Noedelslaai 2

Bestanddele Slaai
3 koppies gekookte noedels
1 soetrissie in repies gesny
1 ui gekap

Bestanddele Sous
250ml tamatiesous
125ml asyn
125ml olie
200ml suiker
25ml kerriepoeier
knippie sout

Metode
Meng sous deeglik en gooi oor afgekoelde noedels. Meng alles weereens deeglik. Verkoel oornag in yskas.

Advertisements
 

Noedel slaai 3

Elsa

Bestanddele
250 g Skroef noedels
1 Gekapte Ui
1 Groenrissie gesny
250 ml Tamatiesous
250 ml Witsuiker
125 ml Wit asyn
125 ml Kookolie
5 ml Sout
5 ml Peper
5 ml Tabasco Sous

Metode
Kook noedels sag. Voeg gekapte ui en soetrissie by noedels. Kook res van die bestanddele saam. Gooi warm sous oor noedels. Plaas mengsels in bak wat kan seël. Laat afkoel vir een dag.

Wenk
Hierdie slaai kan vir 4 weke in yskas hou. Lindie sê sy gooi ‘n blikkie tuna by die slaai. Ons gaan dit gerus probeer