gewone oond naby die rooster (gril) sit om bo-op mooi bruin te bak.)