Vroe’ Pampoen

As murg pampoentjies toegelaat word om groot te word, is dit die eerste pampoen wat bekwaam is om te eet.

Dan heet dit vroe’ pampoen.

Dit trek baie water en daarom word daar geroosterde brood blokkies bygesit.

 

Jy skil die vroe’ pampoen, sny dit deur en haal die pitte uit.

Gooi suiker, sout en n klont botter by en n paar stukke pypkaneel.

Kook tot gaar.

Braai broodblokkies in n bietjie botter in n pan en gooi dit in die kastrol om die sop op te slurp.

 

As jy nie vroe’ pampoen kan kry nie, gebruik skottel vol murg pampoentjies

 
Bron: Die groot boerekos boek 2

Advertisements

Norman se bees-murg-sonde

RSG

Bestanddele
1 Beesfilet
8 tot 10 murgbene
Mozzarellakaas
Cheddarkaas
Room
Vars basiliekruid
Vars growwe peper en sout

Metode
Kook murgbene in vleisaftreksel tot sag. Druk die murg uit die bene en meng met die kase, room en basiliekruid. Maak aan bokant van fillet ‘n holte en druk met ‘n skerp lang mes ‘n “tonnel” in die fillet waarin jy die murg mengsel kan druk. Versprei die mengsel eweredig in die fillet. Maak die fillet bo toe met stokkie en laat die vleis rus. Maal peper en sout en rol fillet daarin. Braai in olyfolie in ‘n pan, oor die vuur of in oond. (Die hitte moet nie te kwaai wees nie). Draai gereeld om.