BOEREJONGENS:

Anna Eksteen

Bestanddele
500g Rosyne
250 ml water
200g suiker
1 stokkie pypkaneel

Verhit rosyne, water, witsuiker en pypkaneel stadig saam tot kookpunt en roer dit aan die begin om die suiker te laat oplos. Kook dit vir 10 minute oor matige hitte. Giet die stroop af en  en plaas die rosyne in warm glasflesse. Vul die flesse met skoon brandewyn of om die helfte stroop en die helfte brandewyn.

Wenk
Bedien met roomys.

Advertisements
 

APPELTERT POEDING

Lynette Muller

Bestanddele
4 koppies appels, gesny dun
3/4 koppie bruin suiker
1/2 koppie bruismeel (of half koppie meel en 4ml bakpoeier)
1/2 koppie hawermout (oats)
40 gr botter, versag
3/4 teelepel kaneel

METODE:
Spuit kasserol/pan met spray en cook. Pak appels in ‘n laag onder op die bodum van die pan. Meng al die ander bestanddele saam en verkrummel die mengsel oor die appels. Bak by 180 C vir 30 minute of tot appels sag is. Bedien met roomys of geklopte room.

 

Steri Stumpie Stolpoeding

Bestanddele

  • Steri Stumpie melk, geur van jou keuse
  • gelatien

Metode

Vul klein opdienbakkies (soveel soos benodig) of ‘n groot jellievorm van jou keuse met kouewater en gooi dan die water in ‘n maatbeker.

Dit sal bepaal hoeveel Steri Stumpie asook gelatien jy benodig.

Gooi jou plante met die water nat.

Kyk nou op die pakkie gelatien en bereken hoeveel jy nodig het om die hoeveelheid Steri Stumpie deeglik te laat stol.

Meet die gelatien af en sprinkel oor ‘n bietjie koue water in a bakkie.

Roer liggies en laat dit vir paar minute staan om te spons.

Verhit 250 ml van die Steri Stumpie (dit moenie kook nie) en roer die gelatienspons by tot die gelatien gesmelt is.

Gooi die res van die (koue) Steri Stumpie by en meng deeglik.

Giet die mengsel in jou bakkies of (nat) jellievorm en plaas in die yskas vir ‘n paar uur om te stol.

Bedien in die bakkies of ontvorm en sit op ‘n mooi opdienbak, gegarneer met vars vrugteblokkies of bessies en bedruip mildelik met ‘n heerlike vrugtestroop.

Maklik!

Wenk: As jy ‘n fênsie jellievorm wil gebruik, gebruik dan ongeveer 15% meer gelatien as wat die pakkie aanbeveel.

Bron: marindakook.co.za

 

AARBEI-JELLIERING

Rika Theron

Bestanddele
Dreineer 1 blik ingelegde aarbeie en meet stroop. Voeg koue water by om 1 koppie te vul. Los 1 pakkie aarbeijellie in 1 koppie kookwater op, voeg aarbeistroop by en verkoel tot dit begin dik word.

Roer aarbeie in en skep in ringvorm sodat dit boom bedek. Verkoel tot styf. Los 1 pakkie lemmetjiejellie in 1 koppie kookwater op en verkoel tot dit begin dik word. Klits tot lig en skuimerig.

Voeg 125 ml Idealmelk (styfgeklop) en 1 k malvalekkers (stukkies gesny) by en meng goed. Skep bo-op aarbeijellie en laat stol.

 

LYDIA SE VRUGTETERT

Rika Theron

Bestanddele
1 gaar tertkors,
1 klein blikkie ingelegde perskes,
1 klein blikkie ingelegde appelkose,
1 klein blikkie ingelegde pynappel,
1 blik Idealmelk (koud),
1 blik kondensmelk,
1 1/2 – 2 pakkies jellie (pynappel of suurlemoen),
neute,
kersies,
dadels – soos verkies.

Metode
Dreineer vrugte en verhit sap. Los jellie in sap op en laat koud word. Snipper vrugte fyn. Klop Idealmelk tot dik en voeg kondensmelk by, dan vrugte, dadels, kersies, neute en laastens die jellie. Klits goed tot gemeng en gooi in gaar tertkors. Laat stol en bedien. Kan as nagereg bedien word sonder kors.

 

GEBAKTE KAKAOPOEDING

Anna Eksteen

Die lekker sousie onderin maak eintlik die poeding!

