Sjokolade Mousse (ook lekker as koekversiersel)

Bestanddele
50 ml vla
50 ml kakao
175 ml suiker
500 ml melk
15 ml gelatien
30 ml koue water
510 g Idealmelk

Metode
Meng vla, kakao en suiker saam met ‘n bietjie van die 500ml melk.  Kook die res van die melk en gooi by vlamengsel.  Gooi terug in die kastrol en kook dit net op.  Roer aanhoudend. Meng gelatien en koue water en laat staan om dik te word. Gooi dan gelatien by melkmengsel.  Roer tot dit opgelos is.  Laat afkoel. Klop Idealmelk styf en vou in die mengsel in.

Advertisements

Maklike choc (of ander geur) mousse

Maklike choc (of ander geur) mousse
Ek klits gewone sjokelade kits poeding maar met room in plaas van melk.
Ek gebruik ook meer room as wat die resep op die boksie aandui jy moet melk gebruik.
Dan proe dit soos n heellike chocolate mousse.
Of enige geur poeding.
Maar dit verander dit in n mousse in plaas van net kits poeding