Sjokolade-en-Neut-Wafelskywe

Bestanddele
300g donkersjokolade
2 eetlepels (30ml) botter
250g sjokoladewafelbeskuitjies
200ml kondensmelk
3 eetlepel (45ml) korrelrige grondboontjiebotter
20 ml stroop
100g witsjokolade

Metode
Smelt die donkersjokolade en roer 10ml van die botter daarby. Voer ‘n 28 x 18cm bakplaat met aluminiumfoelie uit. Smeer die donkersjokolade oor die foelie. Pak die helfte van die wafelbeskuitjies bo-op. Sny die koekies as dit nodig is sodat dit netjies pas en daar geen opening tussenin is nie. Verhit die kondensmelk, stroop en 20ml botter. Prut en roer tot die mengsel begin borrels maak. Kook die stroopmengsel vir nog drie minute, haal van die plaat af en roer die grondboontjiebotter by. Smeer oor die wafels. Pak die res van die wafels bo-op. Smeer die oorblywende sjokolade oor en sit in yskas tot hard.
Haal uit yskas sodra dit hard is en trek die foelie af. Smelt die witsjokolade. Sit die wafels op ‘n afkoelrak en drup die gesmelte witsjokolade oor. Sit in yskas tot hard. Draai die stukke om en drup die res van die witsjokolade oor die ander kant. Bêre in die yskas tot jy dit voorsit.

Advertisements
 

Sjokoladeneutlekkers

Bestanddele
400g suiker
30g kakao
½ koppie (125ml) melk
125g botter in blokkies gesny
300g hawermout (Jungle Oats)
120g klapper
100g okkerneute

Metode
Plaas die suiker, kakao, melk en botter in ‘n kastrol. Roer oor lae hitte tot die botter gesmelt het en die suiker heeltemal opgelos is. Laat kook en prut dan vir 1 minuut. Voeg die hawermout, klapper en okkerneute by die mengsel in die kastrol en roer deeglik. Skep lepels vol daarvan op ‘n bakplaat- werk vinnig voor die mengsel stol. Laat stol en bêre in ‘n lugdigte houer. Lewer ongeveer 30 stukke

 

Karamel Pekanneut Kaaskoek

Bestanddele
200g koekmeel
200g botter
225g ligte- sagte bruinsuiker
450g volroom roomkaas
2 teelepels (10ml) vanilla
3 ekstra groot eiers, geklop
Sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
2 eetlepels (30ml) gemengde speserye
300ml room
175g gemengde neute (eie keuse)
50g strooisuiker
Rou suikerboontjies

Metode
Voor verhit oond op 200 ºC. Voer 23cm losboomkoekpan uit met waspapier. Sif 175g koekmeel in ‘n bak en vryf 75g botter in tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Roer genoeg water in om ‘n stywe deeg te vorm. Rol uit op meelbestrooide plank in ronde 23cm vorm en dikte om ¾ van die koekpan te vul. Verkoel vir 15 minute. Bak blind vir 10 minute, verwyder bakpapier en boontjies en bak vir nog 10 minute. Verlaag oond temperatuur na 180 ºC. Smelt die res van die botter en klits saam met die oorblywende koekmeel, strooisuiker, roomkaas, vanielje, eiers, suurlemoen (sap en gerasperde skil) en gemengde speserye tot romerig. Skep lepels vol op die koek en bak vir 1 uur. Verwyder van oond en laat heeltemal koud word. Verwyder van pan en plaas op ‘n bord. Klits room tot net styf en skep bo- oor koek. Sprinkel neute oor. Smelt bruinsuiker in ‘n pan tot dit ‘n donker karamel kleur het. Gooi egalig oor neute en laat set in die yskas vir ‘n wyle voor opdiening