Bestanddele
60ml botter, gesmelt                                                     
185ml suiker
1 eier, geklits
5ml vanielje
250ml koekmeel
30ml kakao
‘n knippie sout 
10ml bakpoeier
185ml melk

SOUS
125ml sagte bruinsuiker gemeng met, 30ml kakao en 400ml swart koffie

Metode
Stel oond op 180C. Meng botter en suiker saam. Voeg geklitste eier en dan geursel by. Sif droë bestanddele saam en voeg dit beurtelings met melk by bottermengsel. Skep in gesmeerde bak. Sprinkel die bruinsuiker en kakao oor, giet die swart koffie versigtig oor en bak vir sowat 30 minute tot gaar. Geniet warm, of louwarm, met vla of room.

WENK
Sorg dat die vloeistof die deeglaag bedek.

 

KOEJAWEL-EN-KLAPPER-KRUMMELPOEDING

Anna Eksteen

Bestanddele
8 koejawels, geskil en in kwarte gesny
140ml strooisuiker
5ml vanieljegeursel
60ml strooisuiker
125ml koekmeel
110ml koue botter
250ml klapper
100g amandelvlokkies

Metode
Verhit oond tot 180C. Meng koejawels, 140ml strooisuiker en geursel in ’n mengbak. Skep in ’n gesmeerde oondbak van 30cm. Meng 60ml strooisuiker en meel in ’n mengbak. Vryf botter daarby in totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg klapper en amandels by en meng. Skep mengsel bo-op die koejawels en bak vir sowat 40 minute tot bros en goudbruin. Sit voor saam met room. Lewer 6 porsies.

 

KLASSIEKE SAGO-POEDING

Anna Eksteen
Die oorspronklike resep bevat altyd appelkooskonfyt, maar aarbeikonfyt is net so lekker daarby.

Bestanddele
140g sago
750ml melk
100g suiker
knippie sout
25ml botter
2 eiergele
50ml aarbeikonfyt
4 eierwitte
100g suiker

Bestanddele
Verhit oond tot 180C. Gooi sago in ’n sif en spoel af met koue water. Gooi sago daarna in ’n kastrol saam met melk en verhit stadig. Kook oor lae hitte totdat dit deurskynend is. Haal kastrol van hitte af en voeg 100g suiker, sout en botter by. Dan kom die geklitste eiergele by en meng goed. Skep mengsel in gesmeerde bakkies of koppies. Stip aarbeikonfyt bo-op. Klits eierwitte styf en voeg suiker lepel vir lepel by. Dit moet ’n stywe meringue vorm. Skep of spuit die meringue bo-op die sagovulsel. Bak in warm oond vir 20 minute. Lewer 6 porsies.

 

FRAMBOSE IN ROSÉ-VONKELWYN-JELLIE

Anna Eksteen

Bestanddele
750ml rosé-vonkelwyn
30ml gelatien
400g frambose
100ml strooisuiker

Metode
Sit gelatien in ‘n bakkie en sprinkel koue water oor. Smelt die gelatien oor ‘n klein kastolletjie met kookwater. Gooi die vonkelwyn in ‘n groot bak en voeg die suiker by. Maak seker dat die vonkelwyn kamertemperatuur is. Voeg dan die gesmelte gelatien by. Plaas die bak in die yskas net tot die mengsel aan die kante wil begin stol. Kry nou ‘n geskikte vorm en spuit met Spray & Cook. Voeg die frambose by die vonkelwyn en gooi in die vorm. Plaas in yskas en laat stol. Wanneer dit gestol is, dompel dit vinnig in warm water en keer uit.

 

MILLIONAIRE’S DATE PUDDING

Rika Theron
(Serve 6 – 8)

Ingredients
100 g pitted dates, chopped,
125 ml water,
2 1/2 ml bicarbonate of soda,
30 ml butter or margarine,
100 ml castor sugar,
1 egg,
1 ml vanilla essence,
150 ml self-raising flour,
5 ml baking powder,
1 ml salt.

TOPPING:
90 ml brown sugar,
1 ml vanilla essence,
40 ml butter or margarine,
100 ml cream.

Method
In a bowl, combine the dates, water and bicarbonate of soda. Microwave on 100% power for about 2 minutes. Set aside. In a bowl, cream the butter and castor sugar until light and creamy. Beat in the egg together with the vanilla essence. Fold in the flour, baking powder, salt and the dates. Spoon into a well greased microwave dish and microwave on 70% power until firm to the touch, about 7 – 9 minutes.

TOPPING:
Combine the topping ingredients and heat, stirring to dissolve the sugar. Pour some of the topping over dish and serve the remainder in a sauce boat.

Die poeding is regtig geskik vir ‘n miljoenêr.