KERRIE SKULPIE NOEDELSLAAI

BENODIG

1 X PAKKIE SKULP NOEDELS
1 X ROOI PEPER (FYNGESNY)
1 X GROENPEPER(FYNGESNY)
HANDVOL  ROSYNTJIES
SOUT
BIETJIE KOOKOLIE

BENODIG VIR DIE MARINADE
125ml BRUIN DRUIWE ASYN
125ml WATER
100ml SUIKER
5ml SOUT
45ml APPELKOOSKONFYT
45ml BLATJANG
25ml KERRIEPOEIER
5ml BORRIE.
125ml MAYONAISE

 

METODE

  • KOOK DIE SKULPIE NOEDELS SOOS PER AANWYSINGS IN SOUTWATER
  • WANNEER SO HALFPAD GEKOOK HET GOOI DIE ROSYNTJIES BY EN KOOK SAAM
  • WANNEER NOEDELS GAAR IS GOOI WATER AF EN SPOEL AF ONDER KOUEWATER EN HOU EENKANT  EN LAAT HEELTEMAL AFKOEL
  • MENG ALLES SAAM IN DIKBOOM KASTROL, BEHALWE DIE MAYONAISE
  • BRING TOT KOOKPUNT EN LAAT PRUT VIR 10 MINUTE TERWYL AF EN TOE GEROER WORD.
  • BRAAI INTUSSEN DIE PEPERS TOT GAAR, SKEP UIT EN MENG MET DIE NOEDELS EN ROSYNE HOU EENKANT
  • LAAT ALLES HEELTEMAL AFKOEL.
  • MENG DIE ½ VAN DIE SOUS BY DIE NOEDEL MENGSEL EN ROER DEUR
  • PLAAS SLAAI IN YSKAS TOT BENODIG.
  • PLAAS OORBLYWENDE SOUS IN YSKAS TOT BENODIG OF PAS AAN BY SLAAI SOOS VERLANG

BEDIEN AS SLAAI SAAM MET BRAAIVLEIS

Met vergunning van Peet Mulder

Advertisements
 

Rice noodle salad

Send in by Niekie Rossouw (Very LEKA)

(SALAD – about 6-10 LARGE portions)
Ingredients:
1 x 500mg Rys noedelslaai (By THE pasta DEPARTMENT). By Shoprite and P & Pay
1 x teaspoon musterd (powder or any other kind)
½ Cup (125 ml) white vinegar
½ Cup Oil
¾ Cup Mayonnaise
2 medium/Big carrots or if lazee /1 Tin of sweet corn (whole)
1 small onion – cut into very small pieces/ or grate
1 Tin pineapple rings/ of preferably crushed pineapple
1 Tin Condensmilk

Method
Boil noodles as on packet
Mix all the ingredients together while the noodles are being cooked.
Add noodles to this mixture when done.
This is a very nice recipe for braai vleis. It can be made the day before. This salad lasts for 3 days. Serve with cold / or warm food.

 

Rys noedel slaai

Ingestuur deur Niekie Rossouw
(Groot bak slaai)

Metode
1 x 500mg Rys noedels (By die pasta afdeling). By Shoprite and P & Pay
1 x teelepel mostert (poeier of smeer)
½ Koppie (125 ml) wit asyn
½ Koppie kookolie
¾ Koppie Mayonaise
2 medium groot wortels/1 blik sweet corn pitte
1 klein uie fyn gerasper
1 Blik pynappel ringe/verkieslik crushed pynappel
1 Blik kondensmelk

Metode
Kook solank die noedels
Meng al die bestandele saam terwyl die noedels kook.
MENG DIE NOEDELS SAAM
Maak hierdie resep die dag tevore al, want dan is dit baie lekkerder.
Hierdie slaai is lekker met braaivleis. Die mans is nogal lief hiervoor, omdat dit iets anders is. Dit hou vir 3 dae. Lekker met warm en koue kos.

 

KERRIE NOEDEL SLAAI

500 g noedels
1 groot ui (gesnipper)
1 groot greenpeper (blokkies)
(kan ook rooi en geel peper insit vir meer kleur)

sous:
250 ml tamatiesous
200 ml wit suiker
125 ml olie
125 ml wit asyn
25 ml kerriepoeier (matig)
7 ml sout
2 ml swartpeper
1 ml tabascosous (opsioneel)

Berei noedels volgens aanwysings op pak
Voeg ui en greenpeper by noedels
Meng sous bestandele saam en voeg by noedels

Wenk ~ Meng sous by noedels terwyl dit nog warm is (moenie noedels afspoel nie) ~ die sous trêk dan lekker in die noedels in, roer kort-kort deur
Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder ~ die slaai kan ook gebotteel word

 

NOEDELSLAAI:

 

Dankie vir jou resep Okkie

 

1 pak (500g) skroef of skulpnoedels                            
1 soetrissie
1 ui                                                                                
250 ml tamatiesous
125 ml asyn                                                                 
125 ml sonneblomolie
200ml witsuiker                                                                     
25ml matige kerriepoeier
paar druppels Tabascosous
Kook die noedels volgens die aanwysings op die pakkie tot gaar.  Laat dit goed dreineer.  Halveer, ontpit en sny die soetrissie fyn.  Skil en kap die ui fyn.  Meng die noedels, ui en soetrissie in’n slaaibak.Meng die tamatiesous, asyn, sonneblomolie, witsuiker, kerriepoeier, Tabascosous en peper.  Giet dit oor die noedelmengsel en meng dit liggies.  Verkoel voor opdiening.
 

Kerrie Noedelslaai – met ertjies

250 g Skulpnoedels
7 ml Sout
25 ml Kookolie
75 ml Perskestroop
1 Groot ui fyngekap
250 ml Mayonnaise
75 ml Vrugte blatjang
1 Blik ertjies,
15 ml Matige kerrie poeier
10 ml Borrie
1 Blik taaipit perskes gedreineer en klein gesny
Metode:
Kook noedels tot sag, dreineer en spoel onder koue water af.
Sorteer helfte van ui in olie. Voeg blatjang, kerriepoeier, sout, borrie en
perskestroop by. Meng goed en laat 2 minute prut.
Verwyder van hitte en meng res van die rou ui met mayonnaise, Voeg perskes
en ertjies by.
Vou kerriemengsel en noedels liggies by.

 

Norma se stokvis- en noedelgereg

RSG

Bestanddele
800g stokvis, trek die vel af en kook in bietjie water .
500g skulpie noedel – gaar
500 ml medium dikte witsous. 350 ml mayonnaise.

Metode
Gooi alles bymekaar en geur met sout en peper of vis speserye, of gemengde droë kruie speserye. Gooi in oondbak en strooi kaas bo-oor. Bak teen 180 grade totdat kaas gesmelt het.

 

Noedel slaai 3

Elsa

Bestanddele
250 g Skroef noedels
1 Gekapte Ui
1 Groenrissie gesny
250 ml Tamatiesous
250 ml Witsuiker
125 ml Wit asyn
125 ml Kookolie
5 ml Sout
5 ml Peper
5 ml Tabasco Sous

Metode
Kook noedels sag. Voeg gekapte ui en soetrissie by noedels. Kook res van die bestanddele saam. Gooi warm sous oor noedels. Plaas mengsels in bak wat kan seël. Laat afkoel vir een dag.

Wenk
Hierdie slaai kan vir 4 weke in yskas hou. Lindie sê sy gooi ‘n blikkie tuna by die slaai. Ons gaan dit gerus probeer