Noedelgereg

Bestanddele
250g klein skulpnoedels
1 groot ui, gekap
1 klein soetrissie, gekap
50g margarien of botter
2 blikkies (185g elk) tuna, gedreineer
3ml geuropwekker
5ml oreganum
3ml grof gemaalde swartpeper
3ml basiliekruid
250ml gerasperde cheddarkaas

Metode
Kook die noedels volgens die aanwysings op die pak en dreineer. Voorverhit die oond tot 180ºC. Braai intussen die ui en soetrissie in die margarien of botter tot sag en tot die ui deurskynend is. Voeg die tuna by die uimengsel. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die kaas, by en roer goed. Laat stadig prut tot die meeste water verdamp het. Skep die noedels en tuna in lae in ‘n gesmeerde oondskottel. Sprinkel die kaas oor en bak 15 minute. Sit warm voor met ‘n mengelslaai.

Advertisements